Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Versprei

Deur Anria
Datum gepubliseer: 5 Maart 2018 Aantal woorde: 111 629 Kere gelees 10

Sy behoort nie
aan iemand nie.
Sy behoort nie aan ‘n man nie.
Haar siel is
fyngetrap
in stukke getrap
lank gelede
deur
baie mense

die stukkies het verpoeier en
is opgeneem
met die wind en
versprei
deur die heelal en
soms
as jy gelukkig is
kan jy van die stukkies sien blink
in
die maan of
die sterre

jy kan haar sien lag
in die wolke
voel
as die wind deur jou hare streel

jy kan haar hoor
as die wind
in die bome praat soms
as jy gelukkig is
want

haar siel behiort nie
aan iemand nie
behoort nie aan ‘n man nie

dit behoort
aan die heelal

@Anria
(2018/03/05)




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Somerreën

    7 Maart 2018

    Laat my dink aan tot stof sal ons terug keer. Jy is jou eie mens en wat ‘n pragtige gedig is die om jou “statement” te stel, jy behoort aan niemand nie, net die heelal.

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 59
Kommentaar telling: 76

Anria Breed is gebore in 1983 en woon tans in Brits. Sy het ’n Nasionale Sertifikaat N6 - Bestuursassistent Diploma met Besigheidsafrikaans. Haar kortverhaal, Die ou Beetle, het die aanlyn Vrouekeur kompetisie gewen in Februarie 2015. In Julie 2015 is drie van haar gedigte gepubliseer in Brose Genade, ’n bundel vir kanker-vegters. Sy het haar debuut digbundel, Volg net die Skoenlappers, in Augustus 2015 gepubliseer. In Januarie 2017 is een van haar gedigte in ’n Nederlandse tydskrif gepubliseer ter ere van die stigting van die nuwe gemeente, Meierijstad in Nederland. In Mei 2017 is haar gedig, Die mooi van die donker, gepubliseer in die digbundel Inkspraak.

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 54 gaste aanlyn

Bydraes – Argief