
Verwaai
skuim baklei oor diep blou
spoeg wit uit teen die lug
mosselklein klou manne
aan boot skede,
man die water is woes
swart vervlek met kleure
geplak op rommel vir duisend jaar
hang manne vinknes
in vierkant woonstelle,
vrou die beton is hard
hande strek uit van
wind swaai vinknes
spatwind water
na gevoude hande
vir behoud
tydelike gegewe
is witskuim en vuil gekleur
natuurlik, mens geskep
uitpluk sal niks
verander
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anita van der Walt
Goed gedoen