Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Wense

Verlange (Silwer)

Deur Datum gepubliseer: 16 Julie 2022 6

Nou tors my siel oor jou seerkry verlies
sukkel op papier om woorde te kies
die vurige verlange te versag
te hunker na iets mooi en nostalgies.

© Zebulon Kochk

“Die sagte wat ons het, die taal”. (Silwer)- 268 woorde

Deur Datum gepubliseer: 16 Julie 2022 5

Dit gaan my verstand te bowe dat daar mense is wat ons taal, Afrikaans tot nadeel kritiseer. Verwysend na die oorweging om die “Afrikaanse Taalmonument” te hernoem. Die museum is dan juis opgebou op die fondasie van Afrikaans en bied van toekatyd insiggewende byeenkomste vir Afrikaanse Taalliefhebbers wat groot…

ONTDUISTERING (BRONS)

Deur Datum gepubliseer: 11 Julie 2022 7

ONTDUISTERING

Wat is dit dan waarna ons almal soek?
Nat vingers knyp geel blaaie in die Boek.
Antwoorde wil ons so desperaat hê:
op leeg en doelloos dwaal, wat droom vervloek.

Waar hol jy heen as harwar jou pooitjie?
Kry jy raad by ’n kreukelhandgrootjie
wat jou trane dep tot jy asemskep?
Bestuur die Groot Hand jou…

OP JOU BORSKAS (goud)

Deur Datum gepubliseer: 27 Junie 2022 9

As ek vannaand my kop neerlê
mag dit op jou borskas wees
want ek is bang
bang vir myself
bang vir Eskom se donker
bang vir ons eie Afrika
bang vir ‘n heelal
wat heeltemal te veel geword het

ek is bang omdat ek ‘n vrou is
bang omdat ek hier is
bang vir skadu’s
wat wrede mense wegsteek
bang dat…

MY WENS VIR JOU

Deur Datum gepubliseer: 19 Junie 2022 8

Mag die son altyd helder voor jou skyn
sodat jy sal weet in watter rigting om te gaan
mag jy gereeld op die dak van die nag klim
om stringe sterre net vir jouself te pluk
mag jy elke dag crave na ‘n nuwe avontuur
vars water uit lopende stroompies drink
nuwe grondpaaie sonder
mensgemaakte…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 264 gaste aanlyn

Bydraes – Argief