Ter aarde bestellings (Silwer klas November/ Desember oop projek)
Ter aarde bestellings
want eintlik maar net veronderstel is om
sombere samedrommngs van
familie en vriende en aangeweefdes te wees
maar met koek en tee en samoosas wordend
geleenthede van gemeenskaplike groetbrigades
van lofpsalms en hallelujas en amens
oor vervaldes wat ek hoegenaamd
nie eien aan die hordes hiperboliese himnes nie
wat my altoos bring by die vraag oor my
eie nalatenskap voor die groot vergetelheid
wat teisterend toesak oor die treurendes
ek, wat maar net vel en vlees van vele foute
is, onvergeefd deur vele binne en buite
my bloedskwadrant
ek, ek sal my flenter lettertjies
voortgebring deur my stukkie verleende verstand
inspan en rangskik tot letterlourier
en so help mooimaak aan Sy
groot-groot kunswerk
van alles wat daar is
en waar is
(C)MCH
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir NOVEMBER & DESEMBER 2025 – OOP projek