Tydig en ontydig
Tydig en ontydig
*
Geneë en ongeëwenaard is jou nering,
gereed met skeerriem om jou skeermes te slyp,
om aan die teer en uitgedorde velle te slag
so sny jy breë rieme uit ʼn ander man se vel.
¨
Die lem flits om almal oor een kam te skeer,
gewis, met geen berou aan dié smartlike rou,
ongeag die pyn en lyding wat die siel kwel
lê die naakte waarheid om als te ontbloot.
¨
Wyl daar tog ʼn sweempie van hoop sluimer
vir ʼn medereisiger deur ʼn ongenaakbare meul,
sing elke geveerde voël soos hy gebek is
om te streef vir ʼn genadiger toekoms.
*
©Arnold.
16 Okt. 2024 om 15h09
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir November 2024 – OOP projek