Skaduwees van gister deur Lynelle Clark
Hoeveel keer moet ‘n mens wegkruip? Hoeveel keer jou kop laat sak in skaamte, die skouers optrek in ‘n radelose weet-nie gebaar? Hoeveel keer gaan die skaduwees jou rondjaag en in ‘n hoek vaskeer? Ons verlede gooi skaduwees, maak nie saak watter oorwinnings of deurbrake ons beleef het nie. Dit is hierdie skaduwees wat ons […]
Opregtheid
Niks is meer soos gister nie dink ek; met die maligheid van my eie saligheid voor ek ontsnap na ‘n ongekende ewigheid gee my dan eerder terug aan alles wat ek gehad het voor jý my pad kom teer het met liedjies en lagstories oor jou onverklaarbare liefde wat Suidoosters kon opruk of ligtorings leeg […]
Gestroop (Silwer)
De moer in is maklik – die adrenalien is goed, maar dit word vinnig en seker uitgewerk tot net die seer brandend skeur deur my hart. Ek het gefaal en kan niks fix – was weer heel te lig, want jy kan nie, het nie, wil nie meer jou hart aan myne knoop. Jou woorde, […]
Siel vasgevang
grenslose eindige vernietiging vasgevang tussen tralies bedink in ysverweerde sel tussen yster en mure ‘n laaste groet kom aan einde wat besiel denke aandadig aan nog een in lewe vasgevang ploeter voort asof niks gebeur maar tussen vier mure ‘n laaste besluit oorgegee ‘n besluit is geneem en uitgevoer stof tot nadenke gryp iemand aan […]
Vroudigter
As n vroudigter haar denke soos duluxprit op papier kom plak verskuns in vlietende vaart neerlê uit die haathoekies van haar hart, sal amal sien waarvan sy praat. Van die oogbegewe – inkdrup wat haar papier altyd papnat bevlek haar pen wat in skryf ritsel en haar woekerende woorde wat in woede lek. Tot in […]
As Die Donker weer kom
Jy bou ‘n huisie van kaarte. Elke kaart ‘n hoop. ‘n Droom. ‘n Wens. ‘n Aspirasie. ‘n Verlange. ‘n Begeerte. Jy werk hard. Jy glo. Hierdie gaan ‘n pragtige huisie wees. En dan, kom ‘n wind en die huisie stort in duie. Dalk is dit nie eers ‘n harde wind nie, maar ‘n ligte bries. […]
Spitsverkeer deur Lynelle Clark
Spitsverkeer is refleksie tyd, veral wanneer jy wag om jou eindbestemming te bereik. Dit is die tyd wat jy werklik luister, hetsy na musiek, die dag se nuus of in gebed met die Hemelse Vader. Ander kere kan dit ‘n heerlike kuier tyd wees. Juis omdat jy en jou reisgenoot afhanklik is van mekaar se […]
Meer word minder
Mense skree vir meer geld meer werk meer huise en skole maar stap verby die kerk “waar dan sal ons hulp vandaan kom?” Mense dans in strate brand af gooi klippe plunder en verwoes ontlaai hul drifte. “ons hulp kom van die Here” Mense skel verkleineer beledig skoor en moor vergeet wie voorsien en wie […]
In Die Gange Van Onthou
(Die pyn van Alzheimers) in die gange van onthou is dit altyd skemerdonker en die dowwe lig wat aan ‘n kaal draad hang bly altyd net te vêr om lig te maak in die gange van onthou is daar deure aan weerskante wat geslote bly, die handvatsels is lankal weg, die sleutels het in newels […]