Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Wense

Kaggel wyn

Deur Datum gepubliseer: 25 Februarie 2016 25

Die nag is warm en kleef aan my vel
dis alleenheid se asem
wat oor my moeë liggaam blaas
en my hoendervleis laat uitslaan.

Alleenheid.

Ek is nie eensaam nie
ek verlang net na jou.

Oë toe
probeer ek jou voel…

Jy is 22 …

Deur Datum gepubliseer: 23 Februarie 2016 22

hoe graag sou ek vandag
jou teen my bors wou druk
om sommer net te sê
My pop, baie geluk
geluk met jou verjaardag
jy is nou al 22 jaar oud
en steeds is jy vir my
in my hart ‘n stukkie goud
ek hoop dat jy lekker…

As ek (1) …

Deur Datum gepubliseer: 22 Februarie 2016 18

as ek ‘n lovesong vir jou skryf
en dit vir jou sing
sal jy ‘n strik om jou hart bind
en dit vir my bring

Visvanger

Deur Datum gepubliseer: 20 Februarie 2016 22

ek sien jou sit
in neonligkantore
en staar deur ruite
die uitsig is so vaal
maar jy hoor steeds
die stormreën en donder
en op die dak
die gekletter van die hael

 
jy neem jou vlug
oor hemelhoë geboue
oor vuil teerstrate
en bruê van beton
tot waar die son
skyn oor somervelde
en waterstrome
alsó kronkel deur ‘n dal

 
teenaan die wal’
van vol en…

Net jou hand …

Deur Datum gepubliseer: 19 Februarie 2016 28

die see is rof-onstuimig
soos die storm in my hart
die seevoëls raas aspris met
skril stemme wat my tart
ek het jou gemis vanaand
die see was sommer grou
die branders ken ‘n nuwe lied
ons het dit saam geskryf vir jou

ek wou die boodskap by…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 241 gaste aanlyn

Bydraes – Argief