Voor die laaste dag se herfs.
Ek huil in my binneste, vloei trane deur my gemoed
dat ek jou dalk nooit weer sal ontmoet.
Met rooi gehuilde oë soos die rooiste eik,
tot al die blare val na hul verderf,
voor die laaste dag se herfs,
kaal gelaat met geen trane in my oë meer.
Leef ek met die idee dat ek jou nooit weer sal sien.
Die dag wanneer lente wil aanbreek,
vat die lente oor by die winter om sy plek in te neem,
breek die liefdesgeur deur tot binne in my gemoed.
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Arnold een van jou bestes ooit