Thaba
Met heimwee dink ek terug aan n besondere plek,
Waar berge hoog troon en ‘n dorpie bedek.
‘n Plekkie in die bosveld, waar natuur jou omring,
Waar sonbesies die lof van temperatuur besing.
Waar ‘n briessie koue wind kortstondig verskyning maak
omdat hitte oorheersend homself teen die aardkors wraak.
Die reuk van bosveld wat deur al jou sintuie trek,
Oor ‘n lappie aarde wat voor mens uitstrek.
Waar koedoe verskyn voor dagbreek nog kom
In die dorp se strate voor mense kom brom.
Waar bobbejaan sy roep weergalm in die berge se skeur
En die voels kom aanbid in doringboom se geur.
Bloukopkogomander kom spog met sy prag
van helder kleure waarmee hy insekte vermag.
Bak hy in die son, met been in die lug,
En vlug na skade se koelte om sy liggaam te verlig.
As die helder van die dag aan die horison raak,
Kom nagapie en eekhoring hul verskyning maak.
Waar hul om die visdam kom hurk om dors te les,
En dan weer te verdwyn in die bome se bres.
Sag kruip die nag nader met volmaan se glans,
En die melkweg kom vrolik in die hemel ronddans.
Kondig krieke die uur van rus heftig aan
En muskiet kom sing sy treurige vermaan.
Hoe gevul voel my siel, van die prag om my heen,
Hoe gelukkig is ek om te bly in die seen.
Paula Paxton
3 Kommentare
-
See-Jay-El
Paula, dit is 'n mooi beskrywing van 'n stukkie aarde wat my vir altyd sal bekoor. Ek moet bieg, ons deel dieselfde bekoring.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2018 projek