Vroue Tendense
bondeltjie sag
kyk verdwaas
na die helderlig
vet magie ballerina
draai twee voet
op ń mat
langbeen dogter
skuil verleë
agter moeder verkope
stoot borsies
stamp bokkig
teen tendense
lyf gevul
soek haar oë
ń lewens stempel
hardloop jare
verrek dié spiere
kennis oorheers nou giere
lief die vrou
van skoenlapper
tot konkreet bene
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.