Vasgevang in lowergroen.
O, geknelde land
waar ʼn nuwe generasie mymerend staar,
en ʼn nuwe ongevraagde hand
so alles verstoor.
Luidkeels roep die kiewiet
oor die verlate bos murasies
waar eens ʼn trotse nasie
saam kon sing met janpierewiet.
In sy ontwortel aan die hede,
verhuis na ʼn tuiste in somberheid
wat weer sal heel na tyd
in versugtende gebede.
In sy laat somersjare
is ʼn nuwe helder klaar bewussyn
en sy einde nog nie die omega
aan ʼn nuwe generasie vriende samesyn.
So herroep hy die verlede
na ʼn klinkklare geestesfoto,
eie aan sy byna vergete dade,
neergepen vir ʼn verbeeldingsfoto.
22/05/2014 om 22h30.
8 Kommentare
-
-
Amaspoke
Pragtige skrywe Arnold. Die jonges moet opstaan want die oues vergaan!
-
Koekekranka
Hier het jy welgedaan Arnold!
-
neels
arnold ek stem een van jou bestes
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Een van die heel mooistes wat ek nog uit jou pen gelees het!