Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Vrouens

Gedagtelose strande

Deur Datum gepubliseer: 4 April 2016 14

In gedagtelose oomblikke
Poison Ivy jy
om die golwe in my brein

vat jy my hand
mosselskulp dit toe in joune

wys jy my
jou droomland se strand

vat my sagkens
om my middel
daar waar my rug
soepel buig

dan lei jy my
jou seestrome in
jy, my meerman
en ek, jou meermin.

Wat is ‘n huis sonder ‘n Moeder

Deur Datum gepubliseer: 4 April 2016 12

Wat is ’n huis sonder ’n Moeder

In my Ouma se huis in Johannesburg was daar in die sitkamer ’n pienkerige porseleinbordjie teen die een muur met die woorde: “Wat is ’n huis sonder ’n moeder”.

As ek reg onthou, dan het daar in ’n tante of…

Vir ‘n prinses

Deur Datum gepubliseer: 1 April 2016 13

punt jou tone teen die blou
kyk hoe luv die winde
jou voete wat soms kaal is
en soms hoëhakskoene dra

en as ‘n prins jou ooit kom vra
om sy goue ring te dra
soek diamante in sy oë
vra hom of hy glo
in die liefde

Ek was gister weer by Bettiesbaai

Deur Datum gepubliseer: 29 Maart 2016 20

oor die silwer dam by Bettiesbaai
het ‘n vars wind – sonder ophou –
vanaf Kogelberg se kant bly waai

die reuk daarop was ‘n mengelmoes
van sout en vis
en seebamboes
*
soos smeulend amber rus ons liefde
(in afwagting . . . dat dit wéér ontspring)
net soos kelp drapeer oor ruwe rots
waar vlak branders breek
en…

Die s(eerste) liefde

Deur Datum gepubliseer: 26 Maart 2016 22

die populiere langs die N1
se loof is aan’t verkleur
net soos wat dit immer
met elke herfsbegin gebeur

*

ek dra nou stories op my hande
daar’s r(ou) verhale in my oë
(liefde’s nie vir altyd nie
tog ~ eens het ons dit geglo)
en…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 181 gaste aanlyn

Bydraes – Argief