Jongste aktiwiteit:

Vurige Vlammekind

helder soos die vlamme brand
skitter haar oë terwyl die vlamme skiet
haar gedagtes ver vanaand
daar waar net sy alleen hom kan bereik
in haar koester sy die hitte
voel sy hom styf aan haar sy

Rooigeel soos die vlamme van die vuur
lê haar hare asof in ‘n skilderkuns
agteroor gesprei in brander golwe
soos vuurblomme van die hibiscus
vuurrooi kleuryke haredos

stadig word die vuurherd volgehou
knetter die vuur in warm liefde
skiet die vonke soos in vuurwerke
met verlange wat brand in haar binneste
die liefde ewigdurend in ‘n warm hart
snoesig lê sy daar en dink
haar grootste liefde koester sy
want vurige vlammekind het baie lief

Kopiereg voorbehou
Louisa van Vliet




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed