Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Vrouens

STERK STILTES (BRONS AFDELING)

Deur Datum gepubliseer: 20 Julie 2022 5

STERK STILTES (BRONS AFDELING)
(persiese kwatryn)

Honderde jare het alreeds verloop;
helde het dikwels hul siele verkoop;
dinge het sedertdien so verander,
tog het die mens nie verleer glo en hoop.

Op die water het sy hom weggesteek
en die farao se spul wette verbreek:
die profetiese koms moes voltooi word –
sý was die een…

sonneblom (brons)

Deur Datum gepubliseer: 9 Julie 2022 6

sonneblom

sy is ‘n vrolike sonneblom
wat lentetyd langs die rivier opkom
en regop en fier daar staan
met haar gesig altyd na die son

OP JOU BORSKAS (goud)

Deur Datum gepubliseer: 27 Junie 2022 7

As ek vannaand my kop neerlê
mag dit op jou borskas wees
want ek is bang
bang vir myself
bang vir Eskom se donker
bang vir ons eie Afrika
bang vir ‘n heelal
wat heeltemal te veel geword het

ek is bang omdat ek ‘n vrou is
bang omdat ek hier is
bang vir skadu’s
wat wrede mense wegsteek
bang dat…

Hunker

Deur Datum gepubliseer: 14 Junie 2022 6

anderkant wit tafeldoek
flits tande wit
blou oë skitter en
woorde lag oor lug
hartelik die gesels
met ń mooi meisie

onderkant tafelblad begin
die vloei, van rooi toonnaels
na sagte knie kussings
op na bobene in heupe
wat vou om my
in sagte harmonie

seisoene

Deur Datum gepubliseer: 9 Junie 2022 5

seisoene

appelwang en poniestert
dartel sy deur haar lente
kommervry en sonder vrees
jonk van liggaam én van gees
haar bloeisels bot
en haar granaatboom blom
soos haar rypheid nader kom
drome gedroom en sterre verskiet
sy wieg op die maat van ‘n liefdeslied

die aanbreek van die somer
bring volheid na die dromer
terwyl sy haar vrugte dra
sy groei en…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 106 gaste aanlyn

Bydraes – Argief