Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Vingers van Heerden

Deur Boetiegoed
Datum gepubliseer: 5 September 2021 Aantal woorde: 524 317 Kere gelees 9

My oorlede pa het twee broers en een suster gehad, waarvan die een jonger broer Oom Martin was. Hy was ‘n man wat baie lief was vir diere en sy karre en sy vrou Ina en dan sy dogter Portia of Tia soos ons haar ken, seker nie in hierdie volgorde nie. Hy het altyd in ‘n mooi huis met ‘n goed versorgde tuin gewoon en die eekhorinkies en voeltjies kosgegee. Ons mag nie “touch-rugby” in sy tuin speel nie, want dan val die bal op sy struike of ons maak gate in sy gras. Ons was natuurlik te “woelig” na sy sin.

Oom Martin was in die destydse Polisiemag en ‘n baie goeie speurder op sy dag. Hy het afgetree as ‘n Kolonel in die polisiediens. Hy was ‘n man met wie jy nie “sukkel” nie. Hy het jou gou op jou plek gesit en in sy huis was sy woord wet.

Soos ek reeds genoem het, het hy van sy karre gehou. Dit was Porche 911’s uit die 1960’s wat hy restoureer het en dan onthou ek goed hy het ook op ‘n stadium ‘n 1916 Buick gehad, ten volle gerestoureer.

In die stadium wat die staaltjie wat ek vertel uitkom het my Tannie Ina vir my Ma vertel dat sy beste speurwerk op ‘n Vrydag was toe sy hom moes gaan haal op die stasie by Somerset-wes. Tannie Ina het die swart Porche 356 gewas en afgedroog, maar soos met instruksies van Oom Martin het sy haar trou- en verloofring afgehaal voordat sy dit gedoen het, want dit kan die motor se verf skraap.

Sy het betyds weggetrek na die stasie toe met die Porsche wat nou mooi blink, nadat sy Oom Martin opgetel het en huis toe gery het mis sy haar trou- en verloofring. Sy is baie ontsteld en soek orals. Uiteindelik gaan se sy na Oom Martin toe en se hom dat die trou- en verloofring weg is. Hy se haar sy moet sit en dink waar sy dit laas gehad het. Sy besef sy het dit laas afgehaal van haar ringvinger toe sy die Porsche gewas het.

Hy stap saam met haar uit en vra haar waar het jy dit gesit? Hier, se sy en wys waar sy albei voor op die enginekap gesit het. Hulle kyk om die motor rond en sien niks. Hy loop ‘n draai om die kar en se vir haar: klim in jy bestuur. Hy se haar om dieselfde roete te ry en net so vinnig soos sy gery het oppad stasie toe.

By die derde draai wat sy vat se hy: Stop! Sy stop, hy klim uit en stap in die straat af, dit was effens teen ‘n bult af. Sy klim uit en volg hom, hy buk af en tel iets op en loop aan en tel nog iets op. Daar in die voortjie teen die sypaadjie le haar trou- en verloofring ‘n paar meter van sy trouring af wat hy afgehaal het by die huis en op die engine kap gesit het voordat hulle by die huis weg getrek het.

Hulle het hom Vingers van Heerden genoem, hoekom weet ek nie……




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    6 September 2021

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September 2021 – Positiwiteit projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 15
Kommentaar telling: 11

Ek skryf net omdat dit lekker is, want dit is soos terapie vir my.

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 182 gaste aanlyn

Bydraes – Argief