Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Wanhoop

Die feite van die lewe.

Deur Datum gepubliseer: 2 Mei 2016 9

Ons leef in ʼn kunsmatige
hoedanigheid
die lewe is nie meer so danig
dit is ʼn koop vandag
en ʼn weggooi môre.

Die lewe het sy status verpand
en alles is nou uit verband.

Die eie ek, lewe in my eie baan…

In my eie sielsskag.

Deur Datum gepubliseer: 27 April 2016 9

Dor alomswerwend alleen
in my eie sielswoestyn
moeisaam sleep ek my gemoed
niks meer om my te voed

oor dorre vlaktes van my siel
aan weerskante van my blik
verrys ʼn onafwendbare mirage
met elke oorlewingstonde in gevaar

geen…

Verrinneweer en stoksielalleen.

Deur Datum gepubliseer: 26 April 2016 10

Ek voel soos ʼn boompie, stoksielalleen
wat van een klimaat na ʼn ander oorgeplant is.

Die son het geskroei, en my blare verlep,
die skroeivlam oor hierdie ontluikende plantjie laat gaan,
en alles behalwe my wortels gedood,

Nog voordat…

Die donker put van ʼn digter.

Deur Datum gepubliseer: 25 April 2016 12

Wat red my van leegheid
wanneer die digterlike woestyndood
ongevraagd kom in nood
van ongenaakbaarheid

waar die ys Sahara wit papier
my so verblind verlaat in sy guur.

17/03/2014.

Knipoog hy tot die môrestond.

Deur Datum gepubliseer: 21 April 2016 13

O, die jonge brandwag met sy staal
bo-oor die dieptes van sonnestraal
waar die kranse sy boesem ontbloot
wys hy na die geheimsinnigheid so groot.

Treurig in skraal koue verlate

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 72 gaste aanlyn

Bydraes – Argief