Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Verskuif jou fokus in Paastyd. (SILWER)

Deur Marlene Erasmus
Datum gepubliseer: 30 April 2021 Aantal woorde: 418 112 Kere gelees 6

Verskuif jou fokus in Paastyd.

As ons Paastyd binnegaan herdenk ons ʼn tyd van intense lyding: Jesus se lyding. In die tyd waarin ons leef, is dit egter ook die tyd van vreugde en vrolikheid. Christene vier wêreldwyd die feit dat Jesus die dood oorwin het. Dit is beslis ʼn hoogtepunt in die jaar en ook die tyd waar ons fokus verskuif na die grootste wonder van alle gebeurtenisse: die opstanding.

Waar ons almal eers met skok en afgryse vervul was oor die kruisiging en die drie dae se stilte van ʼn graf, word ons vervul met die lig van die opstanding. Ons besef in Paastyd opnuut dat die Heer opgestaan het en dat Hy waarlik leef. Deur dekades het daar baie rituele ontstaan om Paasfees te vier. Hoe dit ook al is, dit is soms so ʼn besige tyd dat ons moeite kan ondervind en selfs sukkel om stil te raak om Paasfees te herdenk.

Daar is paar dinge wat ons kan doen om ons te help om ons fokus van die sekulêre wêreld te verskuif na die dieper geestelike betekenis van Paasfees.

Raak stil voor die Here.
Een manier waarop ons bewus kan word van God se teenwoordigheid is om te vas. Dit is nie noodwendig net om van kos te vas nie, maar daar is paar ander maniere ook: media-vas, geld-vas, werk-vas of selfs lees-vas. Ons neem so baie inligting in om kennis te verbreed dat dit dalk nodig is om paar dae weg te bly van epos en ander onnodige leesstof af. Raak stil en rig al jou gedagtes net op Hom, rus en ervaar dan Sy vrede in die stilte.

Eet saam ʼn Paasmaaltyd.
Sit as gesin saam om die etenstafel met Bybelse kossoorte. Sit kossoorte voor soos: brood, vis en lamsvleis met sout en geurmiddels soos wat in die Bybelse tyd voorgesit is. Daar kan kaartjies gemaak word met teksverse op wat saam die disse bedien word, soos byvoorbeeld:
Brood: Johannes 6:47-48: “Dit verseker Ek julle: Wie in My glo, het die ewige lewe. Ek is die brood wat lewe gee.”
Vis: Matteus 4:19: “Hy sê toe vir hulle: ‘Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak.’
Lamsvleis: Johannes 1:29: “Die volgende dag sien Johannes vir Jesus na hom toe kom. Hy sê toe: ‘Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!’

Mediteer op die Woord van God en onthou waaroor Hy aan die kruis moes sterf vir ons sondes.

©Marlene Erasmus
30/04/2021

(422 woorde)




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    30 April 2021

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April 2021 – Oordenkingsprojek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 86
Kommentaar telling: 5

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 98 gaste aanlyn

Bydraes – Argief