Verraai
hoe verlos ek my van jou? hierdie katarsis wat nerf teen soet herinneringe, die kou wat kerf deur stiltes en rou – die durende besef: vir ewig verraai deur tyd, wat nimmer terug kan draai ©Erika Viljoen (Silwer)
Aspoester se skoen (Silwer)
© Charleine Collins 26 Februarie 2019
MOENIE aan my VAT nie!
die klip in my ribbekas bloei in ‘n kolewa stoot sooibrand rouseer oor ‘n strot gestook tot as ‘n vuuroond gloei in my lyf se dop en alles knetter in my kop my skelet is fynhout wat ‘n vonk verwag en my vel span teer oor ‘n binnesweer wat skram vir die brand van die […]
‘n Nota op jou kopkussing (13)
As ek die tralies van jou tronk met my liefde kon laat smelt sou jy jou vryheid opeis en my liefhê as jou held? © Anton Bosch 18/02/2018
UIT MODDER
UIT MODDER Diep haal God my uit onder dik sluk modder uit my kop steek net net bo uit en ek is stukkend gebreuk as die wrede werêrld my ook uitsmyt soos menshonde my in die hakskeen wil byt gevoellose mensdom jou veroordeel en niks meer met jou wil deel Kom die Here Ons Almagtige […]
Tydsberekening
Hy luister hoe die man vertel die tydsberekening het uitgestel. Mitose het verwaand geraak, ‘n vasgehaakde skakelaar. So ongehoord, haar eie lyf wat onverstoord van groei gaan vrot tensy die vreemde dokter voor hom ingryp met die vlym… Hy wou die dokter vra: As kanker dan die antwoord is op kinderlose vrae, het Gód se […]
Party sou seker sê: “Hulle tyd het uitgeloop.”
(goud) In Blyvooruitzigt, Carletonville het Hettie menig uur verspil deur na die krake in die muur te kyk. Elke bars se loop het sy sorgvuldig nagegaan ook elke stoeppilaar se val of (nog) wankelende staan. Oor die onderdeur het sy geloer na die gat daar in haar agtertuin – of dit groter […]
‘n Kind se Seer
Die seer wat in ‘n kinderhart kom lê kom nesskop en haar wese infiltreer, wat saam tot wasdom groei haar later alle vreugd’ ontsê, word dan die tralies wat die siel omsluit, die lig kom in maar sy verleer hoe om haar hand daardeur te steek om selfs die krummels van die liefde vir haarself […]
vuurkoue woorde (‘n interteks van Ingrid Jonker se Bitterbessie dagbreek
vuurvlam koud sonlag skril bereik ek ‘n koors sy woorde is ‘n bitter pil soek ek na die grootpad om daarlangs te draf oral draai die paadjies van sy woorde af soek ek na die groot river om daaragter te skuil uit elke waterstroom hoor ek sy beloftes huil tot in my glashart gal sy […]