Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Tydspele

Deur Koos Elsum
Datum gepubliseer: 6 Augustus 2021 Aantal woorde: 86 144 Kere gelees 1

verniel gespartel
rus ons ń tydjie
op ń eenbeen stoele
verfrissing is suur lemoene
voor die fluitjie baas
om meer tyd
uit te speel

trap hom raak
skree die skare
hy vertraag die spel
mannetjies hardloop heen en weer
in stryd om deel te neem
voor tyd uitloop

die spel is verby
seer is al herinnering
aan tyd verspil
telborde onbenullig
al wat bly aftel
is tyd

die stryd is teen
nano sekondes minute
wat doodluiters ń epog raak
dit woed op die veld
en ons huis
die heelal




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 567
Kommentaar telling: 82

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 176 gaste aanlyn

Bydraes – Argief