Jongste aktiwiteit:

Vroue van formaat

VROUE VAN FORMAAT

Marthie Joubert

VOORWOORD

Ek, Marthie Joubert, besing die moed van my oumagrootjie Magdalena Maartens (nôi Froneman). Die name gebruik in hierdie vertelling is eg, behalwe dié van die hanskakie. Hierdie verhaal is aan my oorvertel deur my moeder en ooms. Ek vertel dit soos ek dit in my verbeelding sien.

Ingeweef is ook aangepaste verhale van dapper vroue wat ek die voorreg gehad het om te verpleeg. Hulle het die trek na konsen-trasiekampe en die ellende daar oorleef toe hulle nog net kinders was. Sommige verhale is gerekonstrueer uit briewe vanuit die kampe – briewe wat vandag nog in besit is van Conrad Barnard, inwoner van Piet Retief in die Mpumalanga Provinsie van Suid Afrika. Die oorspronklike name van die karakters is gebruik. Die briewe is in Hoog-Hollands en ek het dit so getrou as moontlik aan die oorspronklike probeer vertolk.

Ondanks die verskriklike ontberings, het hulle nie bly lê nie. Hulle het opgestaan, hande gevat en oorbegin.

***

DEEL 1

MAGDALENA EN JOHANNES

DIE OPROEP

Johannes Maartens, lank en frisgebou, staan in die agterdeur en kyk met ’n bekommerde frons tussen sy wenkbroue na sy vrou voor die stoof. Sy blou oë drink die toneel voor hom vir ’n oomblik in. Hy voer nie sy oggend ritueel uit, deur sy kakie hoed by die kombuisdeur af te haal, na die kapstok ’n entjie verder te mik en dit netjies daarop te gooi nie. In plaas daarvan stap hy stil na die kapstok en hang sy hoed op.

Magdalena kyk hom verbaas aan. Waar is daardie gunstelingaksie waarvan sy so hou: van sy lang vingers wat sy natgeswete blonde krulle reg skuif?

“En nou, my man?” sê-vra sy onrustig. Magdalena ken haar man se gewoontes so goed, dat hierdie ongewone gebaar die onrus wat dae lank al in haar broei, laat opvlam. Sy wonder of die Engelse President Kruger se ultimatum verwerp het.

“Het jy nie werk as jy dié tyd van die dag hier rondlê nie?” vra sy gemaak kwaai in ’n poging om die onrus te verjaag. Sy draai terug na die Doberman koolstoof en skink sy blikbeker vol vars koffie uit die koffiekan en plaas die kan terug op die konfoor.

Sy hande gly van agter om haar skraal middel. Hy vat die beker koffie by haar, sit dit eenkant op die stoof en trek haar styf teen hom vas. Hy laat sak sy kop op hare en drink haar bekende geur in.

Sy draai stadig om, beur effens weg en kyk bekommerd op na hom.

“Wat is fout, my man?” vra sy die vraag waarvan sy die antwoord vrees.

“Die Engelse weier om hul troepe uit die Zuid Afrikaansche Republiek te onttrek. Inteendeel, meer troepe is op pad Noorde toe en ons moet hulle keer. Alle weerbare manne is aangesê om vandag op die van Wyks se plaas bymekaar te kom. Van Wyk se boodskap het my bereik terwyl ek by die grens kamp was,” hoor sy die woorde wat sy nie wil hoor nie. Dit druis in haar kop.

Dis 11 Oktober 1899.

AFSKEID

Johannes kyk toe hoe Magdalena toebroodjies maak en twee houers vul met koffie. Hy laat haar nie ’n oomblik onder sy oë uit nie.

“Daar’s dit nou klaar.” Sy droog haar hande aan haar voorskoot af en sit die toe-broodjies in een van die saalsakke en die houers met koffie in ’n ander. Nog sakke lê gereed met biltong, beskuit, koekies, droë vrugte, kaiings, mieliemeel en sout.

“Jou watersakke is vol en jou knapsak met klere is gereed. Ek kry dit gou.”

Hy keer haar, kelk haar gesig met sy hande en soen haar. “Ek sal dit self gaan haal, my vrou. Hoe lyk jóú voorrade?” Hy kyk haar besorg aan. “Gaan jy regkom, my vrou?”

Magdalena durf nie haar angs en bekommernis wys nie.

“Bekommer jou nie oor ons nie, my liewe man.” Sy staan op haar tone en soen hom vol op sy mond. “Ek kry gou die kinders en volk by-mekaar.”

Johannes kom uit die huis met die proviand en knapsak oor sy skouer. Sy perd staan reeds opgesaal vir hom en wag. Hy gooi die saal-sakke en watersakke oor sy perd se rug; maak die ander sakke stewig aan die saal vas. Dan draai hy na die groepie mense, sy mense, wat af-wagtend na hom kyk – Magdalena en hulle drie kinders, Hannes, Gerrie en klein Leentjie; hulle getroue volk, Jonas, met sy vrou, Siena en hulle kinders, Kabelo, Sipho en Sinie.

Hy buk af en tel die tweejarige Leentjie, sy laatlam op.

“Kom, kom staan nader en ons vra ons Hemelse Vader vir Sy be-skerming.” Die mans haal hulle hoede af en almal buig hulle koppe eer-biedig. Johannes se diep stem pleit by die Vader om hom, sy gesin en volk in hierdie onseker tye te lei en te beskerm.

Met Leentjie nog op sy arm, trek hy sy twee seuns teen hom aan. Hy vryf om die beurt hulle hare deurmekaar. “Luister vir mamma, kêrels.” Hy druk Leentjie vir ’n oomblik styf teen hom vas soen haar op haar voorkop. “Soet bly, pappa se pop.” Hy sit haar saggies neer.

Nege-jarige Hannes kyk op na sy vors pa. “Kan ek saamkom, Pappa?”

Johannes sit sy hand op sy skouer. “Jy’s nog te jonk, my seun. Julle twee manne moet mamma hier op die plaas help.”

Hy draai om na Jonas-hulle wat deur die jare al deel van sy gesin geword het. Saam het hulle hier begin, hulle kinders is almal hier ge-bore en het saam opgegroei. As die Here hulle spaar, sien hulle mekaar weer hier.

“Ek groet julle. Pas julleself op en kyk mooi na die kinders, hou hulle bymekaar, en help die nooi, Jonas.”

Sy aandag verskuif na sy geliefde vrou, sy sterk vrou, sy vrou wat altyd ’n plan maak, wat hom in alles ondersteun, wat die woord “opgee”, nie ken nie. Hy omhels haar en hou haar styf vas.

“Die Here behoed en bewaar ons,” fluister sy sag teen sy skouer en voel hoe koue vingers om haar hart vou. “Pas jouself op, my man.”

Sy lig haar gesig na syne. Hy laat sak sy kop en soen haar innig.

“Tot ons weer sien, my liefste.”

“Ek het jou só lief my man, kom veilig terug!” fluister sy. Traag laat hy haar gaan.

Met sy een voet in die stiebeuel, swaai hy sy lyf in die saal. Hy sit fier en regop, mauser op sy skoot, kyk na die groepie mense, haal sy hoed af, buig sy hoof vir ’n oomblik, haak dan die geweerband oor sy skouer sodat die mauser styf teen sy rug lê. Sy land het hom nou nodig.

“Sala hantle! Kyk na ons mense, Jonas.”

“Ho joale. Tsamaya hantle, monghadi! Die Here loop saam met jou.”

Hy pluk die perd om en begin ’n reis om deel te neem aan ’n oorlog wat niemand wil veg nie, maar nou moet veg; ’n oorlog om te beskerm dit waarvoor soveel vorige geslagte geveg het en sommige hul lewens opgeoffer het. Dalk nou weer…

Hy ry op ’n drafstappie met die plaaspad af al langs die mielielande en weivelde verby. Die mielies begin net kop bo die grond uitgesteek. Die volk wat skoffel in die land, staak hulle geskoffel en kyk hom agterna. Hy lig sy hoed en wuif vir hulle. Skoffel in die hand wuif hulle terug.

Sal die oorlog verby wees teen oestyd? Sal Maggie-hulle die oes moet afhaal? Die Friese wei in die veld, die rooi Afrikaners in die verte teen die koppe. Sy plaas, nog afgemeet op die ouriem sisteem, was destyds net ’n bar stuk grond; nou bewerk in uitgestrekte landerye omring deur weivelde.

Johannes pluk die groot swart perd se stang in sodat dié op sy agterpote tot stilstand kom, runnikende met voorpote in die lug. Hy swaai om in die saal, lig sy hoed en waai vir oulaas vir sy vrou en kinders, dan trek hy op ’n gallop weg na die van Wykplaas toe.

AANMELDING VIR MILITÊRE DIENSPLIG

Op pad na die van Wyks se plaas dwaal Johannes se gedagtes. Hy is bekommerd oor hoe Magdalena alleen op die plaas moet regkom. Hy bid vir hulle almal. Hy deel die frustrasies van baie Boere oor kwes-sies rakende buitelanders. Hulle het in hul hordes hul fortuin by die dia-mant riwwe van Kimberley en op die goudvelde van die Witwatersrand kom soek. Sy voorouers het uit die Kaap gevlug om weg te kom van die Britse heerskappy en nou moet hulle weer veg om Britse oorheersing af te weer.

Die Boere het in September al gehoor alle weerbare manne tussen die ouderdomme van sestien en sestig hulle gereed moet maak vir oorlog. Dit het gebeur nadat die Britse regering 10 000 troepe na Suidelike Afrika gestuur het. President Kruger van die Zuid-Afrikaan-sche Republiek, was oortuig die Britte berei hulle voor vir oorlog. Die President het  besluit dit sou beter wees om hulle terug te dryf terwyl daar nog nie te veel Britse soldate in Suidelike Afrika was nie. Daarom het hy ’n ultimatum na Brittanje gestuur, waarin hy eëis die Britte moet die invloei van soldate na Suidelike Afrika staak. Hierdie ultimatum is verwerp en dit het tot die oorlogs verklaring gelei, ’n oorlog teen Groot Brittanje. President Steyn van die Oranje Vrystaat onderneem om Kruger en die ZAR as bondgenoot by te staan.

En dit is hoekom Johannes saam met ander boere en weerbare burgers van die Winburg distrik in die Oranje Vrystaat op 11 Oktober 1899 by die van Wyks bymekaar kom om deel te vorm van die Boere-magte.

Daar word hulle deel van ‘n Boerekommando wat na die Natalse grens vertrek om die Engelse opmars om die Boererepublieke te beset, te keer en sodoende die Boere se onafhanklikheid te beskerm. As die Boere suksesvol is, sal dit ‘n herhaling wees van wat hulle in die eerste Vryheidstryd in 1880 reggekry het.

DEEL 2

 

MAGDALENA ONTWORTELBOSE PLANNE

Teen Junie 1900, besef die Kakies (Britse magte so genoem vanweë die voorkoms van hulle gevegsuniforms) hulle gaan die Boere nie so maklik tot oorgawe dwing nie. Die Boere het guerillaoorlog-voering tegnieke begin gebruik om die Engelse se toegangsroetes te saboteur en kosvoorrade en ammunisie te onderskep.

In reaksie hierop het Lord Roberts, die hoof bevelvoerder van die Britse magte, op 16 Junie 1900 ‘n proklamasie uitgereik waarin hy ver-klaar:- vir elke aanval op ‘n spoorlyn, die naaste opstal afgebrand sou word.

Op 16 Julie 1900, soos ek, Marthie Joubert, afgelei het uit ’n ver-flenterde konsentrasiekampbrief, is die bevel uitgereik dat alle vrouens en kinders afgevoer moet word na kampe. Alles wat voorkom moes ver-woes word, sodat die Boere nie hulle proviand kon aanvul of plek sou vind om te skuil nie.

Die Kakies het hièrdie bevel stiptelik uitgevoer.

VERWOESTING

Vrouens, wit, swart, oud en jonk word verniel en verkrag. Soos skape word hulle en hulle kinders bymekaar gemaak en op oorvol waens gelaai met net die klere aan hulle lywe. Sommige vroue trek inderhaas lae klere oor hulle en hulle kinders se koppe aan in ‘n des-perate poging om soveel klere as moontlik saam met hulle na hul on-bekende bestemming te neem. Medisinale kruie, wynruit, bugu en laventel en verskeie ander benodigdhede word in hulle roksakke ver-steek.

Hulle het genoeg van alles bymekaar gemaak vandat hulle gehoor het die Engelse is aan die opruk. Maar hulle word nie toegelaat om hulle waardevolle voorrade te laai nie.

Vlamme en digte rook styg in die lug op alles wat agterbly, word vernietig en tot as verbrand. Die oorblywende diere word eenvoudig geslag, doodgekap of geskiet.

Angsbevange vroue en kinders klou benoud aanmekaar en aan die wa vas – hulle bestemming en lot onbekend.

VOORBEREIDINGS VIR ’n SWERFTOG

Gerugte oor die verwoesting versprei soos ‘n veldbrand. Magda-lena, hoor hulle voer die vroue, kinders, ou mense en volk af na kampe toe. Hulle sal haar en haar mense nie in ’n kamp inhok nie daarvoor sal sy sorg Vlugplanne broei in haar kop. Sy het Jonas stewige raamwerke op twee waens laat aanbring en seile daaroor span, wat hulle groen verf met oorskiet kombuis verf.

Sy moes genoeg kosvoorrade bymekaar maak en gereed wees, wanneer daar tekens is die Kakies is oppad na hulle kant toe. Gelukkig het sy reeds sakke vol wortels en bone gedroog. Groot wit boerpam-poene lê op die dak en bak in die son, reg om gelaai te word. Die hele pampoen kan geëet word, selfs die sade en skille. Die rye en rye uie hang onder die afdak en moet net in sakke gepak word.

Magdalena laat die twee waens uitlê met bondels mieliestoppels, voer vir die osse en beskerming vir die reisigers teen die koue. Die bon-dels word met seile bedek as beskerming teen die elemente. Sakke met droë hooi word bo-op gepak wat kan dien as matrasse en later as voer vir die diere. Alles moet oordeelkundig gepak word, spasie is kosbaar.

Magdalena het vir dae gedink oor alles wat hulle op ’n swerwers-bestaan nodig mag hê en kort-kort aan nog iets gedink en dit waens toe laat dra of self gaan pak: Potte, panne, ’n koffiekan, knieskottel, drie-pootpot en staander met toevou pote (Johannes se patent) vir kos maak op die oop vuur, eetgerei, mieliemeel, stampmielies, koring, droë boon-tjies, gedroogte groente en broodmeel; suiker en ’n sak growwe sout, konfyt en ingelegte vrugte, kerrieboontjies, tamatiebredie en beet, vleis in vet verseël, ingesoute vleis en sakke biltong en kaiings, droë vrugte, smeerperske- en appelkoos rolletjies, neute, koffie en tee, sakke vol anysbeskuit, seep, gebreide skaapvelle, karosse, komberse en linne, sakke gebreekte mielies vir die hoenders, en nog bondels mielie-stoppels en ’n paar sakke droë lusern.

Magdalena laat ’n vaatjie deursny om te dien as houer vir drink-water vir die vee en laai dit ook op saam met twee emmers, ’n vaatjie met drinkwater en opvou riempie stoeltjies.

Die pampoene word in die hoeke van die waens opmekaar ge-stapel en vas gepak. Sy is dankbaar dat sy betyds sakke vol droë bone, broodmeel en mieliemeel bymekaar gemaak het, want later was daar so ’n stormloop dat jy niks meer kon kry nie.

Die waens staan beskut teen die son, wind en reën, gereed vir wanneer hulle die pad moet vat.

DIE ENGELSE IS OP PAD

Die nuus bereik Magdalena vroeg in Augustus.

Sy sit na middagete op die stoep met Leentjie op haar skoot. Leentjie dring aan, haar mamma  moet vir haar stories vertel. Sy dink vinnig aan iets om te vertel en diep stories uit haar eie kinderdae op. Die vier seuns speel met hulle kleiosse onder die koelteboom. ’n Koel windtjie waai oor die plaaswerf. Sy verlang na Johannes en bid vir sy veiligheid. Onrus broei in haar. Sy kyk op in die rigting van die horison en trek haar asem in. In die verte sien sy rook in die lug optrek. Dis in die rigting van die Barnards se plaas. Is die Kakies op pad?

“Here, help ons!” bid sy saggies.

Op daardie oomblik kom Siena uitasem aangehardloop vanaf die groentetuin, ’n op-geskote jongetjie en Sinie kort op haar hakke. Magdalena skat die seun so twaalf jaar oud. Die plaas hoër op, wat aan die Barnards behoort en waar Siena se mense bly, brand!

“Die jongetjie het nou net kom sê, Nooi, die vrouens en kjênners word sleg verniel en geslaan en hulle word net so op die waens gelaai!” huil Siena.

Die seun wat die boodskap gebring het, staan eenkant, asvaal. Siena sak inmekaar. Sinie kyk haar ma met groot oë aan wat op die grond gaan lê. Magdalena hardloop met Leentjie op haar heup die huis in en kom uit met die groen botteltjie vlugsout, sit Leentjie neer, hou die vlugsout onder Siena se neus. Siena snak na haar asem, kom stadig by en kom orent tot op haar knieë. Haar kop hang. Hortend kom die woor-de uit: “Hulle skiet die mans wat nie wil saam nie, of probeer weghard-loop, Nooi.” Siena begin saggies ween en kom stadig regop. “Hulle laai al die vrouens en kjênners! Yoh, yoh yoh!” herhaal sy. Siena teug diep na asem en begin histeries huil, gesig in die hande.

Nôi Froneman, se bloed kook! Dit sal sowaar meer as ’n Kakie vat om haar, haar kinders en volk soos skape in te hok!

“Nooi,” tussendeur die gehuil, “hulle is op pad na Pretoors se plek toe. Nooi, hulle maak skoon agter hulle.” Siena staan gevries en kom eers in beweging toe Magdalena hard praat.

“Stop die gehuil, Siena, en gaan haal julle klere en kooigoed! Ons moet vinnig klaarmaak en wegkom.”

Siena skarrel weg met Sinie op haar hakke.

Die vier seuns word bewus van die klein drama wat op die voor-stoep afspeel en staan nuuskierig nader. Hulle gaap die vreemde seun aan wat hulle op sy beurt gadeslaan. Sy draai na hulle:

“Manne, dis nou tyd om rêrig te doen waarvoor ons geoefen het. Ons moet van die plaas af padgee voordat die Kakies hier aankom.” Leentjie klou aan haar bene vas, verstaan nie wat aan die gang is nie.

“Sipho, gaan roep vir Simeon. Kabelo, gaan roep jou pa,” beveel Magdalena.

Sy tel Leentjie op en kyk af na haar nege- en sewejarige seuns. “Hannes, Gerrie dis nou tyd  om die waens gereed te kry soos ons ge-oefen het. Vandag is dit nie ’n oefening nie, dis rêrig. Julle ken julle werkies. Kry die hoenders in hulle draadhokke en maak hulle water en kosbakke vol is. Maak al die seilsakke vol water en hang dit aan die agterkant van die waens. Toe, aan die gang is julle!”

Jonas en Kabelo kom aangestap van die melkstal af met twee emmers melk. Hulle stop by die vreemde jong seun en wissel ’n paar woorde.

“Jonas, ons sal die waens dadelik moet regkry. Die Engelse is naby!” roep sy.

“Ho joale, Nooi, ek het die rook gesien. Kabelo en hierdie kind sal my help met dieosse. Hy sê hy wil saam met ons loop. Sy naam is Khopano.” Albei die seuns is so twaalf jaar.

Simeon en Sipho kom uit die rigting van die onderste land aan. Hy en ’n span werkers skoffel en is besig om die onderste land af te rond. Almal se lewens gaan ontwrig word.

“Simeon, die Engelse kom. Julle moet die veekampe oopmaak en die beeste en skape berg se kant toe jaag. Bring vir Lissie, Witlies en ’n jong friesvers en Boela. Keer tien ooie en ’n ram uit. Vang twee jong varke en sit vir hulle harnasse aan, soos ons geoefen het sodat hulle ook kan saamgaan. En Simeon, julle moet wegkruip in die bosse en kyk wat die Engelse doen. Moenie dat hulle julle vang nie.”

“Nooi, laat Thabo saam met jou loop laat hy julle kan help,” bied Simeon sy elfjarige seun se dienste aan.

“Dankie Simeon, dit sal baie help met die vee..”

Magdalena stap die huis binne met haar dogtertjie op die arm. Sy moet nou kophou, daar’s nie tyd vir sentimenteel wees nie. Sy moet die deure van hulle huis agter haar toetrek en fokus op oorlewing, vry van die Engelse. Sy het weke gelede al hul kosbaarhede in twee wakiste verpak – fyn linne, juwele, porselein, boeke, spaargeld, portrette, Johan-nes se klere, haar trourok, die kinders se dooprok, hulle kisklere. Sy het met Jonas en Siena se hulp gate in die groentetuin gegrawe, uitgelê met seile, die wakiste daarin begrawe toegevou met ’n seil en spinasie en beet in die omgedolfde grond geplant.

“Kom, skattebol, kom ons trek jou truitjie en jassie aan. Ons gaan op ’n groot avontuur.”

Met Leentjie al trippelende agter haar aan, kry sy die laaste sakke met klere bymekaar, sit die brode wat sy die oggend gebak het in ’n sak saam met konfyt en botter, droëwors en fyngekapte biltong en haal die suurdeegplantjie van die rak af. Sy vul twee houers met stomende koffie van die stoof af, gooi melk uit die koelkamer in ’n erdekruik en druk die kurkprop styf in, onthou die tonteldoos en vleismeule en haas haar terug kombuis toe.

Gerrie kom die kombuis binne, kyk met beangste oë na haar. “Wat gaan hulle met ons maak, Mamma?” Hy begin saggies huil. Leentjie staan met Poplap, haar lappop, onder die arm en kyk haar boetie groot-oog aan.

“A nee a, grootman, ons het mos mooi geoefen of hoe? Gaan ons toelaat dat ’n spul Kakies ons vang?” Sy vee sy trane met die punt van haar voorskoot af.

“Nee, Mamma,” kom ʼn stamelende antwoord van ’n tranerige rooikop af, “nie maklik nie!” Hy probeer dapper sy trane terug sluk.

“Nou toe, opskud, daar’s nie tyd nie.” Met haar hand op sy skouer, stuur Magdalena hom deur se kant toe. “Gaan help jou broer met die hoenderhokke en om die watersakke aan die wa vas te maak. Gou nou!”

Sy tel die sakke op, trek die deur agter haar toe en stap agterna met Leentjie trippelend aan haar sy. Sy wil nie eers daaraan dink hoe lank sy van die plaas af weg gaan wees nie.

Die twee koeie, ’n vers en ’n bul, tien ooie, ’n ram en twee varke is reeds in die veekampie saamgedrom. Die varke het elk ’n stewige har-nas aan wat dit makliker maak om hulle te beheer. Die seuns is geleer hoe om hulle te vang en Jonas het hulle gewys hoe om van waswater modderpoele te maak. Aan die begin was die seuns vuiler as die varke.

Jonas kom uit die rigting van die skuur met ’n rol bloudraad oor die skouer, sekels en Johannes se gereedskapkas. ’n Mens weet nooit…

Khopano, Kabelo, Sipho en Simeon is reeds besig om die osse in te span. Jonas swaai die gereedskapkas, bloudraad en sekels bo-op die wa, bind dit stewig vas en val dan by die seuns in om hulle met die osse te help.

Magdalena sit die sakke op die agterste wa en maak seker die proviand, medikasie en water is in plek. Sy en Siena sal saam met die kleiner kinders in die wa met die beddegoed en klere ry en beurte maak om die ossewa te dryf. Haar vaardigheid met ’n ossewa sal op die proef gestel word. Sipho en Hannes sal om die beurt hulle touleiers wees

Die meer ervare Kabelo moet sy pa met die voorste wa help.Magdalena sal volg.

Die son trek water. Hulle moet wegkom. Sy buk af en tel Leentjie op die wa. Die twee seuns klouter op die wa, skielik opgewonde oor die avontuur.

“Hannes, help my asseblief met Gerrie en Leentjie. Kry julle warm klere uit die sak. Julle weet hoe koud dit word as die son sak.” Sy praat nog toe Jonas dringend roep:

“Nooi! Die Engelse, hulle lê net daar onder die berg by Snyman se plaas, hulle is naby. Hulle maak die pad toe, ons kan nie meer padlangs loop nie. Ons moet loop! Nou!” neem Jonas bevel oor.

Magdalena se rug verstyf. “Kalm bly, kalm bly.” Sy haal diep asem. “Die Here is my Herder, niks sal ek vrees nie. Al gaan ek deur ‘n dal van dood skadu, U is by my,” prewel sy Psalm 23 saggies.

Sy draai kalm na Jonas. “Watter pad vat ons dan as hulle daar lê, Jonas?”

“Ons loop boslangs Nooi. Kom, Siena, ons loop nou!” skree hy. “Kabelo loop help jou ma om ons kooi goed te bring.” Hy vat die sweep vas terwyl hy bevele gee.

Die jongens skarrel om die laaste goed op die waens te kry. Siena help Sinie in die wa en klim agterna op.

“Siena, haal komberse uit, dit word nou vinnig koud. Gee vir die kinders elkeen n kombers en laat hulle vassit,” beveel Magdalena.

Magdalena besef skielik dat hulle met al hulle geoefen nie beplan het vir die aanjaag van die lewende hawe nie.

“Jonas, hoe maak ons met die koeie en skape?”

“Thabo sal Khopano help met die aanja, Nooi, ek het hom mooi gevorduidelik hy sê hy ken van dáái een.”

Magdalena gaan sit verlig op die voorste bankie, trek haar groen kappie, wat op haar rug hang, oor haar kop en tel die sweep op. Wat ons nou nie het nie, moet maar bly.

“Is jy reg, Sipho?” roep sy na Jonas se jongste seun.

“Wat is ons wagwoord?” skree-vra sy sodat almal haar kan hoor.

“Kalm bly!” kom die koor van voor en agter.

Agter in die wa karring die twee seuns met mekaar.

“A-nee-a, julle! Stop die gestoei daar agter, dis nie nou tyd vir baklei nie!” praat Magdalena die kinders hard aan. “Gerrie, skuif op, ek praat nie weer nie! Sit soos ons geoefen het!” beveel sy kwaai. Hulle ken daardie stemtoon en die stryery bedaar dadelik.

“Waar’s my albasters!” huil Gerrie.

“Jou albasters is in jou kleresak, Gerrie.” Hy kom tot bedaring.

“Wat van die top, Kabelo?” skree Hannes kant langs, “ek draai jou nek om as jy die ding vergeet het.” Die twee van hulle het ’n ewige ge-stryery oor wie die beste kan spin.

“In my sak, man! Khoele e kae?” kom dit van voor af.

“Jonas, is alles reg? Nou laat ons gaan, jy loop voor, jy ken die pad.” Magdalena knoop haar kappie styf vas.

“Kom, Siena! Haal af daai wit doek, waar’s die groene?”

“Masoabi, Nooi, my kop is skoon weggeskrik.” Sy ruil doeke om.

“Sorg dat daai kleintjies vas sit, ons gaan bos langs verby.”

Sy wil vir oulaas terugkyk. “Nee Froneman, moenie terugkyk nie,” spreek sy haarself hard aan en fokus op die osse voor haar.

“Waar is die jongetjies wat die diere aanjaag? Het jy vir hulle verduidelik hulle moet hulle skaars hou, Jonas?”

“Khopano en Thabo, hy verstaan, Nooi, hulle sal by bly, ek het hulle mooi gevorduidelik,” verseker hy haar.

Die son sak. Hulle sal so ver as moontlik moet wegkom. Jonas klap die sweep en die osse kom in beweging met Kabelo as touleier. Magdalena lig die sweep op en klap dit oor die rûe van die osse. Die tweede wa kom stadig in beweging.

As Johannes hulle nou kon sien…

DIE EERSTE SKOF

Magdaleen verwonder haar aan Jonas se vermoë om die waens oor die onmoontlikste oppervlakke te stuur. Soms skommel die volge-laaide wa so gevaarlik sy bid hardop dit moet net nie omslaan nie. Sy is nou afhanklik van hierdie man se kennis en laat hom leiding neem om hulle roete te bepaal.

Genadiglik is dit volmaan en hulle kan van die maanlig gebruik maak om so ver moontlik weg te kom. Dis goed die waens is groen ge-verf. In die maanlig sou wit duidelik wys. Sy kyk om. Siena en die kind-ers lê toegewikkel in komberse en slaap. Sy self het twee komberse om haar gevou as pantser teen die koue. Sy hoef gelukkig nie meer die sweep vas te hou nie en kan vasklou as die wa so geweldig skommel. Sipho, maar net elf jaar oud, toegewikkel in ’n karos, beur dapper voor die osse uit, agter sy pa se wa aan.

“Dis waar ons nou is en hier moet ons deur!” praat sy haarself aan.

Toe sy sien dat Sipho begin struikel, klim sy van die wa af en neem die tou by hom oor. Die uitgeputte Sipho klim op die wa en raak dadelik aan die slaap langs sy ma.

Na wat voel soos ‘n ewigheid van gesukkel oor die ongelyke ter-rein, praat Hannes skielik langs haar. “Hoekom het Mamma my nie wak-ker gemaak nie?” Pa het vir my gesê ek moet na Mamma kyk en Mam-ma help.” Hy neem die leitou uit haar hand.

“Ai, my grootman, dankie. Ek gaan Siena wakker maak om jou te kom help.” Magdalena gee hom ’n drukkie.

Sy klim op die wa en maak Siena wakker. Toe Magdalena se kop die kussing raak, is sy droomland toe. Dit voel of sy net aan die slaap geraak het, toe Siena haar weer wakker maak. Dis haar se beurt. Sy kruip na Sipho en skud hom saggies wakker sodat hy by Hannes kan oorneem.

Twee ure later, trek hulle onder ’n oorhangende rots in. Die klein-tjies bly slaap. Siena maak haar oë oop, en kyk verward rond. “Ho etsahalang?”

“Ons gaan hier kamp vir die dag, Siena. Ons moet Jonas help met die diere,”

antwoord Magdalena, lyfseer en doodmoeg. Die volmaan het al ver op sy pad geloop. Jonas en sy seuns span die osse uit.  Sy en Siena laai ’n paar bondels stoppels af van die eerste wa. Khopano en Thabo het in tussentyd ook opgedaag en die beeste val in by die osse rondom die stoppels Die skape bondel teen mekaar en gaan lê in ’n ooptetjie tussen die bosse. Khopano hak die twee varke aan ’n doringboom vas.

“Nooi, ek gaan takke kap. Die waens moet toe.” Jonas roep die uitgeputte Kabelo, Sipho, Khopano en Thabo nader, en stap met ’n byl bosse toe. Magdalena skud Hannes en Gerrie wakker. Twee paar deur-die slaap oë kyk haar vraend aan.

“Julle moet gaan help takke nader sleep.” Oogvrywend volg die twee Jonas-hulle die bosse in en vir die volgende uur kap Jonas en sleep die seuns takke aan totdat beide waens bedek is.  Sy en Siena  help om ’n kraal vir die diere saam te flans.

“Sorg dat die varke van die gars, lusern en water kry as die ander diere klaar gedrink het. Ons sal nou by Jonas hoor hoe nou verder.”

Jonas vat die twee emmers en verdwyn die bosse in. Hy keer later terug met water en gooi dit in die deurgesnyde vaatjie vir die diere om te drink.

“Die water, hy loop net hier onder,” verduidelik hy aan niemand wat gevra het nie.

Magdalena sny brood en gee vir Jonas en die seuns elk ’n dik sny met ‘n blerts konfyt. Siena skink koffie uit die houers en verdeel dit versigtig tussen hulle – hulle durf nie nou ’n vuurtjie stook om koffie te brou nie.

“Kom ons bid.” Hulle buig hulle hoofde en Magdalena dank die Here vir sy beskerming en vir die brood. Sy pleit dat Hy hierdie pad saam met hulle sal bly loop. Die kinders neem dankbaar die brood en bekertjie koffie, gaan sit langs die kraal en val weg en net daar slaan die vier seuns uitgeput neer, vas aan die slaap met hulle karosse oor hulle koppe getrek. Siena bring nog komberse en gooi dit oor hulle.

Magdalena sien hoedat Hannes probeer om ’n skeur in sy bloed-besmeerde broek, bymekaar te trek.

“Ai, my kind, kom hier! Wat het met jou been gebeur?” vra sy ont-steld.

“Mamma, toe ons die takke uitgesleep het, het ek nie die skerp versplinterde tak gesien nie. Dit het my broekspyp geskeur en my been geskraap. Ek het eers niks gevoel nie, maar nou bloei dit en brand soos die vuur.”

Magdalena gaan dadelik oor tot aksie en behandel die bloeiende skraap op sy been met jodium en verbind dit. Sy sal die broek in die daglig herstel.

Hannes en Gerrie klouter terug in die wa en skuif onder hulle kom-berse in.

“Ek sal kyk na die diere, Nooi. Niemand sal ons sien nie, die takke maak ons mooi toe. Siena sal my help,” sê ’n self moeë Jonas.

“Maak my wakker as die maan tot daar gesak het, Jonas.” Sy be-duie in die verte wat vir haar lyk of dit haar twee uur slaap sal gee.

Maar die slaap ontwyk Magdalena. Sy staan op, klim op ’n rots en staar in die rigting vanwaar hulle gekom het, of altans waar sy dink hulle plaas lê. Sy het probeer kophou met Jonas se gekronkel deur die bos-se, maar het spoedig haar sin vir rigting verloor. Sy weet net volgens die stand van die maan, hulle in ’n oostelike rigting beweeg het, berge toe.

In die verte, op die horison, sien sy drie afsonderlike rooi gloede met rook wolke, ’n aanduiding die vyand gaan meedoënloos voort om hul verskroeideaardebeleid uit te voer. Dis angswekkend. Sy laat haar kop sak. “Hierdeur sal ons ook,” sê sy saggies.

Vasbeslote loop sy terug na die wa, vat ’n kussing en kombers en kruip langs Leentjie in; maak haar oë toe en bid: “Dankie, Vader, vir die mense hier om my. Hou ons veilig in Jesus Naam. Amen.”

Sy gaan al haar kragte nodig hê, want hoe lank die trek sal duur, weet niemand. In haar verbeelding hou sy Johannes styf teen haar vas en sluimer in.

DIE EERSTE OGGEND

Na minder as twee ure se slaap, roep Jonas na Magdalena om haar wakker te maak. Die maan is besig om te sak in die weste. Die son sal eers oor ’n uur agter die berge opkom. Die vier seuns is nog vas aan die slaap – koppe toe onder die karosse. Die koeie en osse lê en herkou in die kraal, die skape knibbel rustig in die donker aan die lappie droë winter gras tussen die bosse en die kranse. Die varke is reeds besig om in die grond te grawe onder die boom, op soek na wortels.

“Nooi, ek gaan rus. Siena sal jou help kyk. Ons kan nog nie vuur-maak nie. Die vyand sal ons vuur in die donker sien.” Met dié kry Jonas beddegoed op die wa en bondel homself toe onder sy wa en binne min-ute is hy aan die slaap.

Magdalena en Siena sit stil langs mekaar op ’n omgevalle boom-stomp, elke vrou met haar eie gedagtes besig.

Toe die son sy kop uitsteek, begin die vier kinders op die wa roer, Leentjie gaan aan die huil. Sy word in ’n vreemde plek wakker en haar ma is nie by haar nie. Magdalena haas haar na die wa. Hulle sal die kinders moet stil hou. Hoe op die aarde gaan sy dit regkry? Sy tel Leen-tjie op en hou die slaapwarm lyfie vir ’n oomblik styf teen haar vas.

“Môre kêrels, Sinie,” groet sy die drie groter kinders.

“Onthou, hier word nie geskree nie. Ons wil nie hê die Engelse moet weet waar ons is nie. Dis soos wegkruipertjie speel. As julle klaar ’n draai geloop het, moet julle droë hout bymekaar maak vir ’n vuurtjie. Saggies by Jonas se wa, hy slaap nog. Hy het die hele nag hard gewerk.” Sy neem Leentjie en Sinie om ook ’n draaitjie te gaan loop agter ’n digte bos.

Die kinders kom terug met arms vol droë hout. Siena pak ’n vuur-tjie aan. Die driepootpot staan gereed gevul met water uit die seilsakke. Die sakke sal spoedig hervul moet word. Toe die houte goed vlam gevat het, sit Siena die driepootpot op die vuur. Sy vul die koffiesak met koffie-moer en plaas dit in die koffiekan, gereed vir wanneer die water kook.

Die kinders drom saam om die vuurtjie, ’n pantser teen die og-gendkoue.

“Hannes, kom hier, ek wil na daai skraap op jou been kyk.” Sy maak dit weer skoon en draai dit toe met ’n skoon verband. Sy sal die vuil verband later was, niks kan wegegooi word nie,

Magdalena sny die laaste brood op in dik snye. Totdat sy ’n kans kry om potbrode te bak, sal hulle pap moet eet.

“Hannes, gaan roep vir Kabelo-hulle, hulle moet kom eet.” Die vier seuns volg Hannes gaap-gaap na die vuurtjie. Die kring om die vuur raak wyer en hulle strek hulle hande uit na die vuur om te deel in die hit-te daarvan. Sy gee vir elke kind ’n sny brood en droë wors wat hulle gul-sig eet.

“Khopano, kan jy koeie melk?”

“Ho joalo, Nooi,” antwoord Khopano

“Dan moet jy my help om Lissie en Witlies te melk. Julle ander moet die osse en skape net in die paadtjie deur die bosse na die stroompie hieronder vat sodat hulle kan drink. As hulle klaar gedrink het, bring hulle terug die selfde pad terug en laat hulle hier naby die kampplek al langs die bosse wei sodat niemand hulle kan sien nie. Han-nes, vat jy die varke water toe. Gerrie, vat ’n emmer en gaan saam met jou broer sodat julle die varke kan natgooi en vir hulle ‘n modderbad maak. Moenie geraas maak nie, ek wil julle nie hoor nie. Khopano, sal Lissie en Witlies water toe bring as ons klaar gemelk het. Thabo, sal na die vers en die bul kyk en sorg dat hulle nie koers kry nie. Moenie te lank wegbly nie. Hannes, gee die hoenders kos en water voordat julle loop.”

“Siena, sal jy asseblief  vir ons pap maak sodra die water gekook het?”

“Khopano, bring vir Lissie en Witlies en maak hulle aan daardie boom vas.” Sy beduie na ’n stewige swart karee.

“Sinie, bring jy die emmers. Kom Leentjie, ons twee gaan kry gou lusern vir die koeie en die kampstoeltjies.”

Die koeie staan rustig aan die lusern en kou terwyl die spantoue om hulle agterbene vasgemaak word. Magdalena gaan sit op die kampstoeltjie, kry die emmer in posisie en knyp dit tussen haar die knieë vas, kop teen Lissie se romp en begin met geoefende ritmiese be-wegings melk. “Here, waar sal ons hulp vandaan kom? Van U alleen.”

Sinie en Leentjie versamel klippies in hulle opgebondelde rokke. Magdalena is dankbaar vir Sinie wat haar oor Leentjie ontferm het. Die twee gaan sit in ’n sonkolletjie en speel klippie-klippie. Leentjie hou Sinie dop wat vaardig ’n klippie uit die gaatjie vol klippies gryp, in die lug gooi en ’n tweede ene gryp voordat die een in die lug die grond tref. Leentjie probeer met lomp tweejarige handjies dit nadoen, met weinig sukses. Sy gryp twee handjies vol klippies, strek haar armpies voor haar uit en laat val die klippies grond toe. Spoedig lê die sonkolletjie bestrooi met klippies. Siena is doenig by die vuur, besig om die pap deur te roer.

Tienuur se koers kom die seuns met die vee terug. Jonas word steun-steun wakker. Siena skep vir hom ‘n bord pap met ’n skeppie tamatiebredie aan die kant en ’n hopie fyngekapte biltong. Die res van die geselskap kry hulle porsie pap en ’n beker melk.

Jonas het skaars klaar geëet, of hy spring op en begin almal orga-niseer. “Julle bashanyana moet naby bly.” Hy wys streng na die seuns se kant toe.

“Help Khopano-hulle met die diere, hulle moet nie koers vat nie. Ek donner vir julle. Sipho en Gerrie, vat takke en vee oor ons spore. Siena, kyk na die banana, sodat die nooi kan slaap. Ons moet vannag verder loop terwyl die maan ons kan help. Nooi, ek gaan kyk wat ek kan sien, maak sommer die watersakke ook vol, die water is gesond. Ek sal agter die bome loop sodat niemand my kan sien nie.

“Khopano, gooi sand op die vuur en moenie baie rook maak nie. Hannes en Gerrie, as julle klaar is, moet julle by die diere bly. Khopano, jy Sipho, Kabelo en Thabo moet slaap tot so vieruur, dan sal ma Siena julle wakker maak. Ons moet in die nag loop. Ek gaan rivier toe.” Met dié verdwyn hy die bosse in.

Die seuns verstaan maar alte goed van Jonas en sy riem en gou word alles opgeruim. Hulle vat takke en vee hulle spore dood, die hoen-ders kry water en ’n emmertjie gebreekte mielies, die vloere van die hokke word uitgetrek sodat die hoenders kan skrop.

“Heng, hier’s eiers!” skree Gerrie in ’n fluister stem, onthou betyds dat hulle nie ’n lawaai mag maak nie. Versigtig haal hy die twee eiers uit.

Magdalena klim op haar wa en rol haar dankbaar toe in haar kom-berse; laat sak haar kop op die kussing en raak aan die slaap. Met al die diere bymekaar en Hannes en Gerrie as veewagters, maak die ander vier seuns hulle onder hulle karosse tuis op die voorste wa en is kort voor lank vas aan die slaap.

NUUS UIT DIE KONSENTRASIEKAMPE

So begin hulle vlug snags tussen die koppe van Marquard en die oop vlaktes van die Oranje Vrystaat. Hulle dae en nagte word omgeruil. Hulle vorder goed elke nag in die maanskyn en kon die eerste drie nag-te die afstand tussen hulle en die Kakies aansienlik vergroot, maar vor-der baie stadiger toe die maan begin kwyn.

Jonas knyp elke dag ’n paar ure af om te gaan verspied en nuus in te samel.

Hy sê nooit waar hy sy inligting vandaan kry nie. Hy kom terug met nuus van die Winburg kamp – die ene naaste aan hulle plaas. Hoe meer sy hoor oor wat die Engelse aanvang en oor die haglike toestande in die kamp, hoe meer tel sy haar seëninge en is sy oortuig sy het die regte besluit geneem, ondanks hulle ontberinge.

“Nooi, ons moet voorbly. Die sê-goed hy loop sleg, ons moet voorbly!”

Saans bid hulle vir die moeders wat hul kinders verloor en in die vreemde moet begrawe – soms meer as een op ʼn dag, volgens Jonas se bronne. Sy hoor hoe die vrouens en meisies verkrag word, of soos Jonas dit uitdruk:

“Mee gemors,” word. “Hulle huil baie daar in die kampe, die men-se is honger,” vertel Jonas.

“Here, U sê ons moet ons vyande vergewe, maar dis vir my bitter swaar. Sien U raak wat hulle met ons mense aanvang? Sal U hierdie onskuldige bloed wreek soos wat U in U Woord belowe?” Magdalena voel hoe die bitterheid haar bekruip.

“Hier loop ander waens ook, Nooi, ander mense wat ook vlug. Moet ons saam met hulle loop?” bring Jonas se stem haar terug na die werklikheid.

Sy wou van die begin af nie saam met ander gesinne trek nie. Die vernaamste rede is groter groepe kan maklik aandag trek. Dan is daar ook dinge soos kos en medikasie wat in ag geneem moet word. Verder het sy gedink ander sou nie gediend wees om onder Jonas, ’n swart-man, se leiding die Engelse te probeer ontwyk nie. Hulle lewens hang nou van Jonas se kennis en leiding af. So, as Jonas sê stop, stop hulle en as hy sê ry, ry hulle. Sy vertrou sy kennis van die veld in hierdie deel van die wêreld volkome.

Magdalena sê ferm, “Ons hou ons mense bymekaar Jonas, ons weet nie wat vorentoe wag nie.”

Magdalena Maartens, nȏi Froneman, belowe haarself, solank as wat sy asem het, sy met krag van Bo, dit wat hare is, met haar lewe sal beskerm.

JONAS

Jonas, haar spoorsnyer, hou sy oor op die grond en hou haar op hoogte van wat oral aangaan en waar die Kakies is. Soos  skimme be-weeg sy en haar mense tussen die koppe en oor die vlaktes. Die Kakies weet van hulle. Hulle frustreer die Kakies en ontwyk hulle telkens, party-maal met net ’n haarbreedte danksy Jonas se flink optrede.

Soms verwonder sy haar oor hoe Jonas, flink soos ’n duiker, oor die klippe kan beweeg, voor jou oë verdwyn soos mis voor die son; te-rugkom en presies weet of dit veilig is om te trek of te bly, Kabelo stry nie. Op sy pa se bevel:-neem leiding, so sonder enige teë-stribbeling. Elke keer as Jonas in die bosse verdwyn staan hy vas totdat sy pa terugkom.

VOORTVLUGTEND

Hulle is nou al ’n paar weke aan die rondbeweeg. Daar is nog geen tyding van die oorlog se einde nie. Magdalena besef hulle sal versigtig moet werk met hulle kos voorrade en soveel as moontlik van die veld af moet leef. Gelukkig is dit oor ’n paar weke somer dan is daar weer genoeg weiding vir die diere en hulle kan nuwe kosvoorrade op-gaar vir ingeval hulle nog ’n winter in die veld moet oorleef. Intussen moet die diere met die winterweiding tevrede wees. Hulle kondisie gaan egter vinnig agteruit.

Magdalena hou die paar sakke lusern uit vir die melkery twee maal per dag. Lissie en Witlies word goed versorg. Solank die koeie melk gee, is hulle darem verseker van melk saam met die pap en koffie. Die een vark is geslag. Die vet is in stukkies gesny en uitgebraai tot kaiings. Die skoon vet is gebruik om van die vleis in te lê. Selfs seep is, kan van die vet gekook word sou dit nodig wees. Die ander sog oorleef van afvalkos en wortels wat sy uitdolwe.

Magdalena waak oor die hoenders wat hulle van eiers voorsien. Sy moedig die seuns aan om eerder duiwe met hulle ketties te skiet waarvan sy duiwesop kook.

Die lente kom en gaan. As Jonas dit veilig genoeg ag, trek hulle bedags en Sinie en Leentjie huppel langs die waens en pluk veldb-lomme. Die reënseisoen het aangebreek. Die diere verlustig hulle in die varsgroen gras. Hulle kondisie verbeter vinnig na die aanvanklike eerste koue winter weke se getrek al langs die bosse en oor strooidroë gras-velde.

Hewige reënbuie noop hulle om skuiling te soek. Hulle trek so diep moontlik onder die bome of oorhangende rotse in. Die temperatuur daal van die aanhoudende reën. Hulle kruip diep onder hulle komberse in, onder die seilkappe van die waens om die ergste reën te probeer ontsnap – met redelike sukses.

Die mieliestoppels is opgevreet. Jonas laat die seuns vroeg saans die ryp somergras met sekels sny onder die dekking van die skemer. Die waens word uitgelê met lae gras wat as voer moet dien tydens die winter wat voorlê.

Magdalena kom agter dat Jonas hulle in ’n suidoostelike rigting, Ficksburg se kant toe, stuur waar die deurgangsroete na Basoetoland is. Dis ’n Britse kroonkolonie. Sal hulle veilig wees daar? Hulle sal wyd om die dorp moet beweeg. Hulle kan nie die kans waag om gesien te word nie.

Die Lennon botteltjies sak ook vinnig. Dit raak al moeiliker om kruie te soek, want hulle moet versigtig wees om nie gesien te word nie. Dis meestal Jonas wat dit bymekaar maak. Hy weet hoe om ongesiens rond te beweeg. Waar die kruie op hul beste groei, is die plekke waar jy die maklikste betrap kan word. Een gesin is glo so gevang. Hulle wa is gevat en hulle is afgevoer na ’n kamp. Sy wonder wie dit was?

Hulle gebruik alles spaarsamig. ’n Skaap word geslag slegs wan-neer absoluut nodig. Hier kom die sak growwe sout handig te pas. Alle vleis word ingesout en opgehang om solank moontlik te hou. Dan eet hulle eers weer droëbone en groente, waarvan hulle darem heelwat het.

VASBERADE OM TE OORLEEF

Magdalena is dankbaar as hulle ’n paar dae op een plek kan deur-bring. Hierdie lang uitspannings was kosbare geleenthede om te rus ter-wyl die diere ook weer rustig kon wei. Daar is nog geen teken van ‘n einde aan hierdie bitter oorlog nie.

Hulle het gedurende die somer probeer om van die veld af te leef sodat die grane en gedroogte kos langer kon hou. Jonas en Siena het ywerig veldkos en kruie bymekaar gemaak. Hulle weet waar om te soek en wat om te soek. Hulle het bessies gepluk sover hulle beweeg, eers aan alles geproe voordat die kinders daarvan mag ëet. Hulle het ’n wye kennis van kruie en eetbare wortels en plante uit die bosse.

Hulle skep water uit vinnig vloeiende stroompies waarvan daar heelwat in die hooglande van die Oranje Vrystaat is. Jonas laat die kin-ders die watervaatjie gereeld vol maak. Soms is hulle aangewese op modderige water, wat deur ’n linnedoek gefiltreer word en vir veiligheid gekook word. Hulle kan nie bekostig om siek te word as gevolg van be-soedelde water nie.

HOU AAN BEWEEG

Jonas dryf die trektog. Die osse kry swaar. Die terrein waar hulle moet oor en deur is skaars gangbaar. Kos raak skaarser vir mens en dier.

Dit was twee dae gelede volmaan. Hulle trek nou al vier nagte na-mekaar om van die maanskyn gebruik te maak. Die kwynende maan het nog ’n hele ent om te gaan voor sonsopkoms. Jonas bring die trek tot stilstand. Siena sak uitgeput op die gras neer.

Magdalena word wakker met Leentjie se warm lyfie langs haar. Sy kom orent, vou die komberse styf om Leentjie se lyfie en klim van die wa af. Sy sien Siena ineengedoke in die gras sit; stap na haar en vat aan haar skouer. Siena kyk vervaard op.

“Yoh!”

“Gaan rus op die wa, Siena, ek sal die osse lei.”

Jonas keer haar. “Die diere moet eers rus, Nooi. Ek gaan ook rus. Khopano, maak die sog vas en laat die beeste en skape rus. Moenie hulle te ver laat loop nie.”

Magdalena is nou helder wakker. Sy klouter teen ’n rots uit, pro-beer in die verte kyk of sy nie ‘n beskutte kampeerplek by water sien nie, dalk ’n grot wat skuiling kan bied teen die koue. Sy het weke laas enige teken van brande gesien. Dit laat haar dink hulle beweeg uit die bewoonde areas.

Magdalena sug. As haar inskrywings reg is, is dit nou einde April. Dis herfs en nog ’n winter lê voor. Sy probeer gereeld iets oor elke dag se doen en late neerskryf sodat sy hierdie deel van hulle lewe met Johannes kan deel wanneer hulle almal weer bymekaar is.

Jonas dryf hulle deur die onmoontlikste plekke. Hulle beweeg al langs die bosse aan die voet van die heuwels en bly so ver as moontlik ongesiens naby bergstroompies – tot hiertoe suksesvol. Pen sy neer.

In ’n stadium hoor hulle geweerskote in die verte. Jonas gaan op ’n verspiedingstog en kom terug met die nuus hulle is nou in die omge-wing van Fouriesburg. Hy konnie agterkom wat die bron van die skietery was nie.

“Hier naby is ’n kloof met baie grotte. Ons moet daar gaan staan vir die winter,” sluit hy sy verslag af. Magdalena los die besluit in sy se hande.

Hoe Jonas dit uithou, sal net hy weet. Hy snuif wel, maar sy snuif moet teen hierdie tyd lankal op wees. Hy moes sy rokery staak, want dit kan ver geruik word. Dalk is daar iets uit die veld wat hy gebruik as snuif.

Almal is moeg. Hulle sal moet rus by die eerste stroom waarop hulle afkom dink Magdalena. Die osse werk hard en het rus nodig. Die Vader alleen weet syself is tot die dood toe moeg. Sy het al ’n paar skoene deurgeloop. Haar voete is seer en vol blase. Sy behandel dit vroeg soggens met urine, smeer kruie aan en verbind dit stewig met linneverbande. Selfs Siena se geharde voete, begin blase vorm en moet gedokter word.

Na ’n paar seer voete en moedelose gesukkel, dink sy eers daar-aan om vir hulle binnesole uit gebreide skaapvel te gesny. Dit bring  groot verligting. Siena is net so dankbaar want sy is nou ’n vol-waardige lid van die toulei span. Kabelo, Sipho en Hannes help om die beurt om die harde werk te doen, Gerrie draf so ent, ent saam sy boetie hou ook kamma die tou vas tot hy moeg word. Sy sal beslis na hulle skoene ook moet kyk waar ookal hulle stop.

“Ag Here, laat ons asseblief tog ’n plek kry om te stop,” bid sy.

Saans, kry die kinders elkeen ’n beurt om te bid. Sy kan nie help om ’n traan weg te pink nie, want elke aand bid hulle dieselfde rympie: “Liewe Jesus, moenie lat die Kakies ons kry nie, en moenie lat hulle Pappa doodskiet nie.” Net so terloops: “Dankie vir die kos ôk. Amen.”

Jonas kom na haar toe aangestap. Sy klouter van die rots af.

“Ons sal nou verder loop, Nooi. Ek weet van ’n plek waar ons kan uitspan – so ’n uur se loop van hier af. Hy is naby die groot grot en daar loop goeie water.”

Jonas stap die veld in na Khopano, Thabo en die vee, silhoeëtte teen die rantjie. Hy waag dit nie om vir hulle te fluit of skree nie. Magdalena klim op die wa. Almal is nog vas aan die slaap, Siena in-kluis. Sy sal haar belofte gestand moet doen en die voortou neem. Sy

klim af en stap na die voorste twee osse wat rustig lê en herkou.

SIEK KINDERS

Hulle bereik ’n uitspanplek in die oggendskemer. Daar is ’n grote-rige grot. Die waens word voor die bek van die grot getrek en toegepak met takke. Hulle sal so lank as wat dit veilig is hier vertoef.

Die weer raak trietsig. Daar’s ’n nat mistigheid wat die hulle dae lank toevou. Dis genoeg om enigeen mistroostig te stem. Die kinders is ingehok en baklei onder mekaar.

Sinie kry eerste griep. Die een na die ander steek die kinders mekaar aan en begin snuif en hoes. Die kieme vlieg letterlik rond in die beknopte ruimte waarin die weer hulle vaskeer. Magdalena sou wat wou gee as die kinders veld toe kon gaan om vars lug in te asem, maar hulle sit nou vasgekeer in die grot en waens. Sy rol al wat ’n klap is op, maar daar trek ’n ysige luggie deur die wa en sy laat sak die klappe weer. Jonas maan almal tot stilte en hulle hoes in hulle beddegoed om die klank te demp. Desperaat skud Magdalena haar kop. Hoe hou ’n mens die rou gehoes onder beheer?

Sy kyk bekommerd na die siek kinders wat rusteloos lê en slaap op die oorblywende stronkmatrasse, toegevou onder karosse en komberse. Hoesbuie oorval hulle van tyd tot tyd. Hulle is koorsig. Sy spons hulle geswete voorkoppe af met ’n nat linnedoek; tel Leentjie op en gaan sit op een van die kampstoeltjies met haar slap lyfie op haar skoot en streel sag deur haar natgeswete haartjies.

“Here, help ons,” pleit sy vir genade. Hoe lank sal dit aanhou? Die winter lê voor. Sal hulle kosvoorrade hou?

Sy versorg die siek kinders met kruie en Lennon se druppels. Leentjie is nou so siek dat sy haar nie ’n oomblik alleen wil los nie. Sy kannie meer help met die kosmakery nie. Siena neem oor. Dis nou net die twee getroue mense wat die diere versorg, koeie melk, hout en water aandra en kos maak.

Die weer klaar uiteindelik op. Die son skyn en Jonas ontdek ’n by-nes onder ’n oorhangende rots en tap vir hulle heuning. Magdalena meng ’n hoesstroop met van die heuning en ’n paar druppels van Lennon se bloekomolie. Sy sien hoe die hand van die Here in hulle nood voorsien. Elke keer as die ergste hulle tref, is daar een of ander uitkoms. Die heuning is ook ’n baie goeie wondmiddel. Siena dokter die skraap aan haar been en dit genees binne ’n paar dae.

Hulle kampeer nou al twee weke in die grot. Die snuiwery en hoestery bedaar effe en die kinders raak weer energiek. Jonas laat hulle toe om naby die bosse te speel. Hulle moet ook sorg dat die vee nie koers kry nie. Net Leentjie bly siek. Hoesbuie skeur uit haar borskassie.

DIE KAKIES IS NABY

Een oggend gryp Jonas die sog en maak haar onder ’n digte bos vas. Hy is pas terug van een van sy verspiedingstogte.

“Die Engelse, hy is in die kloof se bek. Hy soek die mense wat die Boere help. Ons moet nou soos die bos word lat hulle ons nie sien of hoor nie,” verduidelik hy in ’n gedempte toon.

Hy gee bevele aan Khopano en Thabo om die diere dieper die kloof in te neem en om daar te bly totdat hy hulle kom haal. Lissie bly sodat hulle melk het. Khopano en Thabo vertrek elk met twee karosse oor hulle skouers, ketties, Jonas se tonteldoos, ’n sakkie mieliemeel, ’n kastrolletjie en ’n melkemmer, die osse, skape, Witlies, die vers en bul.

Jonas rammel instruksies aan die twee seuns af. Uit haar karige kennis van Sesotho, lei Magdalena af dat hulle ernstig gemaan word om buite sig te bly.

Voor die grot bedek hulle die waens inderhaas met ’n laag vars gekapte takke sodat dit met die omgewing bly saamsmelt.

Hulle is redelik ingerig in die grot. Die strooimatrasse is agter in die grot op karosse wat die ergste koue van die grot vloer afkeer; die kookarea is in die grotopening waens voor.

“Ons maak nie nou vuur nie, Nooi, ons moet nou skaars bly,” sê Jonas

Dis bedompig en koud, daar’s nie beweegruimte nie. Die seuns speel bedags met hulle dolosse in die grot of hou topspin kompetisies. Hulle het nou al geoefen om hul entoesiasme te mimiek, eerder as om luidrugtig daaraan uiting te gee. Kabelo en Hannes voer hulle oggend roetine gedemp uit; sluip wakend deur die bosse om die watervoorraad aan te vul, die hoenders en vark te versorg en altyd hulle spore agter hulle dood te vee.

Hulle kan nie wynruit, bugu of enige nodige kruie soek nie, dit is net te gevaarlik! Die Engelse is die hele wêreld vol, vir dae aanmekaar. Dit lyk of die Kakies elke klip omkeer opsoek na ’n Boer. Dit duur een hele helse lang week. Hulle hoor die Kakies, maar sien hulle nie.

Die inperking kom tot ’n einde toe Jonas een oggend van ’n verspiedingstog terugkeer met die berig dat die Kakies uit die kloof is. Hy het sommer op sy terugtog vir Khopano-hulle gaan sê om terug te kom met die vee.

LEENTJIE!

Leentjie eet nie en haar liggaampie raak by die dag swakker.

Magdalena word oorweldig deur vrees, nie oor die gevaar daar buite nie. Nee! Sy vrees nou vir Leentjie se welstand. Haar baba-dogtertjie word nie beter nie, haar liefling verswak tot ’n patetiese bondeltjie. Sy sit feitlik heeldag met Leentjie op haar skoot en probeer haar uiterste bes om haar gehoes te kalmeer. Sy spons die koorsige liggaampie af, tevergeefs. Leentjie se asemhaling word al hoe vlakker. Haar bors beweeg skaars.

Sy probeer ’n teelepel heuning met ’n druppel bloekomolie daarin vir haar ingee, maar ag, Vader, dit loop net langs haar kennetjie af. Die liggaampie word slap in haar arms en die koppie val agteroor. Magdalena druk die slap lyfie styf teen haar vas, gesig in die nekkie, skouers rukkend, beur die verdriet uit haar lyf in ’n kreet gevolg deur ’n stortvloed trane.

Haar Leentjie is weg! Niks onder Gods son wat sy probeer het, wou werk nie! Sy weet sy het die stryd verloor!

“Mamma, hoekom is Leentjie so stil?” Die twee seuns, gewek deur hulle ma se smartkreet, kom van hulle lêplekke af nader gekruip. Deur ’n tranegordyn kyk sy hulle aan.

“Sy’s weg, Hannes, Gerrie, sy’s dood.” Verwese steek elke seun ’n hand uit na hul sussie se liggaampie, streel oor haar hare en lyfie en begin saggies ween.

Siena en Jonas kom gelyk die grot binne. Siena omhels ma en kindjie en huil net so hard saam.

“Wat nou Mamma?” wil Hannes verward weet.

“Kom, kom ons los eers vir Mamma, bashanyana.” Siena neem die kinders ‘n entjie weg. “Kom ons bid die liewen Here gee Mamma nou baie krag en vir julle bashanyana,” sy hou hulle moederlik vas. “Leentjie, hy’s nou annerkant toe. Yoh, yoh, yoh.” Sy skud haar kop heen en weer. Die geween laat Jonas suutjies naderkom. Hy sit sy hande op die kinders se rukkende skouers en probeer hulle in ’n fluisterstem kalmeer.

“Thola, Hannes, Gerrie, thola.” Die kinders kom snikkend tot be-daring. “Die liewen Heer Hy sal mooi kyk, thola.” Jonas troos die twee seuns wat verwese na hom kyk en hy hou hulle ’n oomblik was.

Die ander kinders kom sit saam met Siena en die twee seuns in ’n halfmaan om die kamp stoeltjie waarop Magdalena sit, toegevou in hulle komberse en karosse, koponderstebo. Stil sit hulle en ween, bid en hou ’n nagwaak vir Leentjie.

Later deel Jonas opdragte uit aan Siena en die ander kinders en almal verdwyn na buite. Dan draai hy na Magdalena wat wiegend met Leentjie se liggaampie in haar arms sit.

“Nooi, sy’s weg. Kom, maak haar mooi toe met die lappe wat Siena gebring het. Ek sal haar gaan bêre waar ek hom weer sal kry, ek kom haal hom as ons terug is by die plaas. Hoe praat Nooi se hart? Sal hy ons kjênd, wat na die voorvaders gegaan het, vir Jonas gee?”

Sy lig haar traan besmeerde gesig na Jonas. “Laat ek haar nog net ’n rukkie vashou, Jonas.” Eerbiedig draai Jonas om en laat die weënede moeder alleen met haar smart.

Versigtig lê Magdalena die liggaampie op een van die matrasse neer. Sy vat die laaste bietjie kruie wat daar is, meng dit in ’n pasta en balsem die liggaampie daarmee terwyl sy Psalm 23 deur haar trane neurie. Dan draai sy die klein lyfie styf toe in linne. Sy stap na buite met die bondeltjie in haar arms.

Jonas laat Magdalena die liggaampie op sy rug vasmaak. Hannes, Gerrie, Siena en haar drie kinders staan verwese by. Met die belofte:-hy sal haar in ’n koel grot gaan bêre waarvan net hy en die voorvaders sal weet, sluip hy weg. Magdalena sak op haar knieë neer, gesig in haar hande, skouers rukkend. Die twee seuns kom staan styf teen haar en sit hulle arms om haar.

“Hou hulle veilig Vader, in Jesus naam. Amen.”

Dis sterk skemer toe Jonas teruggestap kom.

“Sy’s mooi toe, Nooi, niks en niemand sal hom daar kry nie.” Met sy hoed op sy bors, troos hy die stukkende vrou. “Ek sal hom weer kom haal, Nooi,” verseker hy haar. “Ons sal hom op die plaas onder die ou Peperboom gaan bêre.”

En Magdalena, wat die pad sover met hierdie man gestap het, glo hom.

TEENSPOED MET ’N WA

Sy dwing haarself om tot aksie oor te gaan – haar mense het haar nodig. Sy help kos maak maar het self geen eetlus nie. Sy weet sy moet aan die gang bly en wurg tog ’n paar happe pap af.

“Ons moet nóú skuif, Nooi! Maar moet skaars bly! Die Engelse, hulle is al weer in die kloof!” dring Jonas se stem tot Magdalena deur waar sy in ’n bondeltjie sit en die niet in staar. “Ons gaan net hoër op, daar’s bietjie son.”

Hulle het skaars begin beweeg of die wa se disselboom breek af by die koppeling met die draaias, tang morsaf en hout versplinter. Die seuns help om die osse uit te span en Khopano en Thabo laat hulle naby die bome buite sig wei. Die ander seuns help om die gebreekte disselboom los te maak en na ’n gesukkel sleep hulle dit uiteindelik onder die wa uit. Jonas tree die lengte af en verdwyn die bos in, byl in die hand. Na ’n tyd kom hy terug met ’n jong boomstomp, so ses duim in deursnee. Hy het dit reeds gestroop van sytakke. Dit is redelik reguit danksy die ruigte waarin dit al agter die sonlig aan opgegroei het.

Vir die volgende twee dae meet en pas hy dit teen die stukkende disselboom en gebruik die byl, saag en bytel om die nodige aan-passings te maak sodat dit tussen die twee asse gemonteer kan word. Tevrede dit sal die werk kan doen, boor hy uiteindelik die nodige gate en maak die disselboom tussen die twee asse met bloudraad vas. Hy kruip onder die wa uit en kom stadig orent. Dis goed hy het die ge-reedskapkas saamgebring.

“Mosebetsi o motle, Ntate!” kom dit van Kabelo met ’n tikkie be-wondering. Die seuns gesels opgewonde onder mekaar oor die wa wat hulle help regmaak het.

“Thola!” maan Jonas die seuns tot stilte. “Ons weet nie waar die Kakies nou is nie. Hannes, gaan drink goed vir die hoes by jou ma se wa. Maak reg vir ry as ek terugkom. Ek gaan kyk waar die Kakies lê. Kabelo laat die Nooi na daai arm kyk. Khopano, Thabo, kyk na die diere. Laat hulle naby die bosse wei. Moenie dat iemand vir julle sien nie.”

Die kinders is flenters gekrap. Die dae se gesukkel tussen die takskerms het sy tol geëis. Die jodium is byna klaar van al die wonde wat ontsmet moes word. Almal is dankbaar die wa is weer reg en daar kan weer getrek word.

Magdalena, toegevou in ’n kombers, kom uit om te kyk wat aan-gaan. Jonas lig haar in die wa is weer reg maar hy moet eers gaan kyk waar die Engelse is.

“Thola!” waarsku hy die kinders weereens voordat hy die pad vat.

Magdalena klim traag terug in die wa. Sy kyk afwesig na die to-neel voor haar. Siena is besig om pap te maak in die klein ruimte tussen die grot en die wa, wat as hulle kombuis gedien het die afgelope paar weke. Vir Magdalena was dit weke van rou, van diep asemhaal, bid en roep om vertroosting.

Hannes, Gerrie en Sipho speel met dolosse half verskuil onder die wa, Sinie, met Poplap op haar rug vasgemaak, vee die kombuis area met ’n bossiebesem skoon.

Magdaleen gaan lê op haar gesig voor in die wa en smeek haar hart uit, haar moed en krag is laag, haar hart aan flarde.

’n Dag en nag gaan verby voordat Jonas terugkeer van sy soek-tog vir ’n veilige roete. Hy weet nou watter koers is veilig om in te slaan.

HOE LANK NOG?

Die klippe en slote eis hulle tol op die osse se pote soos wat hulle bergop trek.

Drie van die skape wat hulle saamgebring het, is al geslag. Die seuns klits soms ’n duif met ’n kettie, of vang ʼn haas, ’n tarentaal of das-sie in ’n wip. Magdalena brou sop van wat hulle ook al aandra en dit sorg vir ’n bietjie variasie in hulle dieet wat op hierdie stadium hoof-saaklik uit pap en melk bestaan en af en toe eiers.

Jonas het op ’n keer ’n duiker neergevel met sy spies. Hulle het biltong van die vleis gemaak. Die pens, derms, kop en pote is gekrap, geskrop en gekook. Saam met pap, was dit ‘n heerlike aandete en die volgende oggend, ontbyt.

Khopano en Thabo het deel van die familie geword en help steeds met die diere. Al twee se stem het intussen gebreek en hulle is effens selfbewus oor hulle stemme wat hul eie koers kies tussen hoog en laag tot vermaak van die ander. Die tyding bereik Jonas, die Kakies maak nou ook die swartmense bymekaar en hok hulle saam in kampe.

Jonas praat lank saam met die twee jong mans Khopano en Thabo, en saam besluit hulle dis beter om te bly totdat dit veilig is om terug te gaan, om na hulle mense te gaan soek.

Jonas bring een aand weer ’n tarentaal wat in ’n wip gevang is want Magdalena weier dat hulle die hoenders slag. Die eiers is ’n te kosbare voedingsbron. Dit neem nogal ’n tydjie om die taai tarentaal-vleis sag te kook en te dokter met kruie om die wilde smaak te ver-doesel, sodat hulle dit saam met stampmielies kan eet.

Dit word Khopano en Thabo se werk om die koeie twee maal per dag te melk. Die melk was nodig om hulle gevoed te hou. Hulle kan dit vars drink, suurmelk of dikmelk maak. Die dikmelk kan kaas word en hulle kan selfs van tyd tot tyd botter karring as hulle twee of drie dae se room van die melk in die emmer afskep. As hulle genoeg eiers byme-kaar kan maak, roerbraai Magdalena dit vir hulle in botter met ’n bietjie melk daarby.

Die twee koeie, bul en swaardragtige vers, sog en ses skape is nog oor. Hulle het een van die skape in die veld verloor, maar gaan soek was nie ’n opsie nie. As hy weg is, is hy weg.

Daar is nog geen gerugte dat die oorlog verby is nie.

“Hoe lank nog Here, hoe lank nog?” bid Magdalena terwyl sy langs die wa stap. Die kinders is maer en gedaan. Sy laat hulle soveel as moontlik rus. In hierdie woestyntyd van hulle lewe weet sy die Here behoed en bewaar hulle, want hoe anders het hulle tot hier ge-kom?

SO HITTETE

Dis lente. Die veld begin varsgroen grasspriete vertoon en veldblomme steek plek-plek kop uit. Sinie mis haar blommepluk maatjie. Sy huil nog soms oor Leentjie en mis haar, sit eenkant en vleg ’n matjie van grasse soos haar ma haar gewys het.

Die kinders het, Vader dank, nog nie weer siek geword nie. Om hulle stil te hou, bly ’n ewige stryd. Op ’n keer toe klein Sinie verstik, klap Hannes haar so hard op haar ruggie en hy spring vinnig om sy hand voor haar mond te kry om die gil te smoor.

Hulle is nou al weer ’n paar dae aan die beweeg. Magdalena wonder wat Jonas vir die diere vertel, want hy praat gedurig met hulle. Nie een keer het sy gesien hy slaan een van die diere met die sweep nie – hy swiep-swiep dit net so kant langs en hulle gaan links of regs.

Jonas roep die waens skielik tot stilstand. Die dringendheid in sy stem laat almal versteen. Die takke wat vasgemaak is aan die osse se jukke laat hulle na bewegende bome lyk. Takke is ook om die waens vasgemaak. Die kamoeflering is perfek. Jonas wys in die rigting van die stroom. Magdalena loer deur die takke waaragter sy skuil en sien hulle, die Kakies ry stadig verby die stroom.

“Laat hulle asseblief nie in ons rigting kyk nie!” fluister sy biddend.

Jonas verdwyn in die bosse. Die kleiner kinders wat soos standbeelde langs die osse staan, kruip geluidloos onder die wakap in. Kabelo en Sipho hou die osse rustig. Khopano en Thabo is met die vee die bosse in. Na wat soos ’n leeftyd voel, verskyn Jonas weer met Khopano, Thabo en die vee op sy hakke.

“Hulle is vorby, Nooi, ons kan weer loop.” Jonas neem die leitou en stadig begin hulle weer beweeg. Hulle waag dit nie om ’n sweep te klap nie. Magdalena besef die gevaar is nog nie verby nie, want Jonas het nog nie die takke van die waens en osse verwyder nie. Na ’n hele ent, halt Jonas die waens en gee die kinders opdrag om die takke te verwyder. Hy stap agterom die wa, haak ’n watersak af en help homself aan ’n diep teug water.

“Yoh! Jonas hy’s droog gaskrik!” beken hy hardop. Magdalena besef dat dit amper was. Dit is die eerste keer dat Jonas in al hierdie tyd enige teken van spanning getoon het. Vir ’n oomblik sluit Magdalena haar oë en dank die Vader vir sy beskerming.

“Kan ons koffie maak, Jonas?” vra sy, skielik baie lus vir ’n beker warm koffie.

“Nee, Nooi, hou maar eers by die water. Die agterste Kakie, hy’s nog nie vorby nie, ons sal hier agter die kop bly lê tot hy vorby gaan.” Jonas snuif ’n slag. “Voor is die oop veld, Nooi, ons moet wag vir die donker om agter daardie kop te loop wegkruip,” beduie hy in ’n noordoostelike rigting.

“Yoh, yoh, ons het amper voor hom ingeloop,” mymer hy sag en sak moeg op ’n klip neer.

Dis sterk skemer voordat Jonas weer die voortou neem en hulle stadig oor die oop veld beweeg. Na sowat drie ure van wiele wat oor klippe, bosse en struike knars, waartydens skemer in ’n nagdonker ver-ander, slaan hulle uiteindelik kamp op in ’n oopte tussen bome. Al die kinders spring in om te help om die osse uit te span, terwyl Magdalena en Siena ’n vuurtjie aan die gang kry.

Jonas se waaksaamheid het hulle vandag weer die Engelse laat ontwyk. Almal sit om die vuur terwyl die slappap in die driepootpot prut.

“Kom ons dank die Vader dat Hy ons vandag onsigbaar gemaak het vir die Engelse en ons nog pap het om te eet.” Koppe sak en in ’n sagte stem spreek Magdalena haar groot dankbaarheid uit teenoor die Vader vir Sy veilig bewaring.

Magdalena klim vroegoggend van die wa af en bekyk hul omgewing in die daglig. Hulle is goed beskut in ’n opening tussen die bome aan die oostekant van ’n bos. As hulle net langer op een plek kan bly, kan die diere wat deur die winter vermaer het se kondisie weer optel. Sy hoop regtig dit kan hier wees.

Hulle sal meermale van Jonas se handigheid met ’n spies moet gebruik maak sodat die vee gespaar kan bly om ten minste lewende-hawe te hê om mee oor te begin. Sal hulle dit maak? Die seuns se wedywering met hulle ketties het hulle akkurate skuts gemaak en hulle het nou meer gereeld ’n duif of twee om sop mee te brou. Sy moet glimlag, die Siena kan vir jou sop kook wat nog nooit in enige resepteboek verskyn het nie en as sy dit so effe verdik met bietjie meel word dit ’n koningsmaal.

Sy sien Siena die bos inloop met haar skerpgemaakte stok in die hand waarmee sy vir hulle wortels uitgrawe. Soos gewoonlik huppel Sinie langs haar ma. Hulle sal een van die dae weer bessies in die bos kan pluk en marogblare oes. Gedurende die winter het hulle probeer klaarkom met dit wat die winterveld hulle kon bied. Wat Jonas en die seuns ookal gejag of vang, bring hulle kamp toe vir die vroue om te ver-werk. Soms was hulle gelukkig en het hulle op wilde voëleiers afgekom.

Magdalena kyk toe hoedat die week-ou kalfie aan haar ma se spene suig, terwyl dié rustig voort wei. Die nuwe lewe hier in hulle midde het almal se gemoedstemming verlig. Watter toekoms wag vir hulle? Hulle is nou al meer as ’n jaar op hierdie swerftog en nog steeds geen berig van ’n einde aan die oorlog nie; net berigte oor die ver-skrikking van wat in die konsentrasiekampe gebeur.

“Hoe lank nog?” prewel sy. Die kinders word al maerder. Almal is sonverbrand en hulle klere is flenters.

“Nooi,” bring Jonas se stem haar terug na die werklikheid, “ek hou my oor by die grond laat ons weet watter kant toe ons moet loop.”

“Tsamaya hantle, Jonas! Moenie laat hulle jou vang nie.”

Jonas kom laatmiddag terug met twee tarentale oor sy skouer. Hy bring die berig. Die waens wat ’n hele ruk terug daar verbygetrek het,was glo gelaai met vrouens en kinders. Dié is glo oppad Bloemfontein konsen-trasiekamp toe. Hy reken dis nou veiliger vir hulle om langer net hier te bly, waar die water naby is en dis mooi skoon en hier is nog bietjie wei-ding vir die paar skape. Hulle is mooi toe met digte bosse. Die beeste moet net tussen die bome gehou word. Almal is moeg en gaan kruip in.

.

DEEL 3

KONSENTRASIEKAMPE

DIE KONSENTRASIEKAMP BRIEWE

Ek, Marthie Joubert het die briewe by my goeie vriend, Conrad Barnard van Piet Retief in die Kwazulu-Natal Provinsie van Suid-Afrika, gekry. Sommige briewe was net ’n vel papier of twee of selfs net ’n paar woorde op ’n flentertjie papier, alles in Hoog Hollands. In die briewe het ’n hartverskeurende verhaal van ontberings onder die haglikste om-standighede ontvou.

Die briewe het die verhale wat ek deur die loop van jare by my pasiënte gehoor het, wat toe nog net kinders was tydens die Anglo-Boereoorlog, bevestig. Uit hierdie twee bronne het ek ’n aangepaste verhaal geskep gebaseer op ware gebeure. Ek het dit gedoen sodat, my nageslag sal onthou dat daar ‘n tyd bestaan het toe feitlik almal in Suid-Afrika saam geleef, gewerk, teëspoed en swaarkry verduur het, gesuk-kel het om te oorleef en ‘n duur prys vir hierdie land betaal het.

16 JULIE 1900

Die begin van die einde van vryheid:

oorlog verklaar teen die burgerlike bevolking

Met net die klere aan hulle lywe, word babas, kinders, vroue, bejaardes en onskuldiges in oorlaaide waens geboender. Honger en dors, is hulle enigste voeding ‘n enkele sny droë brood twee keer per dag. ‘n Watersak en blikbeker is argeloos op elke wa gegooi – totaal onvoldoende vir die groot aantal gevangenes.

“Share it! It’s a long trip!” kom ’n bot bevel.

Die wiele van die waens knars stadig in beweging. Die oorvol-blaaide waens beweeg teen ’n slakkepas en voer die onskuldige bur-gerlikes na die wagtende afgryse van konsentrasiekampe af.

’n “MENSLIKE” SKILD TEEN DIE BOERE

Dit was nie lank nie of die Kakies loop hulle vas in ’n Boerekommando en geweer-skote klap! Die kinders word platgedruk om hul teen enige onheil te beskerm. Elsie Swart is ver swanger, sy klou aan die kant van die wa vas en hou haar jongste, Stefaans be-skermend onder haar arm. Haar drie dogters, Elsa, Engela en Maria klou beangs aan hulle moeder vas.

Die Boere raak betrokke in ’n woeste geveg met die Engelse. Genadiglik merk die Boere betyds dis waens met vrouens en kinders wat as skilde gebruik word deur die Engelse. Die Boere staak dadelik hulle vuur en volg die konvooi op ’n afstand al met die Marquard kop-pies langs om te kyk watter rigting die waens inslaan.

“Lyk my hulle gaan na die Bloemfontein konsentrasiekamp toe,” kom dit van Harms van Zyl af.

“Genade, man, die laaste verkenner het gesê die kamp is alreeds oorvol!” reageer Snyman verontwaardig.

“Hulle sal die kamp nooit haal nie. Het jy gesien hoe wankel die regterkantse voorwiel van die middelste wa?” Johannes is omgekrap. Die waens kom van sy plaas se kant af. “Dalk is my vrou en kinders daarop?” spreek hy sy vermoede hardop uit.

Die Boere raak betrokke in ’n ander skermutseling. Die Kakie-oormag laat hulle egter terugval berge toe, waar hulle skuil en hulle strategie herbedink.

DIE PRYS VAN WATER

Die konvooi waens trek voort, dis stof, sweet en trane. Elke nou en dan word die bekertjie met ’n bietjie water uitgedeel. Die water raak min.

Engela, Elsie Swart se dertienjarige oudste, kan ’n bietjie Engels praat en verstaan. Engela roep een van die offisiere nader.

“Sir, may we please have some more water?” Sy sou hom liewer wou spoeg, maar probeer so beleefd as moontlik wees.

“And what, young lady, will I get for my kindness?” smaal hy.

“What do you mean sir, you know we left home with nothing!”

“Oh yes, young lady, you have plenty to give, let me show you!” Hy trek sy perd in.

“No thank you sir, we’ll do without!” snou sy hom toe, toe dit tot haar deurdring wat hy bedoel. Sy is juis so bewus van haar ontwikkeling. Sy’s sommer lus en bind haar borste vas.

“We’ll see,” lag die Kakie smalend in Engela se gesig en galop verby.

Engela onthou wat met haar vriendin gebeur het, ook net dertien jaar oud. Dis nou al dae wat Engela se vriendin nie ’n woord praat nie. Een van die vrouens het ’n bietjie laventel kruie geneem en dit tussen haar maatjie se gekneusde borste gesit.

“Moenie die blare verloor nie liefie. Dit sal help met die kneus-plekke. Ons sal later van die blare laventeltee maak,” het die vrou belowe.

“Ons sal moet klaarkom met die water wat ons het. Maak net die punte van julle sakdoeke of iets nat om jul lippe mee af te vee, daar’s nie nou nog water nie,” lig Engela die mense op die wa in. Sy is woed-end.

“Wat sê die Engelsman my kind?” vra Elsie terwyl sy aan die wa vasklou. Sy is half in ’n beswyming en so dors.

“Niks Mamma, vat maar ’n slukkie.” Sy gaan haar ma nie verder ontstel nie. Opgewerk byt sy aan haar rok se soom vas. As sy ’n klip gehad het, het sy die vent nou bo van sy perd af gegooi – en gooi, kan sy.

Dis nou al dae wat hul dag en nag aaneen trek. Hulle weet nou al as hulle water kry moet dit spaarsamig gebruik word. Almal is moeg, lyf-seer, honger en geïrriteerd.

Dan uiteindelik…

DIE KONSENTRASIEKAMP

ʼn Warm stowwerige wind waai oor die Oranje Vrystaatse vlaktes. Voor hulle strek ry op ry verslete kloktente uit in ’n kamp agter ’n hoë doringdraad heining met twee groot swaai hekke – hulle nuwe onwel-kome tuiste.

Die wind waai droewig deur die takke van ’n enkele droë doring-boom by die hek en fluit ’n treurige lied van al die ellendes wat dit al aanskou het en wat die nuwe aankomelinge nou in hierdie kampe sal beleef. Die boom stel sy takke tot die beskikking van die wind en sing saam ’n klaaglied oor alles wat onder sy skadulose takke gebeur het.

Deur die verslete tentflappe staar uitdrukkinglose gesigte afwesig na die nuwe aankomelinge, hul enigste kommunikasie: ’n koor van stilte.

Die nuwelinge word afgelaai en beveel om in rye te staan. Die hoof van elke gesin word gerantsoeneer met ’n sakkie kruideniersware: ’n bietjie geel mieliemeel, sout, brood-meel, tee, koffie, ’n pakkie bruin-suiker, ’n stuk Holsemvet en Boerseep, ’n pakkie soja, 6 eiers en twee pinte water per persoon per dag en ’n halwe gallon paraffien vir die primusstoof. Elke gesin van vier of meer kry dieselfde. Dis glo vir die week. ’n Pot of twee en ’n wasskottel, sekerlik van die plase gebuit, lê voor die tent.

“Sir,” probeer Engela weer, gelukkig nie dieselfde man nie, “we are five people. This is not enough water for us, please,” smeek sy.

“And whose fault is that? You Boer’s have too many children. Anyway, I can always take it back.” Hy steek sy hand uit. Sy gryp die water en gaan in.

DIE TENT

‘n Tent word aan Elsie en haar kinders toegewys.

Die tent word reeds beset deur ‘n enkel vrou en nog ‘n vrou met twee seuns, almal is in ’n jammerlike toestand. Hul houdings toon dui-delik die hopeloosheid van hul gevangenskap. Altesaam is hulle nou nege mense in die klein tentjie: ‘n enkel vrou, ‘n gesin van drie en hulle vyf. Elsie herinner haar kinders saggies daaraan om die ouer mense te respekteer en altyd as tante of oom aan te spreek volgens Boere-tradisie.

Hulle stel hulself voor. Die enkellopende vrou was Lenie Pretorius. Sy het reeds haar seuns en ma verloor. Die ander vrou, Frieda Snyman, het saam met haar drie seuns tussen die tweede groep gevangenes aangekom. Een van haar seuns is kort ná hul aankoms dood. Frieda is nou baie bekommerd oor haar oorblywende twee seuns Danie en Petrus, wat nie gesond was nie. Frieda kyk vraend na Elsie, wag vir ’n verduideliking oor die swart meisie wat saam met die gesin ingekom het.

“Ek is Elsie Swart. Dit is my kinders, Engela, Elsa en Stefaans. Maria is ons aangenome dogter. Sewe jaar gelede het ons haar ver-dwaal langs die pad gekry toe sy maar om-trent twee jaar oud was. Ons het oral gesoek en navraag gedoen, maar tevergeefs. Ons dink haar ouers is vermoor. Maria is nou deel van ons gesin,” stel Elsie haar gesin aan die ander insittendes voor.

“Rantsoene kom twee keer per week, as ons gelukkig is,” sê Lenie met ’n lewelose stem. “Sondae en Woensdae word water uitgedeel en dalk ’n broodjie.” Sy lyk nie baie seker nie.

SLAAPREËLINGS

By hulle aankoms kry elkeen ’n matras, kombers en kussing, Elsie-hulle kry slegs vier matrasse.

Waar moet ek slaap, daar is net vier matrasse,” kerm die vyfjarige Stefaans terwyl hy aan Engela se rok ruk.

“Stefaans, jy deel ’n matras met Elsa,” gee Engela opdrag.

“Ek gan nie sam met ’n meisie slaap nie,” kap die moeë seun terug.

“Wel,” berispe Engela hom, “jy is nie die enigste een wat moet deel nie, jongman! Wil jy eerder op die grond slaap?”

Elsie lyk totaal uitgeput en geskok. Die werklikheid van hulle situasie begin tot haar deurdring. Sy kyk moedeloos rond en sien die dun matrasse se ontoereikendheid om haar seer verwagtende liggaam te ondersteun.

“Maria, kom ons help Mamma, om haar matras en kombers reg te kry, ons gee ons kussings ook vir haar, sy kan nie so laag lê nie.” Die twee oudste dogters help hulle moeder om af te sak tot op die matras.

Elsa, die jongste dogter van sewe jaar, reken: “Mamma kan my kussing ook kry, om onder haar knieë te sit, dan kan sy en die baba mos lekker lê.”

“Nee, meisies, hoe wil julle dan nou slaap? Ek kan mos nie die bietjie wat julle het, vat nie,” weer Elsie die aanbod af.

“Ons is nog jonk, Mamma, ons slaap aljimmers op onse mae met ons hande onder ons koppe,” lag Elsa en verlig die spanning.

“Ek’s honger,” kla Stefaans.

“Haai kyk! Hier is ’n bruinbrood onder in die sak,” juig Maria.

“Dis vir die hele week hoor,” kom Lenie se moeë stem weer. “As ons gelukkig is kry ons miskien Woensdag weer een,” gaan haar moeë stem voort.

“’n Brood vir elke vier mense?” Verslae staan Engela met die brood in haar hand.

“Dit moet hou tot ons eendag weer iets kry,” sug Lenie. “Ons wag nou nog vir die beddens wat belowe is.”

“Dis ou brood, julle.” Engela breek die brood versigtig en gee vir elkeen van die gesin ’n stukkie.

“Sluk dit af met ’n bietjie water. Ons sal later uitwerk hoe ons met die kos gaan werk,” neem Engela weer die voortou. Elsie kry die grootste stuk. “Vir Mamma en die baba,” fluister sy, toe haar ma die groter stukkie brood weier. Saggies vee sy die sweet van haar Ma se voorkop af, terwyl die trane oor haar wange rol.

Verwese maak die Swart gesin hulle eenkant tuis in die reeds oorvol tent.

“Ek bring vir Mams ’n nat lap om mee af te vee.” Sy gooi ’n bietjie water in die afgeërte wasskottel, skeur ’n stuk van haar onderrok af, was dit met die boerseep en beveel: “Moenie die water uitgooi nie, ouens, ons moet dit nog almal gebruik om onsself mee af te vee.”

ONTFERMING

“Het tannie al iets geëet? vra Engela aan Lenie wat nog steeds roerloos eenkant sit, opvallend uitgehonger en swak.

“Ek het nie rantsoene gekry dié week nie,” sug sy moedeloos, “ek was in die draad strafkamp. Ek het een van die Kakies met ’n eier ge-gooi toe hy my probeer aanrand. Hy sê toe ek kan nou hier in my tent kom sit en vrek van die honger,” sug sy swaar.

“Die strafkamp?” vra Elsa, die jongste dadelik, nuuskierig.

“Hulle sluit jou daar toe as jy nie hulle bevele gehoorsaam nie, of iets doen waarvan hulle nie hou nie,” waarsku Lenie.

Elsa vlieg op, vat die enigste bekertjie wat hul het, gooi ’n bietjie water daarin, breek ʼn stukkie van die oorblywende brood af en gee dit aan Lenie.

“Dan my liewe Tannie, ken die Kakies die Boere maar sleg!” Elsa klap haar tong vererg. “Doodgaan van die honger – dit sal die dag wees!”

Maria en Stefaans gaan sit styf teen Elsie. Engela dink aan haar vroeëre onderonsie met die Engelsman met die water storie en maan haar suster.

“Hou daai humeur van jou in toom, sus, ons is nou op vreemde terrein.”

GEDEELDE STORIES

Die drie vroue maak geleidelik teenoor mekaar oop en deel hulle ervarings oor hoe hulle alles verloor het, hul plase geplunder en opstalle afgebrand is. Om net daaroor te praat is vir hulle ‘n katarsis.

“Die donners het my troetel lam doodgekap!” Danie Snyman bewe van woede, slaan met sy vuis in die palm van sy hand en stamp sy voet op die grond.

“Stil nou, my seun,” betig Frieda, “nie so lelik nie, hoor.”

ONVERWAGSE UITKOMS

Vroeg die oggend van die derde dag slaan een van die offisiere met sy geweerkolf teen die Swarts se tent. Engela, die enigste een wat Engels verstaan, beduie almal om stil te bly. Sy bind haar hare vas agter in haar nek en loer by die tentklap uit.

“Morning, young lady, I hope you are fit?”

“It depends.” Hy kyk haar verbaas aan, asof hy sy ore nie kan glo dat sy hom in sy taal aanspreek nie.

“Well, the colonel and his wife, in the big house on the hill are looking for two young cleaning servants. Since you are the last to have arrived, I think you will do. Get your sister, or the black one that came with you, and hurry up! I’m waiting!” kom die kortaf bevel.

“Beter maak soos hy sê, kind,” beveel Lenie aan. “Glo my jy’t nie ʼn kans nie. Dink aan jou moeder wat verwag.”

Aan haar stemtoon weet Engela hierdie tannie weet waarvan sy praat. So maak sy haar voorskoot vas, vat Maria aan die hand: “Kom Maria, probeer kalm bly, ons weet mos hoe om werk.” Sy gee ’n kort laggie. “Dan kom ons darem ’n bietjie uit,” spot sy bang.

Twee vreesbevange meisies word deur die offisier aangepor met ’n geweer in die rug. Eers wil sy hom vra om die ding te laat sak, maar sy hoor weer tant Lenie se stem, “Dink aan jou moeder.”

Hulle is beangs want hulle sien jong verwagtende meisies luste-loos ronddwaal in die kamp.

“Hoe oud dink jy is daai een,” vis Maria, maar sy word kortgeknip.

“Shut up! No talking in your stupid barra-barra language!”

Die bloed styg op in Engela se kop! Wie dink hy is hy? Sy ver-staan elke woord wat hy sê! Hy moenie dink sy is stupid nie! “Moeder,” fluister sy en sluk haar aggressiewe woorde.

Hulle word tot by die agterdeur van ’n sierlike dubbelverdieping huis geneem. ’n Dame, seker ook ’n bediende, geklee in ’n netjiese wit voorskoot en kopdoek, verwelkom hulle. Gelukkig verstaan Engela haar en dit maak ’n deur vir hulle oop.

“Thank God, you can speak English,” sê die vrou. “I got so tired of explaining myself over and over again.” Daar is sowaar amper ’n glimlag op haar gesig. Sy het glo al ’n paar meisies probeer, hulle kon egter nie Engels verstaan nie, en diè vrou praat vinnig!

Hulle kry ’n bad oorvol gelaai met wasgoed, met die instruksies hulle moet toesien veral die krae en moue moet ordentlik skoon gewas word. Hulle hande is rou gewas, maar die hoofdame is tevrede en gee aan die offisier instruksies om hul die volgende dag terug te bring. Sy fluister iets in die man se oor en Engela wonder wat dit is.

“The same two please,” herhaal sy hard, “at least they understand English.” Hande in haar voorskoot sakke, kyk die dame hulle heel in haar skik agterna.

Daardie middag dank hulle saam die Vader vir sy voorsiening. Maria tel ’n botteltjie op en maak dit vol water. Sy vat ’n stuk van haar onderrok skeur dit af en bind die water om haar middel vas. Engela kry twee ertappels en ’n patat wat saam met die kombuisafval in die vuil-goeddrom beland, draai dit in ’n stuk papier toe en sit dit in haar roksak onder haar los voorskoot. Kos is kos. Hulle moet nou net by die hekwag verbykom.

“Here, asseblief moenie dat hulle ons uitvang nie!” bid Engela. Die hekke swaai oop; nog ’n wa arriveer. “Vader, waar gaan almal slaap?” prewel sy saggies.

Hulle lig hul paskaarte en wys dit aan die hekwag. Hulle offisier is kort op hulle hakke. Die hekwag is gelukkig so besig met die nuwe be-sending dat hulle deurglip, water, ertappels, patat en al. Vanaand sal daar weer kos wees.

BABADOEKE

Daardie aand kry Engela ’n paar onderrokke bymekaar. “Kom ons skeur dit in breë stroke om doeke vir die baba te maak, of wat sê julle?” Hartseer dink sy aan al die mooi babaklere wat hulle moes agterlaat en seker nou als verbrand is.

“Julle kan ’n stuk van myne ook kry. Gebruik die agterpant vir ’n kombersie.” Tant Lenie wikkel haarself dadelik uit haar halflyf onderrok. “Dis net baie vuil,” maak sy vêr-skoning.

“Ons plan is om elke dag so twee of drie lappe te vat en dit saam met die ryk mense se wasgoed te was, tannie,” verduidelik Maria. “Hulle het darem genoeg water en seep.”

DIE OGGENDWA

Vroeg die volgende oggend half donker, kom daar ’n wa verby die tent. “Wat maak hulle so vroeg, tant Lenie?” vra Engela deur die slaap, benoud.

“Die liggame van dié wat afgesterwe het deur die nag, hartjie, word vroeg voor die tent gesit en al die oorledenes word so op die een wa gelaai deur ’n Offisier. Soms kan jy by wees. My oudste seun is nou die dag so weggeneem, die derde op die wa. Daardie onbeskofte offi-sier was aan diens, hy wou my nie toelaat om by te wees nie.” Trane loop oor Lenie se wange.

“Ag, liewe tannie, God slaap nie!” Dié woorde kom met die wysheid van ‘n sewe-jarige Elsa, terwyl sy Lenie styf vashou.

KOS EN BABAGOED

Engela en Maria was vensters, wasgoed en skoffel selfs in die tuin as dit moet. Elke dag gaan hulle terug met iets te ete of om gaar te maak en ’n bietjie water en ’n leë blikkie of twee wat as bekers dien. Hulle drink die water waarmee hulle gerantsoeneer word en gebruik die ander vir was en kookdoeleindes.

Alles wat hulle in die hande kan kry wat water kan hou, word vol-gemaak en weggesteek vir die geboorte. Hulle het naderhand ses doeke en twee babakombersies, alles skoongewas saam met die rykes se wasgoed.

Hulle maak alles wat hulle ongemerk kan uitsmokkel bymekaar: beetblare, takkies pietersielie, wortelblare, ’n raap, selfs ’n been of twee waarmee sop gekook word. Elke druppel sop word verslind. Selfs oor-skietkos uit die vullesdrom is ’n welkome verandering.

Die paraffien word spaarsamig gebruik. Die baba se geboorte lê voor en paraffien word daarvoor opgegaar. Rantsoene is ongereeld. Hulle tel hout, gras, enige ding wat kan brand op, om vuur mee te maak vir die kokery.

GAAN WERK OF…

Die laaste twee maande van Elsie se swangerskap is verby. Sy lyk glad nie goed vanoggend nie en Engela besluit sy kannie vandag gaan werk nie. Sy kruip uit en probeer aan die offisier verduidelik. Maar nee, hy reken dis nie sy wat gaan kraam nie.

“Come on, I’m waiting,” beveel hy.

“Well, I can’t go today, I will send my younger sister…” Sy kom nie verder nie. Hy gryp haar arm en buig dit agtertoe en sis:

“Must I show you where babies come from?”

Maria, hoor wat buite aangaan storm uit en sê: “Kom Engela, ons is laat!” Haastig pluk sy Engela agter haar aan. Die offisier laat los.

“Die vark,” snou Engela in Afrikaans.

“What are you saying?” blaas sy asem in haar nek.

“Nothing, just that we’re coming,” antwoord Engela.

“That’s beter.” Hy por hulle aan met die geweer.

Uit die hoek van haar oog sien Maria ’n dertienjarige meisie ver swanger. Sy swets binnemonds. Sy ken die meisie goed.

“Daar moet ’n hel wees, ʼn Engelse hel!” Grom Maria binnemonds.

Engela kry nie ’n kans om haar ma deur die dag te sien nie. Die hoofdame kom agter, daar’s iewers ’n groot fout en vra: “Something wrong, girl?”

“Nothing, Ma’am, everything is just fine, thanks for asking.” Engela probeer so kalm

en hoflik wees as wat sy kan. Sy kan nie bekostig om die werk nou te verloor nie. Hulle het die kos nodig wat hulle uitsmokkel. Hulle het selfs groter sakke aan hul rokke gewerk om meer goed die kamp in te smokkel. Sy troos haar daaraan, tant Lenie-hulle is daar en sal na haar ma omsien.

Engela kry ʼn stuk vrugtekoek in die vullesdrom. O, Mamma is so lief daarvoor. Sy breek dit in stukke want dis te groot. Die offisiere sal dit beslis sien.

Hulle het bitter min paraffien oor, daarom probeer hulle soveel moontlik gaar kos insmokkel. Engela weet nie wanneer hulle weer para-ffien sal kry nie. Die baba kan nou enige dag kom. Om buite vuur te maak is amper onmoontlik, brandhoutjies is skaars en as die wind waai moet jy jou storie ken.

Daardie middag is die onbeskofte offisier weer aan diens by die hek. “Maria,” fluister Engela, “hou die offisier asseblief besig. Vra hom of ons nog eiers kan kry of enigiets. Laat ek net verbykom met die koek. Hy trap dit sowaar voor ons oë in die grond as hy my uit-vang. Sê agter my aan: ‘Sir, may we have more eggs?’” Maria herhaal die sin totdat Engela tevrede is.

Maria met die groente blare en ’n tamatie in haar sak en die bottel water styf om haar lyf vasgemaak, is doodbenoud. Stotterenrend probeer sy haar versoek tot die offisier rig, wat haar geradbraakte Engels probeer ontsyfer en hewig daarop reageer in Engels waarvan Maria nie ’n woord verstaan nie.

Uit die hoek van haar oog merk sy dat Engela veilig deur die hek is. Tot haar verligting beduie die offisier vir haar om aan te beweeg.

Op pad tent toe sien Engela ’n groep wenende vroue by ’n sloot naby die heining. Twee kinderlykies lê in die sloot, sommer net so, nie eers toegedraai nie, want daar is níks meer om hulle mee toe te draai nie, uitgeteer, dood van honger! Engela voel naar.

“Here, dankie vir elke stukkie kos, anders was dit dalk my boetie of sussie, ek of Mamma.”

Danie Snyman is ook baie siek. Hy lê net. “Here, laat hom tog asseblief nie ook in ons tent doodgaan  nie, ons probeer vir hom bietjie sop gee, maar hy willie sluk nie!” huil Engela by die Here. Sy wag Maria in en saam kom hulle by die tent aan.

“Ek doen dit nooit weer nie, hoor jy my, nooit weer nie,” snik Maria en haal die blare en ’n papgedrukte tamatie uit haar sak.

‘n TENTBEVALLING

Elsie Swart weet haar tyd het aangebreek. Die pyne is ondraaglik. Dis erger as enige van haar vorige swangerskappe. Die wete daar’s ʼn vroedvrou in die kamp is ’’n groot troos. Sy trek haar klapperhaarmatras nader aan die tent se middel stutpaal – sy moet aan iets kan vashou. Stadig sak sy teen die paal af tot op haar matras. Die baba binne haar gaan woes te kere. “Is hy so honger soos ek?” wonder sy. Die sweet pêrel op haar voorkop, sy kreun.

Lenie hoor Elsie se onderdrukte kreune en haas haar om hulp te verleen. Engela vergeet ’n wyle van die smart langs die draad en storm ook die tent binne met Maria kort op haar hakke.

“Elsa, kry Stefaans hier uit!” beveel Engela haar jonger suster.

“Maria, kom ons hang ’n kombers sodat Mamma ’n bietjie privaat kan wees. Vat jy daai kant.” Op ’n manier kry hulle die kombers aan die tenttoue vas.

“Steek die primus aan en sit die water op en laat dit eers kook voor jy dit afdraai!” rammel Engela alles in een asem af.

“Tant Lenie, ek gaan tannie Ria haal,” sê Engela oor haar skouer en haas haar na die vroedvrou so wat sewe tente laer af.

“Tante, my ma, asseblief, tannie!” huil sy.

“Kalmeer, kind.” Ria Dreyer draai na die paniekbevange meisie. “Gryp jy daai stapel lappe en kom laat ons gaan kyk wat ons kan doen.”

Ria draai om, vat ’n skottel, handdoek en ’n stuk seil en begin aanstap. Sy sien die

twee verskrikte kleintjies wat buite hulle tent staan.

“Gaan na tannie se tent toe, dis die sewende een. Slaap daar vanaand,” beveel sy. “Sê vir die tannies daar, ek het julle gestuur.”

Engela draai na Frieda, “Tannie, moet ons Petrus saam met hulle laat gaan?”

“Ek sal bly wees dankie dis vir die beste,” antwoord Frieda wie se aandag by Danie oor wie sy baie bekommerd is.

“Ek’s honger,” kla Stefaans.

Engela hurk met haar arms vol lappe by die twee: “Elsa, vat die emmertjie slappap saam met julle, nie alles op een slag nie hoor en deel dit met Petrus. Vat ’n bietjie water ook saam. Ek sal julle kom haal, goed so?”

Tranerig kry die twee kleintjies koers sonder om te antwoord en Petrus volg gedweë op hulle hakke.

“Mamma,” Engela hou die bekertjie water uit na haar ma, “drink net ’n slukkie of twee asseblief.”

“Gee eers vir die kinders, my kind,” kreun sy.

“Ek sal Mamma, hierdie is vir die baba.” Sy vee die sweet van haar ma se voorkop af.

“Kom vroutjie, laat ek sien wat hier aangaan.” Die vroedvrou was haar hande in die skotteltjie. “Ek’s Ria Dreyer.” Sy skuif Elsie reg op die matras. “Ek het ’n stuk seil hier. Ons moet dit onder jou inkry sodat alles nie nat word nie.” Kalm werk sy voort. “Ons het mekaar nou die dag by die begrafnis ontmoet, onthou jy? Hierdie is nou ʼn nuwe lewetjie, né.” Al geselsend draai sy Elsie na die anderkant toe en trek die seil deur.

Nog ’n vrou kom die tent binne. “Hiers’s ek Ria. Waar help ek? Hier is nog twee frokkies. Dit kom van Helga af.” Petra groet, stel haar-self voor en begin die goed bymekaar kry. ’n Mens kan sien hierdie twee vrouens werk lankal saam.

Frieda maak Danie gemaklik. Hy is reeds so siek en sy wil hom die spanning spaar. Die geboorte is gelukkig agter die kombers wat bietjie privaatheid bied.

“Lyk my ons het nou alles, die baba moet nou net roer,” sê Petra en knoop die afskorting wat losgekom het weer vas. Sy kniel aan die anderkant van die matras.

Elsie byt haar mou vas, sweet met trane gemeng loop in die voor-tjies van haar verweerde gesig af. “Here, waar is my ou man nou?” Kerm sy saggies.

Minute word ure en teen eenuur daardie oggend skud die vroedvrou net haar kop. “Elsie, ons sal die baba moet terugdraai, hy’t dwars gedraai. Lenie hou jy haar skouers vir my vas. Engela, hou jy jou ma se hande vas. Petra, kom hou jy die knieë. Maria, is die water al warm?” sê Ria in een asem. Hierdie vrou is ervare en in beheer van die situasie. Haar ferm instruksies kalmeer Elsie en al die helpers.

“Ja, maar die paraffien, raak baie min!” antwoord ʼn benoude Maria. Sy is só bang, maar weghol kan sy nie nou nie.

Daar’s ’n geskarrel buite die tent. Engela hoop nie iemand kom nou hier in nie. Beangs wonder sy wat aangaan “Nog ’n lyk? Dit is vroegoggend!” gaan dit deur haar gedagtes.

Elsie gee ’n gesmoorde gil toe die baba gedraai word. Die tentklap vlieg oop en ’n offisier staan in die opening om te kyk waaroor die ru-moer gaan. Dadelik sak die tentklap weer toe. Later kom dieselfde jong offisier terug met ’n emmer skoon water en oorhandig dit aan Maria, draai om en stap weg.

“Dankie Vader,” sug die vroedvrou hardop, “daar ís nog ’n Engels-man met ’n hart.” In die vroeë oggendure kondig die knaap sy aankoms aan. Suster Dreyer vee hom skoon en gee hom ʼn raps toe hy ophou asemhaal. Luidkeels kondig hy aan dat hy daar is. Sy vou hom toe in die skoon  maakdoenkombersie en lê hom op Elsie se bors neer.

“Laat hom maar suig, Elsie, sodat hy die melkkliere kan stimuleer, dit help sommer met die saamtrek van die baarmoeder en die nage-boorte ook.” Sy vee die sweet met die agterkant van haar hand af. Moeg, sak Ria Dreyer op ’n matras langs Elsie neer.

Soveel vrouens en jongmeisies het swanger in die kamp aange-kom en sy was maar die een wat almal moes help met die geboortes. Baie van die babas het nie die eerste paar maande oorlewe nie… Sy vat Elsie se een hand in hare en met die ander Lenie sin, Petra, Engela en Frieda voltooi die sirkel en saam bid hulle.

“Here bewaar hierdie nuwe lewe. Hou die siek seun teen U bors en gee hom krag. Ons is in U hande. Amen.” Uitgeput staan sy op, gaan die nageboorte na en plaas dit in ’n emmertjie.

“Sal julle twee dogters regkom met die opruimery?” Moeg vee Ria die sweet van haar voorkop af.

“Baie, baie dankie, Tannie, die Here seën u.” Engela omhels die ouer vrou buite en huil op haar skouer, die spanning is net te veel.

“Wat is daar aan die gang, Tante?” Sy wys na die klaende vrou-ens in die hoek van die kamp. Dis skemeroggend, nog half donker.

“Daar, my liewe kind, bêre hulle nou weer een wat dit nie gemaak het nie,” antwoord Ria bewoë en kyk na die meisie voor haar, nog so bitter jonk. “Julle kan die nageboorte ook daar gaan begrawe…” sy kom nie verder nie.

“Nooit!” maak Engela beswaar, “nie daar nie! Ek grawe liewer ’n gat met my kaalhande!”

“Nou toe, julle twee, ek sien daar’s nog bietjie warm water oor,” sê Petra, “ek maak vir jou ma tee. Maak julle nou gou skoon en gaan begrawe die nageboorte diep. Dit moenie oop gegrou kan word nie. Ek hoor die jakkalse snags hier om die kamp.”

Petra gooi warm tee in die beker en gee dit vir Elsie.

NOG ONVERWAGSE GOEDHEID

Hulle loop na die verste hoek van die kamp. Nee, Engela wil dit nie daar naby die kinderlykies gaan grawe nie. Daar is al so baie van hulle! Trane loop oor haar gesig.

“Hoekom huil jy nou?” Maria kyk haar vraend aan.

“Omdat,” snik sy, “terwyl die een baar val daar ’n kluit op ’n ander lyfie, wat nie eers ’n kissie het nie.” So tussen die trane deur grawe hulle met die klein grafie in die harde rooi grond.

Die jong offisier kom nader en lig sy geweer. Verskrik spring Maria weg.

“No, no, please,” probeer hy verduidelik “I Hope this will help a little.” Hy vat die bajonet en steek die hardgebakte grond los, draai om en begin wegstap.

“Thank you, sir,” bedank Engela hom. Hy draai terug asof hy nie mooi gehoor het nie. Hy’s nie ’n bietjie verbaas nie. Hy mag nie met hulle gesels nie. Vinnig kyk hy rond, swaai om kap sy hakke teen me-kaar, knik en stap in die teenoorgestelde rigting.

Dit help voorwaar baie. Innig dankbaar buig sy in sy rigting toe hulle klaar is. “Die Here het voorwaar party goeie Engelse gemaak. Eers die emmer water toe hulle s’n amper klaar was en nou dit!” Stadig stap hulle terug.

GEEN RUS NIE

Elsie, uitgeput, maar met ’n salige uitdrukking op haar gesig, raak met die baba op haar bors aan die slaap.

“Ag liewe Jesus, moet tog net nie laat hulle dood gaan nie,” bid Engela so tussen die skoonmaak deur.

Petra bied aan om die kinders te gaan haal en by haar te hou, sodat Elsie kan rus.

“Engela, Maria, Ek sal by julle ma bly. Julle moet gaan werk. Daar is nog ’n bietjie warm tee in die pot, drink dit voordat julle loop. Sal julle regkom?” spreek Ria die twee meisies aan. Bekommerd besef sy, hulle moet ’n dag se harde werk insit, nadat hulle die hele nag aan die gang was.

“Dankie, tannie Ria. Ons sal regkom. Gee die tee vir Danie asseblief, hy’s so siek,” antwoord ’n moeë Engela.

Hulle gaan uitgeput werk toe met die hoop daar’s nie harde werk vandag nie en is baie dankbaar om te hoor dis tuinwerk. Dis minder uitputtend as wasgoed was.

Hulle maak soveel groente as moontlik bymekaar en steek dit weg. Dit moet sop word vir Mamma sodat die baba melk het en veral vir Danie ook. Die res sal maar met ’n slukkie of twee gediend moet wees.

Daardie middag maak hulle dit amper nie. Daar is ’n ander wag as gewoonlik by die hek, wat die twee meisies voor hulle deursoek. Hulle werk waarskynlik by ’n ander huis.

“Ag Vader,  ons moet nie vandag gevang word nie!” bid Engela amper hardop. Hulle kan hulle werk verloor! Hulle begeleier begin met die hekwag gesels, en hulle wag inspanning.

“Well carry on girls, what are you waiting for?” beveel die hekwag en gesels verder. Maria stamp Engela in die rug wat die wag verstom aangaap. Engela hou haar hand besker-mend om die tamaties, wat sy amper papdruk van pure senuwees en is verbaas die wag sien nie die groot bult wat die  raap onder haar voorskoot maak nie. Dankie tog hulle is deur.

DESPERAAT HONGER

Drie brandmaer seuntjies sit bymekaar, die kleinste een huil sy oë uit en klou iets in sy vuis vas. Engela talm ’n oomblik.

“Gaan jy solank, Maria, ek kom. Laat ek net gou kyk wat hier aangaan.” Sy gaan sit op haar hurke voor die kleintjie.

“Wat’s fout, ou grote, laat ek sien!” Sy vat sy toe vuisie, maar hy klem sy vuis toe vir al wat hy werd is. Sy sien bloed aan die kant van sy vuis.

“Laat ek sien, liefie,” paai sy en buig sy benerige handjie oop.

“Wie het dit aan jou gedoen?” Verstom staar sy na die vermiste lid van die ringvinger en pinkie, daar is kwalik bloed aan maar dis morsaf. Dis egter oor dit wat in die palm van sy hand lê waaroor die geveg gaan – ’n plat gedrukte sprinkaan!

“Dis myne!” huil hy, “ek het hom eerste gekry.”

“Wat het met jou vingertjies gebeur?” Verdwaas staar sy na sy hand met die afvingers.

“Hy’t dit afgeëet,” sê die oudste, “en nou wil hy daai sprinkaan ôk nie deel nie,” huil die ander een.

Sy vat die papgedrukte sprinkaan. Trane loop oor haar wange terwyl sy dit versigtig tussen die drie deel. “Jy kan alles eet, wat jou nie eerste eet nie,” mymer sy. Sy is so honger sy vreet die ding sommer self op!

“Waar is julle mamma?” Sy kyk rond om te sien of iemand hulle nie dalk soek nie.

“Sy’s dood!” huil al drie gelyk.

“Wie kyk nou na julle?”

Die oudste sê saggies: “Sussie, maar sy’s ók siek, die anner oom het haar seergemaak!”

“Waar is julle tent?” Angstig wonder Engela wat sal gebeur as iemand die blare by haar sien. “Wag net bietjie hier vir my, ek kom.” Met ’n vaart hol sy tent toe.

“Mamma, hier is kinders wie se ma dood is, ek weet nie vir hoe lank al nie,” snik sy. “Die boeties het te vertel die oom, seker een van die Kakies, het hulle sussie seergemaak.” Terwyl sy vertel haal Engela die tamaties, blare en raap uit haar sakke.

“Maria kook dit vir ons solank saam met die bene wat jy gebring het. Was dit net eers goed af, hoor.” Sy draai na Lenie toe, “Tant Lenie, sal tannie asseblief saam met my kom,” smeek sy en gril as sy vertel van die seuntjie wat sy vingers van honger afgeëet het. “Af, Tannie, helemal af!” Sy vertel sy hulle van die sprinkaan en die trane loop.

“Engela, kind,” val Elsie haar in die rede, “gaan kyk wat daar aan-gaan. Lenie, jy sal weet wat nodig is, moet hulle nie alleen laat nie.”

“Kom ons gaan help hulle. Die Here was goed vir my. Danksy jullr twee werkende dogters, het ons darem altyd ietsie om die ergste honger te stil,” sê ’n dankbare Lenie. “Wat sou van my geword het as dit nie vir julle was nie? Ek het net my ou man oor, as hy ooit nog lewe.”Al geselsend stap sy saam met Engela.

HONGER WESIES

Hulle tref ’n aardige gesig aan toe hulle die tent bereik. Binne die tent sit ’n dogter, Lenie skat haar so twaalf-dertien jaar, net vel en been met die dood op haar jong gesig. Drie verwese, uitgeteerde seuns staan by die tentopening.

“Gaan sy ôk doodgaan?” vra die een. “Die anner tannies is ok dood, hulle dra hulle nes dooie skape uit,” sê die oudste.

Engela neem die drie seuns uit, sodat Lenie eers met die dogter kan praat en probeer uitvind wat hier gebeur het.

Toe hulle buite kom, neem Engela beheer. “Kom ek gaan wys julle hoe vang mens lekker vet miere,” sê sy in ’n poging om die drie seuns se aandag af te lei. Sy kyk rond opsoek na ’n graspol en sien een in die verste hoek van die heining. Sy trek drie lang grasstingels uit.

“Dankie tog,” dink sy hardop, want tot gras word gekook en geëet.

“Ek gaan julle nou ’n groot geheim wys,” verduidelik sy gemaak geheimsinnig en stap na die miershoop in die hoek. In haar enigheid hoop sy daar’s nog ’n lewendige termiet oor in die hoop.

Die wag kyk hulle wantrouig aan, maar laat hulle begaan. Engela vat die jongste aan die hand, groet die man beleefd, vou haar rok onder haar in en gaan langs die miershoop sit. Sy lek die gras nat en druk dit versigtig af in een van die gate, wag ’n rukkie en sê: “Nou trek ons die grassie stádig uit.” Sy is verheug toe sy sien daar’s ’n paar termiete aan. Angstig gryp die middelste seun dit uit haar hand en druk dit sommer gras en al in sy mond.

“Nee, my liefie,” sê sy sag, oorweldig deur haar emosies. Hierdie kinders is tot die dood toe honger. “Nou eet jy sommer die geweer ook op.” Sy glimlag en gaan haal weer ’n stingel.

“Kyk, nou vat elkeen van julle ’n stingel, kom sit jy nou hier.” Engela maak elkeen van hulle aan ’n kant van die miershoop sit. “Maak spoeg bymekaar en lek julle grassie goed nat. Nou druk julle dit stadig versigtig af in ’n gaatjie.” Sy wys die jongste seuntjie hoe. Dit gaan sukkel-sukkel in die begin, maar elkeen kry naderhand ’n gaatjie om sy grassie in te laat sak.

“Wag nou net bietjie hoor, wag…” praat sy hulle kalmerend aan.

Die handjies bewe van opgewondenheid en hulle wag…, die oudste kan dit later nie meer uithou nie en hy trek sy grassie stadig uit.

“Kyk, ek het vier!” skree hy en onmiddellik stroop honger lippies die miere blitsig af. Skaars is die grassie uit sy mond of sy stingel soek weer ’n gat. Die ander twee seuntjies is darem ook suksesvol.

“Heng, ek hoop hier is baie, ek’s vrek honger,” kom dit van die middelste een af en bewende soek sy grassie ’n gat. Sy kyk hoe hulle uithaal, afstroop en die termiete verslind, twee op ‘n keer en as een gelukkig is kry hy vier. Dit hou hulle ’n rukkie besig.

“Maak die grassie goed nat, hoor.” Hartseer glimlag Engela vir die ywer waarmee hulle te werk gaan.

Sy stap na die seuns se tent toe om te gaan kyk wat daar aan-gaan. Sy kry Lenie in ʼn hurkende posisie voor die dogter, kyk Engela net besluiteloos aan.

“Luister, daar’s nie plek vir ons almal in ons tent nie en ek kan hierdie kinders nie hier los in so ’n toestand nie,” sê Lenie en knik met haar kop na die meisie se kant toe. “Ek dink ek moet oortrek en vir die Engelse sê hulle is my suster se kinders. Wat dink jy?”

Dis net die kinders oor in die tent, almal is dood. Die tent ruik na dood, dis seker dae laas skoongemaak…

“Tannie ons sal help bydra wat ons kan, tannie sal geseën wees.” Sy vat Lenie se hand en trek haar op.

Engela verduidelik aan die meisie die seuns speel by die miers-hoop, maar dit lyk nie of dit insink nie, want sy staar net in die niet! Wie weet wat hier gebeur het? Wat het die seuns alles gesien? Hoe is die ma dood? Wat het met die ander gebeur? Die dogter praat nie ’n woord nie. Die seuns? Nee spaar hulle die vrae, hulle is nog so bitter klein.

“Sy het sleg seergekry.” Lenie is in trane, “Here, wanneer gaan dit end kry?”

Saam stap hulle na hul tent om Lenie se paar goedjies te gaan haal en verduidelik vir Elsie wat aan die gebeur is. Hulle stem albei saam dat dit die beste plan is. Engela pak ‘n bietjie van die kos wat beskikbaar is in ‘n sak. Sy hoop daar sal iets vir elkeen van hulle wees om te eet vanaand en die seuns ‘n bietjie getroos sou voel, al is dit maar ’n karige ete. Nog net ’n dag of so voor daar hopenlik weer rantsoene is.

“Dankie vir al julle liefde en omgee toe ek alleen was,” sê Lenie terwyl sy Engela omhels.

Saam gaan haal hulle die drie klein seuntjies wat teësinnig die miershoop verlaat. Dis ’n hartseer Engela wat Lenie en die kinders agterlaat.

Lenie, wat hoopverlore was nadat sy haar ma en twee seuns ver-loor het, het nou ’n nuwe rede om te lewe. Hierdie kinders het haar nou nodig, sy kan weer sorg.

Haar arms gaan om die drie brandmaer seuns. “Kom kinders, ons gaan in,” sê sy sag.

Sy kry ’n verslete kam en begin die koeke uit die meisie se hare kam. Maak ’n lappie, klam met hul karige watervoorraad, en vee die drie seuns se vuil gesiggies af.

“Asseblief, Here, asseblief!” pleit Lenie met die hoop die hemelse Vader sal in hulle behoeftes voorsien.

Sy deel die stuk brood wat Engela gebring het, wil nog ’n bietjie koffie maak, maar die seuns verslind die droë brood sonder om dit eers ordentlik te kou. Sy sal die meel hou vir bietjie slappap môre. Dis darem iets totdat die rantsoene weer uitgedeel word.

***

VERRAAI

Johannes en sy makker lê ingegrawe agter die koppe rondom die Bloemfonteinse konsentrasiekamp. Hulle het ’n verkenner uitgestuur om die presiese posisie van die Kakies vas te stel. Nou wag hulle in span-ning. Die ander kommandolede, ’n entjie verder weg, sit op hete kole en wag op die teken.

Vandag is die dag! Berigte doen die rondte, dit gaan haglik in die konsentrasiekampe. Hulle vrouens en kinders sterf ’n hongerdood! Nee, vandag is die dag!

Dan was daar die nuus, ’n aantal van die Boereleiers wou oorgee en vrede verklaar. Hierdie inligting maak Johannes en sy makkers woe-dend. Hulle is senuweeagtig. Hoekom vat dit die verkenner so lank? Iets is daar fout? Sweet tap Johannes af.

Sonder waarskuwing kom die bevel van agter hulle: “Hands up!”

Verskrik laat Johannes en sy makkers hul gewere val. Stadig draai hulle om en kyk stomgeslaan na hulle verkenner wat op sy sending gestuur is. Die verkenner het hulle verraai – hy’s ‘n hanskakie uitge-draai!

“My God, Bȇrend!” Johannes pers die woorde uit.

“Shut up! Hands on your heads and start walking!” blaf die Kakie kortaf.

Die hensopper maak die gewere bymekaar, terwyl hy doelbewus hulle beskuldigende oë vermy.

“Hoe wen ’n mens ‘n oorlog wanneer jou eie verkenner teen jou draai?” grom Johannes geskok. Hy voel verpletter.

“Ek hoop daai vyftig pond brand ’n gat in jou verdomde sak!” swets een van die makkers binnensmonds.

Skaam draai die hanskakie om. Tye is swaar en hy, Bȇrend, gaan nie sy lewe verloor vir ʼn verlore saak nie. Geld is geld en as gevolg van hierdie oorlog gaan dit moeilik. Hy sal na die mal spul êrens voor moet begin en met wat? Hy het nou al ’n paar pond bymekaar, dis darem iets werd.

Van agter die koppe, naby die Bloemfontein konsentrasiekamp, wat hulle besig was om te bespied, gereed vir ’n aanval, word hul nou weggevoer met geen idee wat van hulle vrouens of kinders sal word nie. Is hulle in daardie kamp? Sover as wat hulle gekom het is die plase af-gebrand. Alles is verwoes! Lewe hulle families nog? Wat gebeur in daardie kampe? Die nuus wat die eerste groep verkenners gebring het, was ontstellend. Dit was die verslae wat die kenners teruggebring het, wat die Boerekommando genoop het om op te trek en toe te slaan.

Nou word hulle verraai! En dít deur een van hulle eie! Hulle is woedend! Sal hulle ooit weer terugkeer, hulle families ooit weer sien? Lewe hulle nog? Woedend, verslae, word hulle weggevoer na wie weet waar.

“Here hou U hand oor ons mense en wees ook met ons. Amen,” bid hulle in die loop.

Ceylon, hoor hulle later, is hul bestemming… Vir hoe lank? Hoe laat weet hulle hul families?

***

DOOD

In die kampe gaan dit van erg na erger. Danie Snyman is dood. Hy was twaalf jaar oud en word deur die Engelse as volwasse beskou. Sy uitge-teerde liggaam word toegedraai en vieruur die Woensdagoggend voor die Swarts se tent neergesit. Almal staan eerbiedig en wag vir die wa om verby te kom want hulle sal self die liggaam laai. Vir die een of ander rede staan die Engelse soldaat terug toe Engela vir hom in sy eie taal vertel, hulle sal hiérdie kind self laai. Versigtig laai hulle Danie se lewelose liggaam op die wa. Frieda streel vir oulaas oor sy bedekte gesig, trane maak nat strepe op haar wange. Daar heers ’n morbiede stilte in die tent. Almal sit en staar voor hulle uit. Frieda sit met haar arms om Petrus geslaan en huil stil saam met hom.

Niemand het meer die krag of lus om oor die stof verwaaide kampgronde te struikel nie. Die toiletgeriewe is stinkende putte, met swerms vlieë wat op jou toesak. Hulle trane kan ’n dam vul. Siektes breek uit en trek soos ’n veldbrand deur die kamp. Van mediese dienste kan ’n mens nie eens praat nie.

Die een seun sterf ’n verskriklike pynlike dood. Hy was honger, desperaat honger. Hy skeur’n paar stukke papier in repe en ëet. Daar’s nie genoeg water nie hy kou, probeer dit meng met bietjie water en spoeg maar verstop! Hy krul van die pyn, sy maer liggaampie vou inmekaar soos ’n vraagteken. Suster Dreyer word geroep sy probeer om vir hom ’n seep enema te gee met ’n stuk pyp wat sy êrens opgetel het. Dit is ure se gespook! Al die vloeistof loop net kantlangs by die verstopping verby. Sy probeer dit uitkrap maar na ’n pynlike stryd gee die maer liggaampie in.

Moeg en moedeloos laat sak Ria haar kop. Op die oomblik begrawe sy meer as wat sy kan red. Sy druk die oë toe en fluister: “Rus in vrede my kind, jy is nou veilig.” Daar is nie meer trane nie, sy is gedreineer.

Iemand verskyn in die tentopening. Sy kyk op met moeë oë. Nog ‘n siek persoon het haar nodig.

MEER GOEDHEID

Engela se klere hang soos sakke aan haar. Sy het gisteraand tot laat by die liggaam van ’n sterwende vriendin gesit en huil. Ure lank het sy probeer om vir die vriendin ’n bietjie pampoen te voer wat sy van die rykes af gebring het, maar sy was te swak om te sluk. Sy het gesterf met ’n sug: “Ek is so honger!”

Sy sit en huil oor die bietjie pampoen in haar hand. Syself is so honger maar gee die pampoen vir Stefaans wat ook nie meer buite speel nie. Elsie en Elsa deel die twee aartappels. Sy en Maria kry darem ’n stuk brood en tee by die groothuis.

Die kamp is gestroop. Elke stukkie gras, papier, stokkie of wat ook al kan brand word gebruik vir kookdoeleindes, of word geëet. Hulle kry bitter min paraffien, geen sout nie net geel mieliemeel, blaartee en as hulle gelukkig is ‘n bietjie suiker, nie meer koffie nie. Engela dra stukkies kerse van die groothuis af vir lig saans. Sy is verbaas oor wat die rykes alles weggooi, terwyl hulle hier krepeer van ellende!

Engela kan nie onthou wanneer laas sy hare gewas het nie. Almal probeer dit nou kort hou of vasbind. Die ergste is die gejeuk van die luise wat in hulle hare kom nes maak het!

Die hoofdame bied hulle ’n sikspens ’n dag aan. Engela vra of hulle liewer brood kan kry daarvoor, want wat kan hulle met geld doen? “Not that I don’t appreciate it, Ma’am, it’s just that we need food!”

Daagliks kry hulle nou ’n halwe brood. Aan die offisier word be-duie dit’s hul betaling en hulle moet deurgelaat word met brood en al. Maria maak nog elke dag die bottel water om haar middel vas. Die vasmaaklap is vuil en in flarde, maar dit dien nog die doel. Hulle breek die brood in stukke en steek dit in hul sakke. Hulle kan eenvoudig nie met ’n halwe brood die kamp inloop voor al die honger gesigte om te sien nie. Die sopbeen is toegedraai in pampier saam die blare kan hul sop maak, hulle is al gewoond aan die soutlose kos.

Elsie word ernstig siek en sy kan die baba nie meer voed nie. Tevergeefs smeek hulle die Engelse om hulle vry te laat. Engela besluit sy sal bedel as sy moet en vra die hoof-dame van die groothuis om asseblief vir haar ’n blikkie kondensmelk te gee, in plaas van brood. Want Boeta moet nou met ’n bababottel gevoed word.

“Do you have a dummy and a teat, girl?” wil die vrou weet.

Sy het die bottel uitgesorteer en gedink sy sal ’n plan maak om die baba nie te laat stik nie. “No Ma’am, just a bottle…” Sy kom nie verder nie. Die ouer vrou draai net daar om en kom terug met ’n bababottel en tiet.

“Here child, go home and see to the baby.”

Engela is oorstelp van dankbaarheid. “Thank you, Ma’am!”

Sy kry ’n halwe brood en ’n blikkie melk en sy wonder hoe sy deur die hek gaan kom. “What about the work, Ma’am?” vra Engela paniekerig. “I can’t lose it now.”

“Who said anything about losing your job, girl? Your job will be safe. Go and find someone to take care of the baby until your mother is better. Take Maria with you.” Sy draai terug en stap die huis binne.

Weer word Engela verras deur ’n gebaar van die Engelse se kant af. Sy moet erken, in al die maande wat hulle hier by die kolonel-hulle werk, is hulle nog net goed behandel.

Haar blydskap is egter van korte duur. By die hek word sy voorge-keer. Die mislike offisier is weer aan diens. Hulle offisier is ver agter. Die hekwag gryp die pakkie by haar. Haar sakke is ook vol blare en sop-groente.

“Where did you steal this?” skree die wag. Net voor hy dit in die grond kon trap kom hulle offisier daaraan en beveel hom om die pakkie terug te gee.

“Have you turned a softy now?” snou die hekwag hom toe.

“I can always show you ‘softy’, off duty!” vererg die offisier hom en loop verby sonder ʼn verdere woord.

Engela sou die hekwag graag iets wou toesnou, maar nou is nie die tyd nie. Haar ma en die baba is nou van belang.

Die arme kind se maag gaan aan die werk. Suster Ria Dreyer neem beheer. Die melk is glo te sterk. Ria bied aan om te sorg vir die voedings. Die meisies kan nie bekostig om hulle werk en kosvoorrade te verloor nie. Dis omtrent al waarvan hulle nog lewe, vuilgoeddromkos! Kos is kos, maak nie saak waar vandaan dit kom nie.

Daar word nog ’n sloot gegrawe. Stadig kom half geraamtes uit die tente om te kyk waar die ellende nou weer toegeslaan het. Na ’n wyle kom vier gekromde figure uit die heel verste tent. Twee-twee dra hulle die lykies. Die moeders is net te swak om die klein lyfies van die twee en driejarige alleen te dra. Stadig beweeg hulle en soos hulle verbygaan, kom die ander agterna. Niemand huil meer nie, daar is nie meer trane nie. ’n Traanlose gejammer verdwyn in die bloute van die Vrystaatse hemelruim!

UITEINDELIK!

In die verte kan geweerskote gehoor word. Daar is ’n ongewone geskarrel in die kamp. Die offisiere hardloop van tent tot tent en skree bevele wat die meeste van die mense natuurlik nie verstaan nie. Die wat onseker rondstaan word sommer met geweerkolwe die naaste tent ingeboender.

Moeders bied weerstand teen die soldate wat haastig na die lykies gryp om hulle gou in die sloot te gooi. Een maer benerige vroutjie gryp ’n soldaat aan sy keel en probeer hom wurg. Hierdie Kakie sien die anderkant van ’n boervrou, ’n moeder wat alles verloor het. Die jaar se ellende is in haar seningrige arms en sy wurg! Twee van die ander vrouens trek haar van die man af en troos haar.

“Kom, nig, ons gaan bêre die kindertjies.” Dis suster Dreyer wat kalmte probeer bring.

“Okay, okay but just hurry up!” jaag die Kakie hulle aan terwyl hy na sy asem snak en sy hemp regtrek.

Die vrou klim in die sloot, vat die lykies versigtig een vir een en plaas hulle langs mekaar. Sy trek haar verslete trui uit en maak hulle daarmee toe, buig haar hoof ’n wyle, dis die laaste twee van haar drie kinders. Sy reik haar hand na bo sodat hulle haar kan optrek, maar die vrouens is te swak. Die offisier agter hulle tree vorentoe,

“Give me your hand, Ma’am…” Hy kom nie verder nie.

“Ek vrek liewers in hierdie sloot, Engelsman!” snou sy hom toe en hoewel hy nie ʼn woord verstaan nie, tree hy terug. Met brute wilskrag klim sy uit die sloot, skud die rooigrond af en kop omhoog stap sy by hom verby.

Meer soldate is nou by en dwing hulle in die naaste oorvol tent in. Hier is moeilikheid.

“Stay there and shut up!” kom die bevel.

In die tente word daar nou in alle erns gebid! “Here, laat dit asse-blief die einde van hierdie lange hel wees. Laat u wil geskied, ons is in u hande.” Niemand roer nie, niemand huil nie, almal wag in spanning. Daar is niks meer oor om te sê nie, hulle lyk soos lyke wat wag om op te staan.

Die skote klap aanhoudend. Soms klink dit of dit in die kamp is. Niemand roer nie. Dapper probeer een uitloer en word letterlik met ’n geweerkolf teruggestamp.

“Stay where you are, or we’ll shoot!” kom die bevel. Die vrouens druk die kinders plat agter die matrasse in om hulle te beskerm. Wat gaan tog daar buite aan?

Die kinders huil, hulle is honger. Niemand kan toilet toe gaan nie. Die oorvol tent word wasem-warm van al die asems.

Na wat soos ’n ewigheid voel, daal daar ’n stilte neer. Dan is daar weer ’n enkele skoot, iemand skree iets!

Dis in Afrikaans!

Stadig gaan die tentklappe oop, beangs loer verwaarloosde koppe uit. Dan juig dit!

“Dit is ons mense, julle! Dis ons mense!” Oral kruip vermaerde vrouens en kinders uit. Almal omhels mekaar. “Dis ons mense!” juig hulle.

Dooies en gewondes lê verstrooid rond. Die mans kry die waens gereed. Een wa is vir die drie Boere wat gesneuwel het.

Die Kakies het gehensop. Die Boere gee hulle ’n kans om hul gewondes en dooies bymekaar te maak.

***

VREDE

Vrede word verklaar, 31 Mei 1902.

Die nuus is bekend! Daar is vrede verklaar! Party Boere is woedend.

“Ons het so hard baklei, hoekom nou vrede verklaar?”

Vrouens en kinders val op hul knieë en dank die Vader.

Die dringende behoefte aan ‘n veldhospitaal verg almal wat kan help se samewerking en daar word ingespring om dit tot stand te bring. Baie is te swak om te loop en word na die hospitaal toe gedra.

Die boodskap word uitgestuur dat die mans hulle families moet kom haal. Die hereniging gaan gepaard met gemengde gevoelens van smart en vreugde. Diegene wie se mans of pa’s hulle nie kom haal nie, word deur vriende of familie gehelp of ingeneem.

Die hoofdame van die kolonel se huis, kom na die kamp toe aan-gewaggel met mandjies vol groente en sopbene. Sy roep Engela en Maria nader.

“Come on girls, come help me to fetch food and medicine for the hospital. Thank God the war is over!” Al geselsend waggel sy weer die bult uit.

By die groothuis word die meisies hartlik verwelkom.

“Thank the Lord for peace,” groet die kolonel se vrou hulle. Dis die eerste keer dat syself met hulle praat. “You do understand that during the war, I was not permitted to communicate with you.” Sy glimlag. “We don’t normally throw food away like that. We threw it with the hope you would find it. I want you to let me know if we can help with the medi-cation.” Sy draai om. “Thank God it’s over.” Hulle hoor die opregte ver-ligting in die vrou se stem.

Engela besef die kolonel se vrou het al die tyd geweet hulle vat die kos en sy kry skaam as sy dink hoeveel maal sy gedink het, “tipies rykes.” Later vind sy uit die offisier is aangesê om toe te sien, hulle kom ongestoord deur die hekke.

Hulle is vry! Hulle kan huistoe gaan!

DEEL VIER

VERRYS UIT DIE AS NAWEË

stof tot stof

as tot as

Die Engelse “Verskroeideaardebeleid” het sy tol geëis. Verwoesting is oor die platteland gesaai. Ruïnes waar ’n mens ook al kyk. Baie van alles is tot as verbrand. Mens- en diergeraamtes verstrooi – stil getuies van die bloedvergietingsgruwel van die oorlog. Die slagvelde is stil maar bo die aarde waar mense en diere geval het, sirkel roofvoëls steeds skellend in die lug op soek na aas.

‘n Oorlog gevoer man teen man; ‘n oorlog van brutaliteit, van wraak, van magsbeheptheid.

‘n Oorlog geveg: soldate teen vroue en kinders.

‘n Oorlog geveg: gewere teen gesinne.

‘n Oorlog geveg: oorlogsmisdade teen die beskawing.

‘n Oorlog geëindig om nooit vergeet te word nie.

HUISTOE

Die nuus bereik Magdalena Maartens ook. Nôi Froneman en haar gevolg se gebede is verhoor! Saam vorm hulle ’n sirkel en dank die Vader vir Sy hand van bewaring wat Hy oor hulle gehou het – soms was dit naelskraap. Die osse is gedaan en die waens lendelam. Eindelik is hulle oppad huistoe.

Met haar proviand uitgeput, min kruie en Siena se kinders wat lê met koors, kon die nuus nie op ’n beter tyd gekom het nie. Magdalena kon nie nog ’n kind verloor nie. Sy wou ook nie verder onder die oor-blywende paar diere slag nie.

So keer hulle terug na ’n afgebrande plaasopstal met haar mense, ’n maer melkkoei, ʼn vers en kalf, ’n bul, drie skape, vyf hoenders en ’n brandmaar sog. Die terugtog neem net twee weke, want hulle kan nou helder oor dag oor die oop terrein beweeg.

Op pad terug kom hulle ander terugkerende families teë. Wat Magdalena op pad sien, is skrikwekkend. Die vrouens en kinders is uitgeteer. Hoe hulle oorleef het, is net ’n wonderwerk. Almal is op pad terug na ’n huise wat nie meer ’n huis is nie.

Magdalena klim verslae van die wa af. Die twee seuns het by die drif afgespring en na die afgebrande opstal gehardloop, terwyl die osse die waens drink-drink deur die drif trek Kabelo, Sipho en Sinie lê opge-krul onder karosse op die wa, koorsig en swak. Jonas, Khopano en Thabo begin die osse uitspan, wat dadelik aan die winter gras begin wei.

Siena kom langs Magdalena staan. Hulle twee bekyk die ver-woeste, oorgroeide plaaswerf en die doodgerypte veld en trek die dun komberse stywer om hul lywe.

“Yoh, yoh yoh!” klink Siena se treurroep oor die werf. Trane loop oor albei vroue se gesigte.

Magdalena sak op ’n brokstuk van ’n muur neer en die trane word ’n stortvloed wat met rou snikke uit haar losbreek en haar skouers laat ruk; wat twee-en-twintig maande se uiterste spanning laat oorvloei. Sy voel twee pare arms om haar vou.

“Toemaar Mamma,” kom dit van Hannes af, “toemaar Mamma.”

Sy staan op en trek die twee seuns in haar omhelsing in en druk haar gesig met ’n diep sug teen hulle koppe vas. So staan hulle drie totdat die seuns begin kriewel en uit haar arms beur. Magdalena vee die trane af en draai na haar mense.

Dadelik kap Jonas ’’n paar plate reguit en bou ’n windskerm in die ou murasie.

“Kom, kom ons staan by die siek kinders en sê dankie vir die Here. Hy het ons mooi gehelp om weer terug te kom op die plaas.”

Dié aand maak hulle ’n groot vuur in die murasie met hout van half verbrande dakkappe en trek ’n laer om die vuur toegewikkel in verslete komberse en karosse. Magdalena maak vir hulle stampmielies gaar in die driepootpot met pitte van mieliekoppe wat Jonas tussen die rommel in die afgebrande skuur gevind het – oorblyfsels van hulle laaste oes. Sinkplate het daarop geval en dit beskerm teen die vuur en reën, ’n geskenk van Bo!

“Jonas, ons moet ’n perd kry sodat jy vir Leentjie kan gaan haal.”

“Ek sal hoor by onse mense wat hier in die berge wegkruip met ons diere, Nooi.”

Getrou aan sy woord, spoor Jonas van hulle plaasmense op en kom laat die volgende aand met ’n perd terug. “Ek het gevra hulle moet die diere wat nog in die lewe is terug jae, Nooi.”

“Ek sal  in die vroeë oggend ry en die kjent loop haal, Nooi,” verseker hy Magdalena.

Terwyl Magdalena en haar mense wag, leef hulle soos in hul kampdae: slaap in die waens en onder die waens. Siena versamel kruie in die veld wat sy soos die palm van haar hand ken. Die winterveld lewer nie veel op nie, maar voldoende om die siek kinders mee te dokter. Sinie is die eerste een wat weer op die been is.

Magdalena laat die ander kinders elke mieliestronk met pitte aan uit die afgebrande stoor aandra. Die vrouens sit en ontpit die mielie-stronke en spoedig het hulle ’n emmer vol. Siena en Sinie verdwyn drif se kant toe en kom terug met ’n ronde spoelklip en ’n groter platterige een.

“Nou kan ons meel maak, Nooi,” beantwoord Siena Magdalena se vraende blik.

Hulle oorleef van die mieliepitte, tuis gemaakte mieliemeel, eiers en melk wat hulle tot disse omtower op ’n vuurtjie tussen die murasies. Kabelo en Sipho is na drie dae ook weer op die been.

Magdalena sit almal aan die werk om die rommel in die murasies op te ruim. Stukkie vir stukkie word die vloere sigbaar. Sy laat die kinders die verwronge sinkplate op ’n hoop stapel en die res van die rommel word ’n ent weg van die murasie opgehoop. Hulle kry ’n erde-bakkie, swart verbrande pot en skewe deksel tussen die rommel. Dié word eenkant gesit. Dis nog bruikbaar. Sy sal later die kosbaarhede opgrawe.

Magdalena kom af op half verbrande planke wat vroeër deel van ’n hangkas was. Versigtig trek sy die verweerde planke onder die rom-mel uit. Sy sal ’n kissie hiervan kan maak. Sy roep die seuns nader en verduidelik haar plan. Hannes en Gerrie hardloop na Jonas se wa en kom terug met die gereedskapkas. Sinie help hulle krap vir spykerstjies tussen die rommel. Die seuns saag, meet, pas, kap en stadig begin ’n kissie vorm aanneem, ’n kissie vir Leentjie.

Magdalena streel oor die kissie. “Dankie, seuns. Ons het nog ’n werkie. Ons moet ’n graf vir Leentjie grawe.” Magdalena meet die grootte van die graffie onder die peperboom af, ’n ent weg van die stam, weg van die groot wortels van die boom. Deur ’n waas van trane breek sy die eerste laag grond met ’n ysterspar wat hulle tussen die rommel gekry het.

’n Week verloop voordat Jonas terugkeer met die lykie toegedraai in n rooi kombersie. Eerbiedig word die lykie verbasensed goed bewaar, in die houtkissie geplaas en onder die ou peperboom begrawe. Magda-lena, Siena, Jonas en die kinders laat ’n erelied opklink oor die vlaktes. Die Here het hulle tot hiertoe bewaar en elkeen wat hier staan glo met sy hele hart, hulle kan Hom met hulle lewens bly vertrou.

Die nuus is Johannes en van sy makkers is deur ’n hanskakie verraai, dit bereik Magdalena en sy roep almal bymekaar, deel hulle die nuus mee en soos gewoonlik tydens slegte of goeie nuus, vorm hulle ’n sirkel, buig hulle hoofde en saam bid hulle vir die veiligheid van die manne. Eers later hoor sy Johannes is dalk na Ceylon toe verban, maar nòi Froneman herhaal hardop. “ Hy sal terugkom.”

“Maak nie saak waar hy is nie, Here, bring hom asseblief veilig terug!” smeek sy.

’N DAK OOR HULLE KOPPE

Daar is nie tyd vir treur nie. Elkeen wat kan beweeg sit hand by om ’n dak oor hulle koppe te kry. Aasvoëls het die bene van die dooie diere skoon gevreet. Die beendere word op ’n hoop gegooi, dis later se probleem. Jonas kap van die sinkplate reguit en maak ’n kookskerm waar hulle kan kook en eet sonder dat die wind hulle pla.

Hulle grawe ’n groot gat waarin klei gemeng word om stene mee te maak. Die kinders geniet die kleitrappery. Lofliedere klink op terwyl hulle klei trap, stene maak en sinkplate probeer reguit buig. Dis nie lank nie of vrolike gille trek deur die lug – die seuns het ’n kleilatgeveg aan die gang. Magdalena beskou die prentjie voor haar met ’n glimlag. Solank die stene gemaak word, gun sy hulle die uitbundigheid na byna twee jaar se ingeperkte lewe. Laatmiddag sit hulle af drif toe waar ge-barste voete en modder besmeerde lywe en bene afgespoel word in die ysige water.

Hulle sal later rus, nou moet hulle eers opbou wat verwoes is. Twee van die werkers wat met die beeste die berge in is, het terug-gekom met twee Friese en drie Afrikaners. Van die beeste het gevrek, ander is geskiet, ander is geslag vir kos. Die manne is uitgeteer, en so-ook die diere.

Toe die stene uiteindelik droog genoeg gebak is in die winterson, span Jonas die seuns in om te help bou. Spoedig toon Hannes dat hy ’n kranige messelaar is en na ’n paar dae se gebouery is een vertrek se mure dakhoogte. Jonas monteer dwarslatte tussen die boonste laag stene vir die sinkplate. Die seuns dra klippe aan om bo-op die sinkplate te pak sodat die wind dit nie kan afwaai nie. Een vertrek en ’n kook-skerm is klaar! Vanaand slaap hulle onderdak tussen vier mure.

Sy vee die sweet van haar voorkop af. “Here, wanneer sal ek my geliefde weer sien? Bring hom asseblief veilig terug,” bly sy smeek.

***

’N HARTSEER WEERSIENS

“Nooi!” roep Jonas. “Hier kom ’n wa van die berg se kant af!” Jonas is nog altyd waaksaam.

Die wa stop op die werf. Magdalena staar verstom na haar amper onherkenbare vriendin, Frieda Snyman, van die buurplaas. Die Engelse het hulle plaas afgebrand die dag toe hulle begin vlug het. Hulle omhels mekaar. Frieda help Petrus, haar jongste seun wat nog baie swak is, van die wa af. Hy is tien jaar oud, maar hy lyk meer soos ’n agtjarige. Trane loop. Sy het die ander twee in die kamp verloor, vertel Frieda. Magdalena besef as sy na haar vriendin kyk. Elke woord wat sy gehoor het, waar was.

Haar stryd en vlug van byna twee jaar, beskou sy nou as ’n seën. Sy was so bevoorreg om haar lieflingdogtertjie self te begrawe in ’n houtkissie op hulle plaas. Frieda se twee seuns lê begrawe in die vreemde êrens in ’n sloot.

Hulle ruil stories uit. Hulle mans is nog nie terug nie. Johannes Maartens, Harms van Zyl, Daan Pretorius en Frieda se man, Frik Snyman, was glo gevange geneem saam met Petrus Mafisa en John Pheko, twee swart spoorsnyers.

SAAMSTAAN

Hulle besluit om almal bymekaar te kry om uit te vind hoe hulle mekaar kan help, al is dit net met ʼn tent of ’n seil. So begin hulle saamspan deur goedere uit te ruil. Die een het ’n paar eiers, die ander het saad. So min moontlik diere word geslag. Hulle probeer henne en hane bymekaar kry; ’n ooi en ’n ram word uitgeruil want geld is daar nie. Die mans wat terug keer, skiet vir die pot en deel uit.

Die siekes en swakkes word stadig beter met die hulp van vars kruie en gereelde etes. Hulle word eers bietjies op ’n slag gevoer, want hulle mae het gekrimp. Aanvanklik eet hulle net sop, stadig maar seker meer vaste kos wat voorberei word van alles waarop hulle hul hande kon lê.

Die volk kom vanuit die berge terug plase toe. Hulle het nie ’n ander heenkome nie. Van hulle het skape en beeste in die berge ver-steek, selfs ’n haan of twee, ’n paar henne. En so begin hulle saam die stukke optel. Almal lewer ’n bydrae.

Die mans kom drupsgewys terug, verslae oor die verwoesting van die afgelope drie jaar; hulle families wat verhonger in die kampe gesterf het; hulle plase wat verwoes is – alles tevergeefs. Saans bid hulle vir die veilige terugkeer van dié wat gevange geneem is, vir krag om die stukke op te tel.

Hulle herstel stukkende windpompe, bou murasies op, lê groente-tuine aan en snoei vrugtebome. Die gate in die bakoonde word met klei verseël en kort voor lank trek die geur van vars gebakte brode die lug in.

Die lente breek aan en na die eerste lentereën word verroeste ploeë onder die rommel uitgehaal. Die osse, nou reededelik herstel en goed uitgerus vir meer as twee maande, word ingespan en gou glinster omgedolfde sooie in die son, gereed vir die saai seisoen. Die mieliepitte kom handig te pas.

So verrys ’n volk weer uit die as en saans sing hulle: “Rust mijn ziel, uw God is Koning, Hij regeert overal…” en wag.

Baie sou nooit terugkeer nie, maar haar hoop bly:- Johannes kom terug.

***

BLYE HERENIGING

Trots en regop in die saal, baie maerder, bereik Johannes Maartens na die oorlogsjare sy plaas. Op ‘n afstand sien hy die verwoeste opstal wat gedeeltelik herbou is. ’n Dun rookkolom styg in die lug op, ‘n paar bee-ste wei in die veld, ‘n gedeelte van die lande is bewerk en die mielies staan heuphoogte.

Na sy vrylating as krygsgevangene uit die interneringskamp in Ceylon, het Johannes na sy geboorteland, Zuid Afrika, teruggekeer. Toe hy voet aan wal sit op die Afrika kontinent, was hy heeltemal oorweldig deur emosie. Hy het neergekniel, die grond gesoen en gehuil. Sy trane was nie net van verligting nie, maar ook trane vir sy familie, God se ge-skenk aan hom. Lewe hulle nog? Het hulle die kampe oorleef? Hy is haastig in die hoop om hulle spoedig te sien.

Johannes het een prioriteit gehad, om terug te keer na sy plaas en gesin. Hy het navraag gedoen oor wat van die krygsgevangenes se perde geword het en vind uit die perde is  by’n makelaars in die omge-wing gelaat na hulle arrestasie. Hy het sy perd in Bloemfontein opge-spoor en daarin geslaag om dit van die makelaar terug te koop met die belofte hy sou so gou moontlik die vyf pond kom betaal. Die perd was goed versorg. So ver as wat hy ry  sien hy net vernietiging. Op pad is oral klein gehuggies soos mense weer probeer oorbegin.

Terwyl Johannes met die plaaspad af galop, deursoek sy helder-blou oë die plaaswerf vir ’n teken van sy vrou, sy Magdalena, sy ge-liefde.

Jonas, met bemodderde hande, versteen. Hy sien in die verte die perd en ruiter. Hy ken die galop van die perd en die sit van die man in die saal. Dis monghadi Johannes! Hy hardloop groentetuin toe waar Magdalena en die kinders werskaf.

“Nooi!” gil hy, “monghadi Johannes, hy kom!”

Magdalena lig die soom van haar rok en begin hardloop in die rigting van die plaaspad gevolg deur twee uitbundige seuns.

Johannes sien die drietal in die plaaspad aangehardloop kom en spring uit die saal, hardloop hulle tegemoet. Magdalena vlieg in sy arms, trek sy kop af en soene reën oral op sy gesig. Die twee seuns slaan hulle arms om hulle ouers en druk hulle gesigte teen hul rûe vas.

“Dankie, Here!” Hy vryf oor sy twee seuns se koppe, duime langer. Hy groet die volk wat opgewonde onder mekaar babbel, bollamoskiese slaanoor die monghadi wat teruggekom het.

Dan kyk hy rond, iemand kort. Hy wag. Magdalena sien die vraag in sy oë; vat hom liefderik aan die arm en lei hom na die ou peperboom, na Leentjie se graf.

Rou snikke breek uit Johannes se binneste en Magdalena sit haar arms vertroostend om hom. So staan hulle vir enkele minute totdat Johannes tot bedaring kom. Hy trek haar teen sy bors vas en streel deur haar silwer wordende hare. Hy sien hoe die twee seuns huiwerig nader kom en laat Magdalena teensinnig gaan, strek sy arms na die seuns uit. Hulle stap skaam-skaam in sy omhelsing in. Hierdie amper vreemde man is hulle pa, hy hou hulle styf teen hom vas terwyl Magdalena tevrede toekyk. Die oorlog is verby, hulle is weer saam.

Hy roep Jonas en Siena en hul kinders nader en bedank hulle vir hulle omgee en dat hulle sy familie so mooi deurgetrek het. Magdalena het hom verseker as dit nie vir die gesin en hulle bystand was nie hulle dit verseker nie sou maak nie.

Daardie aand om die vuur vertel hulle mekaar hul verhale van ontbering, smart en verlange en teen slaaptyd dank hulle saam God die Vader en prys Hom vir Sy genade.

Nadenke

Hoe?

Ek sit hier, met die vergeelde briewe in my hand.
Probeer myself indink…
Dit slaan vas in my verstand.
Hoe op aarde het hierdie vrouens en kinders dit oorleef?

Om aan die sonstrale van die volgende dag vas te kleef
te hoop teen alle hoop in al lyk dit hoe tevergeefs?

Hoe begrawe jy die een paar
terwyl die ander een baar?
Glo! Môre, is daar weer ’n bietjie kos,
wéér water vir die dors!

Altyd te vertrou,
dat God sy woord sal hou.

Hoe?

(Swift:) Marthie Nasaat van Foreman-Maartens familie)

WOORDELYS

bananameisiesbashanyanaseunsho etsahalangwat gaan aanho joalejakhoele e kaewaar is die toumasoabijammermonghadimeneermosebetsi o motle, ntate!good job, dadsala hantlemooi blythola!sjuuttsamaya hantlemooi loop

Marthie Joubert

Broodrykstraat 343

Petoria Noord

0820

Epos: marthiejoubert60@gmail.com

0824178780

DIE ANGLO-BOEREOORLOG OKTOBER 1899-Mei 1902

Daar is baie inligting oor die Anglo-Boereoorlog beskikbaar. Indien hierdie verhale jou geïnspireer het om meer te wil weet oor hierdie deel van die Suid-Afrikaanse geskiedenis, delf gerus in die ryk boeke bron in biblioteke of die menige artikels of videos op die internet. Hier volg ’n kort oorsig:

Toe die Boere in Oktober 1899 tot aksie oorgegaan het, het die Britte gedink dat hulle die oorlog maklik sou wen. Die ‘psalm singende’ Boerekommando’s is as primitief beskou en nóg die Britse regering nóg die Britse publiek het die potensiële aard en omvang van die komende stryd besef. In ’n memorandum gedateer 8 Junie 1899 het Wolseley, ’n Britse veldmaarskalk, die hoop uitgespreek dat militêre operasies so gou as moontlik moes begin, sodat die stryd teen November 1899 iets van die verlede kon wees!

Volgens kenners het die oorlog in drie fases afgespeel.Tydens die eerste fase, wat geduur het tot vroeg in Februarie 1900, het die Boeremagte die oorhand gehad onder leiding van Kommandante Christiaan de Wet en Louis Botha en later Generaal Piet Joubert. Met die aanvang van die oorlog is ongeveer 35 000 Boere opgeroep en was daar sleg sowat 22 000 Britse soldate in of onderweg na Suid-Afrika. Hierdie getalle het die Boeremagte begunstig. Die Britse mag is ’n maand later met 46 000 soldate versterk. Tussen 10 en 15 Desember 1899, wat in Brittanje as die Swart week bekendgestaan het, het die Boere die Britte op drie fronte verslaan: by Stormberg in die Vrystaat, Magersfontein in die Noord-Kaap en Colenso in Natal.Meer Boere is opgeroep wat penkoppe so jonk as 9 jaar ingesluit het, sodat die Boeremag aangegroei het tot 88 000. Die Britse magte het deur die loop van die oorlog aangegroei tot oor die 500 000.

Die tweede fase het geduur vanaf Februarie tot Augustus 1900. In hierdie stadium het meer as 180 000 Britse troepe die land ingestroom en het die oorlog in hulle guns geswaai. Die Boere het guerilla-oorlogvoering tegnieke begin gebruik om die Britte se toegangsroetes te saboteur en kosvoorrade en ammunisie te onderskep. In reaksie hierop het Lord Roberts, die opperbevelvoerder van die Britse magte, op 16 Junie 1900 ‘n proklamasie uitgereik waarin hy verklaar het dat vir elke aanval op ‘n spoorlyn, die naaste opstal afgebrand sou word. Met die besetting van Pretoria in Junie 1900, het die Britte die oorlog as afgehandel beskou, maar dit was nie so vir die Boere nie.

Die derde en laaste fase of bittereinder fase het geduur vanaf September 1900 tot Mei 1902. Die Boere het voluit guerrilla-oorlog gevoer wat vir byna twee jaar voortgeduur het. Hulle het toegeslaan op teikens soos die Britse kolonne, telegraaf stasies, spoorlyne en bergingsdepots. Toe Kitchener, Roberts op 29 November 1900 as opperbevelvoerder in Suid-Afrika opgevolg het, het hy gereageer met ‘n meedoënlose verskroeide-aardebeleid om Boereplase en Boeremoed te vernietig – opstalle is voor die voet afgebrand, oeste is vêr-nietig; vee is afgemaai, waterbronne is vergiftig, landerye is met sout bestrooi, tienduisende vroue en kinders is met geweld per ossewa of in oop beestrokke na die naaste kamp afge-voer.

Hierdie verskroeide-aardebeleid het gelei tot die vernietiging van ongeveer 30-000
plaashuise en die gedeeltelike of algehele vernietiging van meer as veertig dorpe. Ongeveer 116 000 vroue en kinders is in 45 konsentrasiekampe ingeperk en 150 000 swart mense in 64 kampe. Toestande in die kampe was haglik. Tente was oorvol; karige weermag rantsoene is voorsien – so min, die ingeperktes het dit skaars oorleef. Die meeste mense was spoedig net vel en been. Siektes soos kinkhoes, masels, tifus, witseerkeel, diarree en disenterie, het vin-nig versprei, veral onder die kinders. Daar was ‘n chroniese tekort aan mediese voorrade en mediese personeel. Volgens die nuutste navorsing het meer as 34 000 vroue en kinders (ongeveer 80% was kinders) in die konsentrasiekampe gesterf en in die swart kampe 15 000 tot 20 000, teenoor die ongeveer 4 000 boere wat op die slagvelde omgekom het.

Dit was ’n oorlog wat in die konsentrasiekampe gewen is.

BIBLIOGRAFIE

Concentration camps in the South African War? Here are the real facts
https://theconversation.com/concentration-camps-in-the-south-african-war

Militêre strategie tydens die Anglo-Boereoorlog (1899-1902): ‘n herwaardering na verloop van 100 jaar
https://journals.co.za/doi/pdf/10.10520/EJC38064

Die Anglo-boereoorlog
https://weet.co.za/sosiale-wetenskappe/die-anglo-boereoorlog/

Role of Black people in the South African War
https://www.nam.ac.uk/explore/boer-war

Anglo-Boereoorlog verander koers van geskiedenis
https://maroelamedia.co.za/debat/meningsvormers/anglo-boereoorlog-verander-koers-van-geskiedenis/

Marthie Joubert.  (bylae)




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed