Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Wraak

Bekende dokter laat ‘n bloedspoor deur Lynelle Clark

Deur Datum gepubliseer: 18 Januarie 2018 18

Sleepvoetend stap hy teen die helling af. Die bebloede byl sleep agterna en los ‘n donker streep op die pad. Die laaste uur se gebeure het hom uitgeput maar tog voel hy vars. Sy verstand helder en sy oë dwaal oor die bekende landskap. Soekend. Dan gewaar hy ‘n…

Steurnis hier binne my (opgedra vir ‘n Meisie)

Deur Datum gepubliseer: 12 Januarie 2018 10

innerlik voel ek die vuil in my
ek was en was en was
trane biggel oor my wange
dood het hier binne kom lê

ek wil uit dit kom maar hoe
die vuilis met sy kloue
het rondgetas my selfbeeld
diep geknou, vreesaanjaend

met leuens het jy gekom
my in jou swetterjoel ingetrek
jou beeld onomwonde
‘n afskuwelike pyn wat…

Die man met die ligblou oe. Episode 2 – Deel 4

Deur Datum gepubliseer: 8 Januarie 2018 12

Die man met die ligblou oë
Episode 2 – Deel 4

Te oordeel aan hul hoogte en rigting word dit al hoe duideliker dat hul landingsplek ‘n klein landingstrokie net noord van die stad gaan wees. Daniel en die Kolonel het reeds gesels en is dit eens. Toe die eerste…

ʼn Volk se trane-hart

Deur Datum gepubliseer: 1 Januarie 2018 14

ʼn Hartversonke diep in ou verbonde
in ʼn jaar verby van bitter soete trane
uit ons hart drup bloed van seerkry woorde
leed versonke in ʼn volk se drome

van waar sal ons hulp dan kom
terwyl die rou en galle smart
van ʼn volk se hartseer bloed
wegsink en…

Wreed bedrieër’s lewenslied

Deur Datum gepubliseer: 21 Desember 2017 9

Die donker skadu van ʼn doodse wrok
sluip van diep uit sagte brose hart
woord gebore uit die tong se graf
verskeur, verbreek, vertrapte siel, verward

met sy vlag gedoop in onskuld bloed
donder dreun sy haat met nyd nog voort
hy wik nie, weeg nie, moor in elke spoor

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 239 gaste aanlyn

Bydraes – Argief