Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Wetenskappe

Huisbou

Deur Datum gepubliseer: 21 Julie 2022 4

die argitek meet
van hoek tot kant
dak na fondasie vlak
bepaal digitaal die potentiële skaal

die bouer staar
soek kortpad om elke hoek
bevraagteken die argiteekplan
lawaai oor boumetodes

die klient frons
verlaag afmetings rekords
hersien die ramings
maar hou die oorspronglike plan

dié drie stry
oor griere en die werklikheid
net taai sweet loop
teen hul rue af

so ook…

Data Verfyn

Deur Datum gepubliseer: 12 Julie 2022 7

data
deur jare geoes
gebottel as herkoude woorde
verfyn soos wyn

verifikasie
is van minder belang
ń mooi bottel gesig
verdoesel enige wanbalanse

feite
dubbelblind geevalueer
alleen proe reg
in vino veritas

Grootmaak

Deur Datum gepubliseer: 26 Junie 2022 7

vlerke
lig die lug
in ń vakuum
om hoogte te vind

vlerke
swaarder as lug
vlieg die bloulig in
om bo uit te kom

my vlerke
ń swaar gewig
wat bal hang
en abba

Verval

Deur Datum gepubliseer: 29 Mei 2022 7

die heelal
is onomvatbaar,
lig jare is daar fraksies
hier onbereikbaar.

die kleinste fraksie
is ontelbare atome,
nog kleiner elektrone
hier vervat as ń heelal.

alles vermeng
met almagtige potensiaal
wat verval na
kosmos kompos
en lewende DNA.

arg

Deur Datum gepubliseer: 19 Maart 2022 11


mistiek van die see
stories van meerminne
verlore seemanne vervloë
afgode van die wye oseaan
totale onbekendheid daarvan
dui op mens se tekort aan kennis
van al die branders van die see
lê mens se kennis braak
maar mens se gedagtes
wek vals gesigte op
in virtuele realiteit
speletjies wat lok
kinder gesiggies
tot volwasse
lewens

©Teãrlach
An alternate reality game (ARG) is an interactive…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 75 gaste aanlyn

Bydraes – Argief