Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Wense

Sielswens van ‘n slegte dromer…

Deur Datum gepubliseer: 14 Mei 2016 12

Die voorjaarson sak statig, frambroosvergroot,
agter gunter vlootblouberge en die somervlinders,
wat soggens saggiesstrelend oor die keur van blomme sweef,
het reeds op skeut van fynbosgroei hul selwers vasgeweef.

Die wind haal rustig asem as die aandster dof beginne blink
teen die laaste ligweerkaatsing as voorafskadu vir die dag wegsink
en die kriekies waag so…

Aanrolbrandertjies…

Deur Datum gepubliseer: 1 Mei 2016 11

Met aanrolbranders in my brein
bly ek ronddobber op gety
teen my nodelose aanhou stry
en koudverlang wat in my skry.

Maar vroegdag het my bitter trots
teerverlang se rots geklots,
en met die t’rugtrek van gety
was op my strand se siele-sand
jou kaalvoetspore ingebrand.

‘n Skuimpie Wroeg

Deur Datum gepubliseer: 19 April 2016 14

Met skemering, toe die vinke by die vlei
die lug deurweef met helder rooi en geel,
het ek net vir ‘n wyle my verbeel
jy loop weer deur die riete saam met my…

Want alles was soos toe ons, sy aan sy,
gehoor het hoe die windjie deur hul speel.
Ek wou die uur se…

Lugkastele oor jou

Deur Datum gepubliseer: 15 April 2016 14

Ek wil lugkastele bou
ek wil jou naam in my hart hou
wanneer ek spreek, wil ek dit uit skreeu
en jou wese in my toevou

Jy drup op my gedagtes
as jy smelt-ys word
wanneer die hitte van die son
jou deurtrek, deurgrond
.
Jy trap op…

Versoek van die graf

Deur Datum gepubliseer: 13 April 2016 16

Versoek van die graf

daar’t ook eenmaal
lank geleë koningsblou
tulpe in my irisse geblom
dit was die dae
toe die son nog
(ongerep)
tinte oor my vel
kon trek –
die geur van nartjie
in my ruik ontplof

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 155 gaste aanlyn

Bydraes – Argief