Jongste aktiwiteit:

Waterorrel.prag

in elke melodie tower die kleure mooi
soos fonteine spuit op die ritme van die wysie
in verskillende kleure opgewek in groen geel en rooi
die liefde getooi op elkeen se lysie

kleurloos val die druppels so dou
terwyl ons die liggies alles in kleur aanskou
verbasend aan al die kleure
in prag en praal opgetower in fleure

bring die musiekspel kleur in ons lewe
grenslose kouerillings sonder bewe
die mooiste musiek opgetower
in ‘n blyspel met kleure stil belowe.

©Louisa van Vliet




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed