Verrinneweer en stoksielalleen.
Ek voel soos ʼn boompie, stoksielalleen
wat van een klimaat na ʼn ander oorgeplant is.
Die son het geskroei, en my blare verlep,
die skroeivlam oor hierdie ontluikende plantjie laat gaan,
en alles behalwe my wortels gedood,
Nog voordat ek wortel kon skiet,
het die storms gewoed en my verrinneweer.
Met ʼn opgekropte gevoel van leegheid
deur die verwoesting van die lewe
het ʼn vreemde deernis by my posgevat,
en mymerend gedink dat almal soos ek is.
Nêrens kon ek ʼn tuiste of ʼn liefdevolle,
óf ʼn stewige handdruk vind
om my deur die lewe te loods,
en al soekende ná iets om aan te anker;
op dwaalweë uitgekom.
3 Kommentare
-
Anze
Dit is soos Neels se.. die lewe en omstandighede is soms baie wreed... mooi gepen
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Lewe is soms wreed