
Wagkamer
in wagkamers opgerul
lê ontspannings lektuur
benoude hande
soek in Weg van hier
teen grou muur rakke
in dekoratiewe leeromslae
skyn wysheid uitgestal
beskikbaar teen ń prys
in blink portaal
uitgepak in kategorieë
vir ongehinderd luister
met witgeruis*
op lendelam rakke
uitgestal in muf huise
ontsnap vinjette**
meskien ń gedig
reghoekig op tafeltjie
lê môre se voorneme
vir verandering
vervat in ń boek
boeke staan soldaat
ou en jonk in range
rakke vol in winkels…
almal ongelees
in kluister stoele
sit ons ingekerker
feniks verrys
verwelkom ń boek
*Term: witruis
Term: eweredige toevallige ruis
Verwante woorde: witruis
Engels: flat uniform spectrum random noise, white noise
Tweetalige Engels – Afrikaans Terminologielys (ouer)
**vin·jet s.nw. [vinjette] (Frans) 1 (histories, drukkuns) kopergravure of houtsnede as ’n gegraveerde prentjie op die titelblad van ’n boek of aan die begin of slot van hoofstukke. 2 (letterkunde) kort, raak beskrywende stukkie prosa.
Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (6de uitgawe)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.