Jongste aktiwiteit:

Waar Liefde Eindig

Na tien jaar in die gevangenis, is dokter Zuluika Zuess vry, en haar enigste begeerte is om uit hierdie land, weg van haar verlede se hartseer te vlug, en nooit weer terug te kom nie.
Sy aanvaar die vier maande Locum posisie in die Hood gebergtes in Amerika, met die doel om haarself ʼn geleentheid te gee om weer te leer hoe om as ʼn vry mens saam met ander mense te kan leef, om te gaan vasstel of sy weer kan inpas in vryheid.
Wanneer dit gedoen is, wil sy terugkom na hierdie land, wil sy die waarheid oopmaak, nie om haarself te verontskuldig oor haar daad nie, sy wil regverdiging kry vir die verlore lewe van hom wat sy so liefgehad het, hy wat so rein was.
Sy weet, het vir tien jaar geweet, Rudolph se dood, was nie ʼn ‘op die verkeerde plek, op die verkeerde tyd’ toeval, soos regter Gert Roestof dit afgemaak het nie. Dit was ʼn beplande daad van geweld, ʼn beplande moord. Sy weet die enigste rede waarom niemand dit met haar oor die afgelope tien jaar wou bespreek nie, is oor wie die opdraggewer kon wees, en hoe dit haar raak.
Sy gaan na die wit toegesneeude wêreld, waar, vir die mens se oog, al die mooi en die lelik weggesteek is onder die sneeu, soos amper haar hele verlede weggesteek is deur die uitwissing van haar hartseer verlede. Sy sien die wit reinheid van die landskap, en sy weet, daardie reinheid is sy nie meer nie. Na die tien jaar in die gevangenis, is sy net die koue wit landskap, maar sy weet, dit wil sy verander, sy wil weer warm emosies beleef, sy wil weer liefhê.
Haar betrokkenheid by die gemeenskap, die studente en die hospitaal in die berge, maak haar vas aan die mense, en die plek, maar sy weet, sy kan nie vir ewig in ʼn verswygde leuen leef nie, sy sal haar verlede se hartseer in die oë moet gaan kyk, indien sy enigsins ʼn toekoms gaan hê.
Gedurende die laaste weke in die sneeu oortrekte landskap, erken sy aan haarself, haar gevoel vir Mauritz Melville het verander, van, ‘daardie uitsonderlike vriend wat soos Rudolph lyk’, na die mens wat sy bo alles lief het. Voel sy die emosie wat sy geglo het die afgelope tien jaar doodgemaak het, weet sy, al sou daar nooit liefde tussen haar en Mauritz kan wees nie, ‘want hy is ʼn Godsman en sy het gemoor’, skuld sy haarself die reg om weer eendag lief te hê, weer deur iemand bemin te word.
Sy los hulle in die reinheid van die wit landskap, en sy stap die pad terug na haar oudste onthou, haar hele lewenspad, vanaf die dertien jaar oue verwerpte kind, deur al die hartseer en liefde, tot waar sy op haar knieë self vergifnis ontvang.
Haar soektog bring pyn, bring die waarheid oor die rampspoedige nag toe Rudolph dood in die straat gelê het, maar meer, bo alles bring dit die vryheid wat die ‘gee van vergifnis’ en die ‘ontvang van vergifnis’ bring. Dit bring ʼn seun soos wat sy en Rudolph kon gehad het, bring dit hoop dat haar moeder haar sal ken en sal liefhê, en moontlik vergifnis en liefde van hom wie sy bo alles liefgekry het.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed