“VICE VERSA.”
Die “Vice Versa” gedig is geskryf na aanleiding van elke jaar se verkiesingsbeloftes en sogenaamde beleid van ons geliefde leiers.
Hoeveel mense het nie al voor sy medemens
sonder skaamte gelieg nie?
Met ʼn “Ja” gesweer en dit kort daarna
weer deur ʼn pertinente Nee gekanselleer.
Gelukkig is diegene wat eerlik Nee gesê;
en tog later sy “Nee” verloën het.
“Vice Versa.”
Ongelukkig is diegene wat Ja gesê;
en tog later sy “Ja” verloën het.
Diesulkes wat nog steeds op twee paaie hunker,
die Paradys met sy heerlikheid begeer,
maar net so graag Sodom in die hart wil vertroetel.
Die roepstemme van oral,
kom dwing ʼn radikale keuse.
Jou antwoord kan dan “Ja en Nee” wees
wat ʼn verduideliking veronderstel.
Die Ja sou die een kant van die saak beklemtoon.
Tog kan daar ook ʼn Nee wees
omdat dit ook sy tol eis.
Hierdie is onbetwisbare feite.
28 Junie 2014.
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Arnold hierdie gedig laat my dink aan Mattheus 21: 28 - 32... Puik geskryf hoor