Jongste aktiwiteit:

TWEE SENTE

Nie almal kan dit bekostig nie nee die lewe het sy blink kant na ondertoe gedraai . Om brandstof in jou motor te gooi voel soos n geskiedkundige
herdenkbare gebeurtenis wanneer jy dit kan bekostig. Dan voel jy weer mens terwyl die honderd rand n skamele druppeltjie so katspoegie , netso onder die vier liter in jou brandstoftenk lê. Jy het nie twee sente om teen mekaar te vryf nie , nee dit bly leeg tussen jou duim en wysvinger. Net n klik wat na niks verwys nie en n sug. Hier diep uit jou longe waar niemand nog was nie. Daai plek in jou gemoed wat n mens moedeloos noem. Jou motor is so leeg teen die tyd wat jy by die huis kom brand die brandstof liggie nes die flikkerende string om n kersboom.
Dan kan jy jouself afvra het my binneste leeg geloop nes my brandstof tenk of is daar nog n bietjie veg gees oor ?
Dan weeg jy die twee sente teen mekaar op, moedeloos en die wil om weer te probeer. Daardie twee sente staan lewens lank saam in n boks kring , altyd in geveg.
Die een wat die uitklophou slaan het beheer oor jou lewe vir die volgende paar dae dan begin die geveg van voor af as die vorige oorwinnaar stadig begin kwyn. Mens kan nie altyd positief wees en glimlag nie. Vandag is jy bo en môre is jy onder, maar raai wat …..jy is nog hier. Die lewe is soos n skaakspel jy wen en jy verloor, maar dis nie wat saakmaak nie jy moet jou wedloop voltooi.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed