Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Vrouens

‘n Soort afskeid

Deur Datum gepubliseer: 6 Augustus 2016 16

Die laaste oggend is ‘n hemel
wat kleur bo berg en velde kry
wyl skadu’s nog in klowe
en  – kol-kol –
tussen struik en pol gedy.

Dis soet warm koffie
en karringmelkbeskuit
ysige vingers en palms
wat – bakhand –
om ‘n beker sluit.

Dis ‘n blou kombers
op koue…

Wee die vrou

Deur Datum gepubliseer: 3 Augustus 2016 15

Wee die vrou
wat na die sonskyn soek
wat die klowe (waar dit donker is)
vir ‘n bergpiek wil verruil.

Sy sal huil.

Wee die vrou wat hoop ~
sy sal die pad alleen moet loop.

Wee haar as sy glo
wee haar as sy liefhet
wee haar
as sy vrede vra.

Sy sal haar kruis moet dra.

Wee die vrou…

Jou Foto-album

Deur Datum gepubliseer: 3 Augustus 2016 22

Hoe mooi was jy, toe jy jonk was, Ma
so ongelooflik mooi
jou wange was so rosig
jou lippe, liggies rooi.
Jou hare was gelok, Mamma
oor jou skouers en jou rug
op die foto (toe jy 14 was)
dit was baie jare terug.

Jou glimlag was so soet, Mamma
voor jul huis hier in die Kaap
die kantroos…

Sysoen

Deur Datum gepubliseer: 28 Julie 2016 23

In die skemer van my somer
bloei ‘n najaarsblom soet,
ek ein haar gees as dromer
in die herfs van ons gemoed.

Haar saad skiet loot in lente
en die bloeisel bot soet,
sy dra haar kroon in segmente
as helder vere in haar hoed.

Ons beide ken die winter kou’

Sommer só ~ liefde

Deur Datum gepubliseer: 28 Julie 2016 12

Wat sal ‘n mens van die liefde sê –
so ongevraag
kom dit somtyds oor jou pad.

sonder dat jy daarna soek.

En weet jy wat?
Ek het jou lief gekry,
half onwillig
en so effens teen my sin.
Daar was net iets aan jou
íéts aan jou manier…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 211 gaste aanlyn

Bydraes – Argief