Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Vriende

Julie 2022 Kommentaar en uitslae – Wat skryf ek projek

Deur Datum gepubliseer: 27 Augustus 2022 4

Baie geluk aan hierdie 12 lede!

Lees die wen inskrywings hier: Projekwenners

DIGTERS

GOUD
NO 7 Anzé Bezuidenhout met Die Lente kom
NO 8 Anzé Bezuidenhout met Misterieuse
NO 16 Caren Kearley met vergeef om te vergeet

SILWER
NO 26 Amanda De Meillon met Uit die as
NO 27 Elmarie Nienaber Van Kampen met die bome brand
NO…

KONFESSIE (goud)

Deur Datum gepubliseer: 21 Augustus 2022 5

By jou
kon ek nog altyd
die ligbelaaide hand
van die son
oopmond soen
dans in die reen
wilde winde met my kaal hande vang
want ons het weerskante toe geweet
dat ons deur ruimtes sou reis
dat ons groot kon droom
en die weerkaatsing van ons woorde
soos eggo’s sou sweef.

By jou
kon ek nog altyd
sterre uit jou hemelruim pluk
dit…

Junie 2022 – Kommentaar en uitslae – Winterlandskap projek

Deur Datum gepubliseer: 1 Augustus 2022 3

Vergun my asb. om eers die volgende te sê: Dit is díé beste versameling gedigte wat ek nog ooit vir ‘n projek gekrit het. Hierdie maand het ek eerlikwaar gesukkel om wenners aan te wys. Die standaard is onoortroffe en ek is so trots op elke liewe een van…

Augustus 2022 – My huis is my woning projek

Deur Datum gepubliseer: 1 Augustus 2022 2

Beste INKers

Alhoewel hierdie maand ‘n oop projek is, wil ek tog ‘n tema daaraan koppel. Dit sal nie noodwendig in die toekoms van toepassing wees op alle oop projekte nie, maar dit bied vir my spasie wanneer die by in die enjinkap ‘n geraas in my oor maak en…

HOE LANK (goud)

Deur Datum gepubliseer: 20 Julie 2022 2

Hoe lank sal dit vat om gedagtes te ontbind
sodat ek net weer die mens binne my kan vind
want my wag het lankal die lewe ingeskiet
terwyl ek toekyk hoe spore orals vergaan in die wind.

© 7/2022 Caren Kearley
FB: Nimfoleptiese Woorde

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 140 gaste aanlyn

Bydraes – Argief