
WAAR IS JY
Waar is jy
as my vingers in ritme teen die deur klop
my asem in ongeduld voor jou deur staan
my gedagtes deur die venter loer
Waar is jy
as jou naam op my lippe stol
my voete gister se tree weer afmeet
my trane die heimwee strand toe sleep
Waar is jy
as my hart saam met die jakkals huil
my gemoed voor die berg in gebed kniel
waar is jy
@Loret Zwarts
Bronsgradering
2 Kommentare
-
-
Tearlach
Dankie vir jou saamleef. Ek waardeer dit baie
-
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Tearlach
Dit voel vir my of ek al op daardie koppie was!