Nuttelose uurglas
kompasloos, rigtingloos val elke dag se somer met bitterwit verlange wat verblindend brand as versteende uurglassand druppend na benede meng nugter denke en seer verlies van stamelende verwonding van dit wat moes wees in my wêreld waar soveel skadu’s hurk so sparteldra ek daagliks (met verswakte vlerke) my littekens deur die ure en meëdoenlose lugleegtes […]
Versteende treë van tyd
waar sand deur die sif van jou uurglaslewe val skuur dit flenters oop van diep onthou en kom vou soos vlermuismantels wat wenteldraai – om en om die gedagtes en drogbeelde wat in leë rame van my denke hang dan kom my voete sleepvoet in skuifelgang om iewers diep wegloopgedagtes vas te vang kom spartel […]
BETTIESBAAI BRAND
BETTIESBAAI BRAND Brande kom nou inderhaas magtige wind wat die vure blaas rmanne slaan vlamme op die plaas so staan ek verslae en verbaas verpletter is my emosies my gesig het my verlaat soos ‘n wyse baas wat nie meer kan praat ‘n dooie liggaam is veras proe my neus die vebrande as lê swartbrande […]
tanka 1
(goud) Overstrande groet die jaar met fynbosbrande, dae vuur en vlam en nagte hyg na asem – versmoor in rook, roet en as © Carma Shaw 21 Januarie 2019 4:47
vertel my
blink bottel vertel sy storie bootjie lek water die bootjie wil sink maar matrose rinkink vyf jaar se wingerdgriep besig sodat hul niks sien water swiep oor kant stil lê hul gestrand net deining roer bootjie saggies dieper af en af met lyne wat kort-kort ruk en pluk en borrels groet op laas ©Teárlach
In gesprek met die hart
Bedrieglik en vals is jou hart bo jou verstand, willend te glo wat jy weet onmoontlik te wees. Elke dag wagtend in hoop om eerste te hoor teleurstellend die stilte te breek en later wonder jy weer oor die waarde van die deel. Die siel is uit woorde gesteel vlak lê verklapte irretasie in jou […]
OM NUUT TE BEGIN
En so is dit alweer die einde van nog ‘n week in 2019 – die jaar waarna baie van ons rykhalsend uitgesien het. Diep in ons harte wil ons tog maar altyd glo dat dit môre beter sal gaan as gister, nie waar nie? Ja, dit is waarop ons geloof ook gegrond is – om […]
Flenter lap
Flenter lap in jou kas ou se dra lap gevlekte vol gate lap kantjies-uitrafel lap is niks nut lap word mense stof lap vloer lap skeur lap hande afsmeer lap. In ‘n hoekie gedruk lê die wegsteek lap die skaamkry lap doelloos, sielloos, gevoelloos, stemloos onsigbaar, ontroosbaar. Gebruikte flenter lap asblik weggooi lap wie-gee-om-lap. © […]
Breekhart en eensaam …
terwyl jy na my gesig kyk en dink dat jy die boodskap in my oë verstaan drup die trane uit my siel wat breekhart en eensaam v-e-r-f-l-e-n-t-e-r voor jou staan ©desiréé 08.01.2016
Bettiesbaai se brand
Die dom dier se nag: vuilgeel, skroeiend’ asemnood. Nuwejaar is vuur, ‘n swart spookvingerwoestyn. Verlies lees nie die datum.