Jongste aktiwiteit:

  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Marthie Joubert het ‘n nuwe publikasie gemaak

Welkom in die Vuil-Driehoek

Wikipedia beskryf die Vaaldriehoek as ‘n groot driehoekige industriële gebied in Suid-Afrika wat deur Vanderbijlpark, Vereeniging en Sasolburg gevorm word.

As gevolg van die swaar nywerhede in en rondom die Vaaldriehoek is die gebied berug vir besoedeling. Om hierdie rede word die gebied soms die “vuil-driehoek” genoem.

Vir om-en-by twintig jaar geniet ons as gesin die gereelde en soms twyfelagtige voorreg om die sogenaamde Weskus van die Kaap te besoek. Dit is ’n naweek hier en ’n langer vakansie daar, en met elke besoek wil die kinders êrens heen ry.

Langebaan raak seker te klein of te besig en dan moet ons die sedan se neus in die rigting van Vredenburg en Saldanha druk; die nuwe ekonomiese tuisland aan die Benguelakus en Saldanhabaai. Die Kaap se eie weergawe van ’n “vuil-driehoek”.

’n Redelike denkende mens sou dalk kon redeneer dat iemand wat elke dag die vrug van ander se sin vir wanorde en gemors rondom hom sien lê, met verloop van tyd daarin afgestomp kan raak. Daardie miskende voorreg het my egter nog nie oorwin nie, inteendeel, dit het die renons wat ek in die blatante verval en agteruitgang van enige samelewing het, net verskerp.

Die inwoners van die stad sal vir jou vertel dat dit gewoon is om soggens deur die nywerheidsgebied werk toe te ry en dan vir die vullis en stukkende bottels en geplunderde swartsakke in die straat uit te draai. Dat dit gewoon aanvaarbaar raak vir die viswinkels en -handelaars van tien blokke Noord om hul afval in die nywerheidsgebied se sypaadjiedromme of sommer net op die sypaadjie te kom afgooi. Teen die middel van die oggend is die gebied weer skoner en teen huis-toe-gaan-tyd, staal die dorp hom weer teen die aanslag van sy morsige volk.

Dit sal ’n groot jammerte wees indien ’n binnelandse besoeker nie sy kuiernet wyer as die Saldanhabaai Munisipale gebied gooi nie. Want hoe verder ’n mens die kus opry, hoe ietwat skoner word dit …

Die afgelope naweek het ek en die beter-helfte, Moeder en die kroos weer die Saldanhabaai gaan verken. Sommer bietjie Paternoster toe gery, deur Vredenburg; Jacobsbaai toe deur Saldanha en na ’n ontstellende droë viskoekie, weer terug na Langebaan. Hoe meer en langer ons gery het, hoe stiller moes ek bly om nie die afsku in my gemoed vleuels te gee nie. Hier is nie meer ’n skoon straat in hierdie vuil-driehoek nie. Die asblikke wat nie oorvol is nie, se binnegoed lê op die dooie vertrapte graspolle. Die gemors is al so oud dat die seevoëls hulle nie eens meer daaraan steur nie. Langs die paaie wat die drie dorpe verbind groei die blikke, bottels en bourommel geil. Wanneer die besorgde besoeker sy blik weg van die padgemors en dooie vlaktes met murasies skeer, dan lê die rokerige geroeste halfdooie staalfabriek met sy afvalhope tussen hom en die blou-blou see. Die einste see waar die olieskepe hul pense in ’n mensgemaakte heuwel oorkant die pad kom leegmaak en die oortollige gas ’n vlam die hemel instuur; soms ’n onoplettende of terggees van ’n seemeeu ook!

Dit is die laaste dag van die langnaweek. Ons het die afgelope paar dae Paasfees gehou. Die klip is weggerol en die graf is leeg; skoon. Die vroue het die lappe kom haal.

Op die sandstrand teen Langebaan se strandmeer het die oorgewig vroue in hul helderkleurige oorpakke en vullissakke sedert Desember verdwyn. Nie dat hulle drywend, duikend of andersins iets aan die plastieksakkies en koeldrankbottels in die water sou kon doen nie. Nou is daar, op sigwaarde, niemand wat beloon word om skoon te maak nie; eienaardig genoeg, word niemand ook beboet wanneer hulle mors nie en almal lyk gelukkig met die rommel wat teen die duinplantjies “teel”!

“Ons is in die moeilikheid.”

Hierdie algemene uitdrukking en seker meer as gereelde verskynsel, is reeds ’n geruime tyd ’n splinter in my gemoed.

Eers was dit die skuld van die staat en die kerk en Polisie en mettertyd die bendes en verstedeliking, werkloosheid en armoede en selfs toe niemand aan ’n volgende skulddraer kon dink nie, was die morele verval van ons mense steeds buite rekening gelaat. Morele verval wat begin wanneer ’n motorbestuurder iets algemeens soos die verkeersreëls in ’n parkeergebied verontagsaam, of Saterdag se tuinvullis teen ’n stil pad gaan neerlê en die gepaardgaande regverdiging skotvry opeindig met ’n nuwe lewe van elkeen vir homself en die duiwel vir die ander … of dan soos Oupa sou sê … “te moer met die res”.

Prof Johan Malan van die Universiteit van die Noorde sê:

”Morele verval is die gevolg van geestelike verval, omdat morele beginsels oor aanvaarbare en onaanvaarbare gedrag gewoonlik godsdienstig verankerd is. Wanneer ’n volk sy godsdienstige bande laat verslap of selfs verwerp, tree daar feitlik onmiddellik morele verval in. Die mense ag hulleself nie meer aan verhewe geestelike en moreel-etiese beginsels gebonde nie, en begin dan om te doen net wat hulle wil.”

Die “vuil-driehoek” is lankal nie meer in Gauteng of die Wes-Kaap nie my ou; dit sit snoesig tussen ons mense se wil, denke en verstand ingeburger.




3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak