Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: TRAANDRUPPELS

Deur Vonnie
Datum gepubliseer: 12 September 2021 Aantal woorde: 156 32 Kere gelees Hou van

VERS 1

Traandruppels is die alfabet
van ons hart se taal
wat ons met ons oë praat
wanneer woorde ons faal.
En as ons bewoë raak
en hartseer trane stort,
is dit nat-nat sinnetjies
wat traandruppels word.

KOOR

Traandruppels,
al taal wat ons soms het.
Traandruppels,
die hart se alfabet.
Ja, traandruppels
wat vloeibare sinne word.
Traandruppels,
wanneer ons woorde kort.

(Na vers drie herhaal x 3:
Traandruppels. . .)

VERS 2

Wanneer ons van blydskap
die lagtrane wegpink
wat van binne uitborrel
en in ons oë blink. . .
En as ons harte so huppel
dat ons dan woorde kort,
is dit vreugde dingetjies
wat traandruppels word.

KOOR X 1

INSTRUMENTEEL

VERS 3

Trane is ook ‘n taal
wat ons moet leer verstaan
wanneer ons met tye
deur woordeloosheid gaan.
Ja, trane vertel altyd
jou diepste hartsverhaal
van hartseer en blydskap
in jou eie tranetaal.

KOOR X 2

Liedjieskrywer en sanger: Vonnie.

(Kopiereg voorbehou)




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 30
Kommentaar telling: 1

Ek is allereers die trotse skrywer van Afrikaans, my pragtige moedersknie-taal! 'n Gepubliseerde vryskutjoernalis met artikels in van ons Afrikaanse tydskrifte soos Huisgenoot, Sarie, Vrouekeur en Rooi Rose. Ook digter,  liriekskrywer en komponis. Dus liedjieskrywer van my eie, sowel as ander se gedigte en lirieke en hartstogtelik lief vir musiek en sang. Ek geniet myself gate uit met die skryf van rubrieke, skryf ook verhale en maak ook so nou en dan keel skoon by wyse van 'n lekker ou gorreltjie. En o ja! Na baie, baie jare as skrywer, het ek uiteindelik drie boeke die lig laat sien en is ek nie 'n bietjie trots nie! My biografie Daar huil 'n kind in my, Rubrieke sonder brieke en Gedigte op die vleuels van musiek. Daar...genoeg. Nou moet ek verder aan die skryf kom!

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 96 gaste aanlyn

Bydraes – Argief