Wend die oë na bo.
In angs van benoud en benard
hy is verdwaald in sy eie aard
met die innerlike en gees
op ʼn alert van S.O.S.
Verblind en verhard in sy eie hart
hoor hy die Lewensredder
maar weet nie waar om te kyk.
Hy glo nie in die Onsigbare Hand
wat daar wag aan die ander kant
van sy tydelike benard.
Moenie die hart verhard
wend die oë na bowe.
17/06/2014.
4 Kommentare
-
-
neels
As ons volk dit maar net wil besef
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Evelyn van der Merwe
Ons moet weet hoe om te luister en waar om te kyk. Mooi inspirerend gepen.