Vaarwel aan die edelheid.
As ek kon
sou ek graag vra?
Al flits die oë
en die tong lek soos vuur.
Sou my moed begewe
is dit ʼn hartsbegeerte
op woes verlate gedagte
se inspirasie so begrawe.
Met geen woord van bemoediging
geplant die jeug se denke
in woestyn skroeiende duine
met geen blywende wenke.
In daai skroei snikkende stonde
is dit oorgelaat aan die winde
met geen vastigheid gevinde
is kinders oorgelaat in hul node.
Wat sou ek kon doen?
Hierdie is geskryf, waar ‘n mens al meer straat kinders sien.
4 Kommentare
-
-
Evelyn van der Merwe
Ware woorde wat jy hier pen. Mooi gebruik gemaak van alliterasie.en hou van jou rym, dis nie gedwonge nie.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Baie hartseer wat jy puik verwoord, mens wonder baie oor hierdie weerlose kinders wat so teen die lewe en elemente moet veg...