Jongste aktiwiteit:

Vrese vol vandag

Geval
soos ‘n verhefsde blaar
koud in nat grond
tussen ontroosde dorings
herletsel in ‘n vreemde slinger
vol vergankliksheidsvrese

en al soek hulle jou
sal hulle jou miskyk
deurtrek in geel, rooi en bruin
so sal jy wegraak
in jou skare van skaduwees
tussen die wat jou hand vashou.

© 2021 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed