Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Vrouens

Boudswaai haaikos Silwer – Limmeriek

Deur Datum gepubliseer: 25 April 2022 7

Ou rooikop Hes van die baai
Het altyd die koppe laat draai.
Sy spring in die see
Met ‘n huppel of twee
En word haas die prooi van ‘n haai.

Waskamers

Deur Datum gepubliseer: 20 April 2022 4

die mure is
skurf grof onafgewerk
onder lê beton vloer kaal
die wande derm dun
lei voetkoud na wastrog

blomrok vrou
loop haar modegang
ingesmeerd, sag versorg
haar wasgoedwerk
ń advertensie fliek

vandag knor ma
waswerk is ellendig
gister roep
voorgeslag handwas op
môre sug
(geen wasgoed asseblief)

Musiek vir my roos

Deur Datum gepubliseer: 10 April 2022 9

Musiek vir my Roos

Jy hoort tot klassieke skrywe
musiek deur ons Goddelike komponis
begelei deur ‘n engele koor
‘n klavierstuk
meesterstuk is jy in rosegeur
met ‘n blaarkrans op jou kop
pluk ek jou liggies om klanke voor te bring
die rooipienk in jou gelaat soos bloeisels wat bloos
waar jy holster in…

wagtende wieg (SILWER)

Deur Datum gepubliseer: 31 Maart 2022 15

wagtende wieg

o, die opwinding is so groot, die vreugde!
met swangerskaptoets in geskenkverpakking
het ek die nuus oorgedra met sterre in my oë
ons ouers wat groot-oog in blydskap deel

een grou grys oggend ontwaak ek met sombere gevoel
… iets is nie heeltemal pluis nie en met klemmende kommer
is ons na ons dokter…

VAN VOOR AF

Deur Datum gepubliseer: 15 Maart 2022 10

VAN VOOR AF

Eet my! Eet my uit!
Sodat almal dit weet
en my nooit sal vergeet:
Daar’s iets wat my siel bly verniel;
my derms uitryg en my asem uitsuig.
Dan my wese uitspoeg en my kaal laat bly lê.

Jy vréét my! Jy vreet my uit
my lewensbaan.
Uit my wilsbestaan.
Jy goël my opsies – vrotroet…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 98 gaste aanlyn

Bydraes – Argief