Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Wetenskappe

Soos ‘n reënboog (tanka)

Deur Datum gepubliseer: 11 Februarie 2017 21

Lig val teen kranse,
breek, en koepel teen die blou.
Sewe keer gebuig
juig ek saam oor berg en dal
in vonkel fotondanse.

© C. Shaw
11 Februarie 2017

Die grond

Deur Datum gepubliseer: 6 Februarie 2017 12

Grond is die hart
voeg iets sleg by;
Grond sal verhard.
Plant enige iets;
voeg iets goed by
– wortels sal groei.

©Roeline
4 Februarie 2017
21:07

Resensie: HANNAH ARENDT, die film

Deur Datum gepubliseer: 23 Januarie 2017 11

Resensie: HANNAH ARENDT, die film

Een van die belangrkste vrouens van die afgelope tyd, Hannah Arendt, („die betekenis­volste verteenwoordigerin van die politiese teorie van die twintigste eeu” B. Helbig) is in 1906 in Hannover gebore. Sy het in Marburg by Prof. Martin Heidegger studeer en hy het haar „geleer om…

Die vierde dimensie

Deur Datum gepubliseer: 25 November 2016 20

Die vierde dimensie

In die skrootwerf van tyd
hurk die bejaarde opsigter –
sleutels weggepak in oogkaste,
hy frons en sluit die melkweg oop.

Kraaie sirkel in die roes van eeue
‘n trop wolwe hardloop in die rondte –
leisels sekuur aan die sekondewyser,
só sleep minute en ure verby.

Die man…

Poësie in die kubermark: ´n verhandeling oor die ligitimiteit daarvan.

Deur Datum gepubliseer: 22 Julie 2016 16

Ek behoort een vraag te vra, en dan poog om dit te beantwoord. Het die sosiale forums tot die kwaliteit van poësie bygedra, of net die deur oopgemaak vir ´n aanlyn talentsoek operasie waar vriende vir mekaar lieg oor kwaliteit en waarde?
Ek waak ook daarteen om té…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 76 gaste aanlyn

Bydraes – Argief