Jongste aktiwiteit:

Utopie

Utopie

*

Te vinnig verdor lente bloeisels oor elke sterfling

flets oë wat durf terug loer oor verknoeide verloëning

kleurige bede-snoer gekruis met alsem brousel gebede

vermeng in skrapnel gekerfde woorde en splinter liefde

¨

elke krieseltjie skril tyd gestook in egoïstiese tone

lê die lewe se nuwe vermaaklikheid in slim-fone

ʼn wêreld wat leer om jou eie waardes te onteien

met ʼn intonasie van vals jolyt en stem refrein

¨

als so verwronge, doolhof en gekneusde gedagtes

gryp krampagtige hand na afgewaterde beloftes

tog geskilder in fabel kleure van ʼn fantasie utopie

my wese vasgeknyp in ʼn slagyster van kille emosie

¨

my mentor het die handleiding van die lewe verag

lê ontspoorde realiteit … op beter toekoms en wag.

*

©Arnold

20 April 2024 om 17:05




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed