
gevlerkte gees
O Heer gee ons ‘n duif
‘n gevlerkte gees
wat ons land kan deurkruis
nie onreg en seer te rapporteer
maar gulsige bekke te sluit
gierige kloue te keer
‘n duif met ‘n olyftak
‘n gevlerkte gees
wat ons een lied saam laat sing
wat gaan sit op elke huis se dak
wat ware vrede bring
“Kind, het jy nie geweet?”
daar is so ‘n duif
My Gees wat herlewing bring
herlewing wat by jou begin
gryp die oomblik aan
delf diep in jou eie wese
maak vrede met ander, met jouself
wees dan ‘n vredesduif
wat volgens Godsbesluit
die aarde wyd met Sy vredesboodskap bestuif
dan sal jy vrede vind en rus
in die groot Ek Is
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Inkmoderator
Elroux, ek krap so bietjie aan hierdie vers, met voorstelle vir jou oorweging: O Heer gee ons ‘n duif -so 'n gevlerkte gees- [voeg so iets dergliks is: dit laat die leser herbesin] wat ons land kan deurkruis nie onreg en seer te rapporteer [om, kan funksioneel verwyder word] maar om gulsige drake se bekke te sluit [oorweeg 'n sinoniem vir drake] grypende kloue te keer ‘n duif met ‘n olyftak -so 'n gevlerkte gees- [herhaal hier wat jy in lyn 2 sou skryf] wat ons een lied saam laat sing wat gaan sit op elke huis se dak wat ware vrede bring “Kind, het jy nie geweet? [In dialoog: begin met hoofletter] daar is so ‘n duif -so 'n gevlerkte gees- [herhaling hier laat die vers mooi bind] of het jy dalk vergeet?” Sy naam is herlewing wat by jou begin gryp die oomblik nou aan om diep in jou wese te delf maak vrede met ander en met jouself wees dan self ‘n vredesduif -só 'n gevlerkte gees- [hier gebruik jy 'n akute beklemtoning as verwysing: só] wat volgens ‘n Godsbesluit [as jy verwys na die Skepper; Godsbesluit dus hoofl.] die aarde wyd met Sy vredesboodskap kan bestuif dan sal jy vrede vind en rus in die groot Ek Is Sommige van die sinne kan effe lomp lees omdat dit uitverhouding langer as van die ander is. Ek het egter die gedig harop gelees, met die ernaderinge en dit pla nie regtig die ritme nie. Kyk gerus na my voorstelle en vra (sommer in die inboksie) indien daar enige navrae is. Skryfgroete IM