Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Wense

DIS TE LAAT

Deur Datum gepubliseer: 16 September 2022 8

Op ‘n doodgewone dag
toe die ou bloekomboom
vir die laaste keer fluister
net voor die wind haar kom vat
het ek saam in wenteltrappe
na bo gestorm om beter te kon sien

‘n onstuimige son het haar om my gekronkel
maar ek het harder probeer om bo te kom
ek wou afkyk
om deur ‘n hemelse lig
die…

LAASTE VERS (goud)

Deur Datum gepubliseer: 21 Augustus 2022 5

En snags as jy droom
en die nag haar arms om jou vou
sal jy my laaste
vers aan jou ook onthou
die een waar ek bid
dat jy weer heel moet word
veral die strofe
waar ek wens
dat jy my sal kom haal
en my huistoe sal vat.

© 7/2022 Caren Kearley
FB: Nimfoleptiese Woorde

KONFESSIE (goud)

Deur Datum gepubliseer: 21 Augustus 2022 6

By jou
kon ek nog altyd
die ligbelaaide hand
van die son
oopmond soen
dans in die reen
wilde winde met my kaal hande vang
want ons het weerskante toe geweet
dat ons deur ruimtes sou reis
dat ons groot kon droom
en die weerkaatsing van ons woorde
soos eggo’s sou sweef.

By jou
kon ek nog altyd
sterre uit jou hemelruim pluk
dit…

HOE LANK (goud)

Deur Datum gepubliseer: 20 Julie 2022 2

Hoe lank sal dit vat om gedagtes te ontbind
sodat ek net weer die mens binne my kan vind
want my wag het lankal die lewe ingeskiet
terwyl ek toekyk hoe spore orals vergaan in die wind.

© 7/2022 Caren Kearley
FB: Nimfoleptiese Woorde

laaste tree (SILWER)

Deur Datum gepubliseer: 20 Julie 2022 3

laaste tree

in die sagte stil skemerjare van jou oudword as mens
leef jy dikwels met groot versugting en een groot wens
en as jy met heimwee verlangend terugblik oor jou lewe
kom die besef: straks sal jy jou laaste tree gee oor dié grens

©Marlene Erasmus
20/07/2022

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 127 gaste aanlyn

Bydraes – Argief