Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Vrouens

AMETIS

Deur Datum gepubliseer: 20 Oktober 2016 14

“Ametis” het jy gesê

toe rinkel klank
soos klippieklokkies
deur my lyf
en kleur my wêreld pers en violet

en op daardie oomblik
breek die dag se grou
en word ‘n vonkeluur
vol lank gelede se onthou.

*

Pa leun teen die deurkosyn
in sy hand, ‘n bruin kardoes.

Ek laat die steentjies tuimel

Net voordat jy gaan (2)

Deur Datum gepubliseer: 18 Oktober 2016 14

Jy kyk op jou horlosie,
ek wis dis tyd dat jy moet gaan.
En ek wéét ek praat te veel, my vriend
maar ek wil hê jy moet verstaan;

Viooltjies en laventelbos
was nog altyd mooi vir my
veral vroeg in Oktobermaand
as hul só in kleur en geur gedy.

Die…

IN AMETIS

Deur Datum gepubliseer: 12 Oktober 2016 18

“Ametis” het jy gesê

toe rinkel klank
soos klippieklokkies
deur my lyf
en kleur my wêreld pers en violet

en op daardie oomblik
breek die dag se grou
en word ‘n vonkeluur
vol lank gelede se onthou.

*

Pa leun teen die deurkosyn
in sy hand, ‘n bruin kardoes.

Ek laat die steentjies tuimel
in ‘n hopie op my bed
en stryk dit…

Dit kon ek of jy gewees het

Deur Datum gepubliseer: 6 Oktober 2016 11

Op die openingsblad van ’n video greep op die sosiale netwerk waar ek soms rondblaai, lê daar iets in die palm van ‘n man se hand wat net soos ‘n bok se ingewande lyk.
Ek druk die “speel” merkie op die skerm en skielik is die beeld duidelik…

Najaarsroos

Deur Datum gepubliseer: 27 September 2016 11

Herfs se roos
blom toe die mooiste,
smeulend pienk
vol vlam en vuur.
Wis sy dalk die seker wete –
hiérdie
is haar laaste uur.

Herfs se roos
laat val haar blare,
sy voel die lou son teen haar vrug.
Sy weet die winter is op hande,
sy glimlag wrang
voor sy berus.

Herfs se roos
is lank nie meer nie
– ‘n droë…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 140 gaste aanlyn

Bydraes – Argief