VERPLANT
VERPLANT
aardsgrondgevul staan ‘n kwekerysak bolpens
vir ‘n nuwe bestaan
ek druk my voete in verrykte klam grond
sodat spore kan sprei oral rond
my bene lyf en arms groei hoog
kopknikkend verreis my kroon
raak aan die blou hemelboog
glimlaggend klimklouter my spore
uit op ‘n stukkie nuwe aarde met waarde
barre sanderige grond laat rytjies van my voete se spore
stadig verplant ek myself kop omhoog
ek groei tot ouworteldik gestam om eindelik
die hemelkoepel binne te rank
aardspore sal ek agterlaat en ekself
sal speel in die hemelgewelf
© Laantie le Roux
20/01/2020
05h06
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.