Weermag
Ek kan my nie teen jou * linies plak
die sein en klank is te swak
my weermag is nou op bystand
met idioom, gesegde en vergelyking
om te skryf met krag en mag
dat velde vol woorde blom
en só in elke leser tot gestalte kom.
Dalk kan ek dan *onbedaard lewe laat vloei
terwyl my hart in skryfsels homself uitbloei.
*Bronteks: met apologie aan © Ink Moderator
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.