Damaged goods
We are all damaged goods Ripped apart by sin and betrayal Shattered (all over) amongst iniquity Bleeding guts and sorrow We did each other no good Although we tried our best To fit the shoe Now the time has come To set the sails And sail to new horizons Seeking our own peace and harmony […]
Versplinterde hart
Hoe lap mens ‘n versplinterde hart? Hoe haal mens ooit weer pynloos asem as fondasies verkrummel en alles uitmekaar spat? Hoe pas mens weer jou menswees in die holte van ‘n raam (waar jy eens veilig kon voel) as brokstukke die beeld nou verwrong? Onbewus die lont se wegbrand met oë vertroebel, verblind. Die vlam […]
Verdwaal
My verdwaal lê anderkant die naat van my denke die misplaas van soveel verwarde, verdraaide wenke die sif van kennis (oor jare versamel) en my eie toegeskulpte geskenke toegedraai en weggepak vir eendag se oopmaak maar êrens het ek verdwaal geraak tussen gister en nou op verkeerde spoor beland en nou lê ek gestrand. ©Driekie […]
Die Een Wat Eerste Gaan
As die see se deining stil raak en die branders stilweg oor die strand kom rol dan vloei herinneringe deur my soos heildronke gedrink, van skemeraande saam met jou, van drome saam gedroom oor onbekende toekoms maar die sekerheid van jou en my, van ons twee saam, het soos ons harte in ons bors geklop, […]
Kleingelowig?
Ek het myself nog nooit as ʼn ‘groot’ Christen gesien nie (wat dit ookal mag beteken). Dit klink soos om net ʼn bietjie swanger te wees. In my gedagtes is mens ʼn Christen of jy is nie een nie. Ek het nog nooit breë bors aan elke paar ore verkondig hoe voorbeeldig ek elke Sondag […]
Sprokieloos
(goud) Sprokieloos rook en roet van vuur gaan nooit verby nie dis newels vasgevang onder hierdie sterrelose hemel waar reenboë nooit meer hang al kyk ons goed dis nêrens te vind (’n sprokie geketting in die hart van ’n kind) oë word dof en die duister verblind as ons reënboë ontbind ons volg elke nag […]
Violet Jansen*
(Goud) Violet Jansen, het jy maar jou pa gaan soek voor daglig sou faal kon jy hom dalk vind – jou Majola; het jy nooit soos ’n blinde verdwaal skaarsagt Violet Jansen lê dood in Agter-Ceres se winterveld krom arms en fetusskoot – onskuld verkluim deur geweld Violet Jansen, die winterkoue kruip nader oor die […]
STRIKVRAAG
Kan jy steeds snags in sy arms lê en my die vreugde van jou hart ontsê of kan jy regtig sê jou hart is myne al is jou liggaam aand vir aand nog syne? ©Anton Bosch 08/03/2019
Môre se pad
As ek my môres kon mooimaak in nou se hart sou ek eers wag tot ons dryfsand stilraak in die uurglas; sodat ek net een heel korrel van daardie aand kan verewig voordat jou halfsirkels my toegroei en ek vergete in jou verlorenheid val ek sou tyd nie toelaat om leeg te loop oor my […]
Korrels
Die oppervlak van hierdie uur het binne haar oopgebars en alles wat in haar rondgedryf het, het na buite gespoel haar lag, haar leed, haar liefde, sewe trane en ‘n halwe hart (jy was ook daar) met koue vingers het sy die flenters op ‘n hoop geskraap een-vir-een die skerwe deur die sandglas se mond […]