Valentynsliefde in blom.
Ek maak jou die hof
dat ons kan dronk word van die lof
want dit is valentynsliefde so rof.
Romanse op sy felste
is ʼn ongevraagde fetus
verander dit in ʼn vete.
Wie is nou
die vermaledyde skurk?
Is almal nou ongeskik?
Raadpleeg hul die gode
want die fetus is nou die bose
albei se aansien is in die node.
Daar is nou eenmaal
ʼn ongeslypte fetus.
Waar is sy bestemming in die hiernamaals?
4 Kommentare
-
-
neels
lekker lig geskryf. Mal hieroor Arnold
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Dis nogal n groot waarheid wat jy hier beet het... as liefde nie van Bo kom nie kan dit nie stand hou teen daaglikse jakkalse nie ... baie mooi gepen