Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Wraak

Die haat van ‘annatjie

Deur Datum gepubliseer: 26 Oktober 2017 11

Jou Donker gedaante
weerkaats in die spieël
Skreeuende bek
wat haat toesnou

Soos ‘n skim in die nag
kom steel sy jou lag

Vreet jou van binne
soos larwes en suur
Verteer die self
tot net karkas oorbly

Deur leed betower
terleurstelling verower –

Sluimer haar dier
in jou agterkop
Lek aan…

MOORD SLAGTING

Deur Datum gepubliseer: 11 Oktober 2017 11

MOORD SLAGTING

In die donker van die nag
Het niemand hom daar verwag
staan die vyand reeds en wag
in die gang om sy prooi in tewag
gaan hy haar nek met ń mes afslag

Vyand gaan nie op hom laat wag
vyand het lekker, in sy mou gelag
hy verkrag en slagting beplan
moord is die laaste…

Fortuna

Deur Datum gepubliseer: 2 Oktober 2017 11

In die halfsirkels van jou ribbekas
wil ek behore heelword,
teen die klop van jou hart
myself tot rus sus;
uitgedos in die (opr)egtheid
van jou genaakbaarheid.

Is daar vir só geluksaligheid genade?
As mens betowerd van genot;
tevrede terugsak in jou eie teuels
bloed deur jou are voel pomp

Epitoom

Deur Datum gepubliseer: 2 Oktober 2017 20

Epitoom

Eens wild my hart
ongetem
uit hom ontplooi beelde
waar liefde lyne
kon trek
om siel en verstand—
verby grense
se denke
en wense
te intiem
om te verstaan;
saam wou ons
berge versit.

Nou stil my hart
getem
lewendig dood.

© 2017 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou

Die nag

Deur Datum gepubliseer: 2 Oktober 2017 10

Drie uur in die môre
raak jy aan my hart soos maanligstrale
wat sag oor bruisende branders streel;
‘n halwe eeu doen jy dit al
weergalm melioristies deur my nag
asof ‘n ewigheid altyd op ons sal wag.

Melkwegwaarts slaan ek my oë soms op,
in die diepdonker stort vreemde…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 78 gaste aanlyn

Bydraes – Argief