
WARM KLANKE
Die winter het onder my vel kom lepel lê
wasem teen die ruite ‘n voorvinger teken hartjies
mistroostig wandel my gemoed tussen kaal bome
ek soek my identiteit
wie is ek wat ‘n eeu tussen seisoene sirkel
die aarde het my spore ingesluk
ek trap waar ek al was net met ‘n dejavu onthou kombers
die wind het my spore verdeel
ouderdom het my gedagtes kom steel
my glimlag het verdwaal
die onthou kom in skeppies van hier en daar
dan sit ek die gelapte gedagtes aanmekaar
al is dit deurmekaar gee vir my nog ‘n onthou
ek is n eeu oud vandag niemand het onthou
die winter het in dou druppels kom troos
my vinger teen die ruit in verdwaalde asem
teken ‘n hart wat eendag sal verstaan
@loret Zwarts
Bronsgradering
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2023 - OOP projek